Skote klap toe polisie in lokval gelei word

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte is in die hospitaal opgeneem nadat hy geskiet is toe hy en sy kollega Woensdag in die vroeë oggendure in Delmas, Mpumalanga, in ʼn lokval gelei is.

Luidens ʼn verklaring het die beamptes ʼn klagte ontvang van ʼn voertuigkaping en het hulle op die inligting gereageer. Toe hulle by die plek kom waar die “kaping” glo plaasgevind het, het ʼn man langs die pad gestaan en sy selfoonflits vir hulle gewaai. Die beamptes het vermoed die man is die klaer en het nader gery.

“Hulle het die man genader, maar toe die weerkaatsing van ʼn koeriertrok in die bosse gesien. Skielik is daar uit die koeriertrokke skote afgevuur op die polisie se bakkie. Die polisiebeampte wat die voertuig bestuur het, het uitgespring en in die bosse geskuil, terwyl hy op die verdagtes teruggeskiet het.”

Intussen het die ander beampte ook uitgespring en begin terugskiet, maar hy is in die onderlyf gewond. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan.

Die beamptes het versterking ontbied en die gewonde beampte is na ʼn hospitaal geneem. Volgens die polisie is hy tans in ʼn stabiele toestand.

Sake van onder meer poging tot moord en voertuigkaping word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting word versoek om dit by kapt. Samson Mokomene by 072 421 9274 of Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

willem Botha ·

Ondersoek maar die saak dit is al wat hulle kan doen want hulle vernote sien hulle vir die grap wat hulle .

Anarchy ·

Wat Anders wil jy hê moet hulle doen?, dalk kan jou professionele advies help tot die arrestasie van die kruminele?

Net ekke ·

Iets maak nie sin nie. Hkm hulle uitroep en dan weghardloop .

hendrik ·

Hulle ondersoek n poging tot moord maar n plaasaanval is maar altyd inbraak en diefstal, maak nie saak hoeveel daar geskiet word nie. Hulle is in elk geval gepla met “ambush”.

Gjorgi ·

Wat jy sê maak glad nie sin nie Hendrik en glad nie gebasseer op feite nie….ai

Wielspore ·

Mmm, dit wil eerder voorkom of die kaping deur die lede uitgevoer is en toe skeefgeloop het.

Spike ·

In 1ste werêld is dit ñ aanval op die staat, maar dan moet daar darem ñ staat wees. Hier gmf.

Michael ·

Onthou julle toe ons kinders was het ons.cowboy en crooks gespeel met speel gewere vandag speel hulle met regtige gewere

Helen ·

Hulle soek die R5 gewere van die polisie want dit is wat hul gebruik in die CIT rowe. Jammer oor die gewonde polisie beampte, ek hoop hy herstel ten volle.

Andrew ·

Dat daar nou sulke vreeslike slim en ervare mense soos Wielspore en Albatros moet wees. Hulle weet altyd alles en is briljant met die pen (of dan die sleutelbord). As dit by die werklikheid van die dag kom, verdwyn hul vinniger as mis voor die moreson.

Die soort hinderlaag is niks nuut nie. Dit is ‘n ou terroris taktiek wat weer na vore kom. Nog ‘n bewys dat ons nie met gewone misdadigers te doen het nie, maar met opgeleide en georganiseerde groepe.

Dit is reg, die mense is asgter wapens aan. Wanneer daar suksesse is en wapens konfiskeer word, gaan hul ander bronne soek.

Die waarheid is egter ook, dat die mense vrees wil inboesem by die gemeenskap. Begin deur die beskermers aan te val.

Word wakker mense. Los jul persoonlike opinies en raak betrokke by GPF en landelike veiligheidstrukture.

Skroef ·

Verkiesingsdag is hulle ook skoonveld. Kan nie sleutelbord ninjas van hulle slimfone weg hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.