Skote klap toe polisie ‘rowers’ agternasit

Argieffoto

ʼn Veiligheidsbeampte en ʼn omstander is gewond nadat ʼn skietery Vrydag tussen polisiebeamptes en ʼn groep vermeende transitorowers in Lombardy-Oos, in die ooste van Johannesburg, uitgebreek het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van die Sebenza-polisiegroepering het omstreeks 11:00 inligting ontvang van ʼn groot bedrag kontant wat uit die voertuig van ʼn private transitomaatskappy geroof is.

Die beamptes het die verdagtes se voertuie op die Ou Johannesburg-pad opgemerk en hulle agternagesit. “’n Skietgeveg het tussen die verdagtes en die polisiebeamptes en veiligheidswagte ontstaan. Die verdagtes is uiteindelik in Byronstraat in Lombardy-Oos vasgekeer,” sê Peters.

Twee mense het in die spervuur beland, ʼn veiligheidsbeampte en ʼn vrou wat slegs ʼn omstander op die toneel was. Albei is na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Peters is sewe mans op die toneel in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het beslag gelê op drie R5-gewere, een AK47 en ʼn 9 mm-pistool, asook ammunisie.

“Daar is beslag gelê op vier voertuie met koeëlgate – ʼn BMW X5, ʼn BMW-sedan, ʼn VW Polo en ʼn Toyota Yaris. Daar is ook later beslag gelê op ʼn Mercedes Benz wat vermoedelik gebruik is om die rooftog uit te voer. Dié voertuig is voorheen in die Pretoria-sakesentrum gesteel,” sê Peters.

Die ondersoek is intussen aan die Valke oorgegee.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JdV ·

‘n Oordrewe poging om polities korrek te wees om te skryf van ‘rowers’ en “vermeende transitorowers” …

Mariné Lourens ·

Dagsê Blase

Dankie vir jou kommentaar. Die aanhalingstekens dui daarop dat die persone wat in hegtenis geneem is vermeende rowers is. In die stadium is die mans nog net verdagtes aangesien hulle nie deur ‘n hof skuldig bevind is nie. Maroela Media kan nie self besluit of persone wat van misdade aangekla word skuldig is of nie, net ‘n hof kan dit doen. Daarom sal ons na hierdie persone verwys as verdagtes of “rowers” totdat die hof uitspraak in die saak gelewer het. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Hansie ·

Tog snaaks dat hierdie rooftogte met militere wapens aangepak word, maar hulle wil die publiek ontwapen

Frikkie Geld en huis ·

Die R5’s wat op die toneel gevind was, is moontlik SAPD wapens. So, dat van die “rowers” SAPD lede is, in heel moontlik.

Hoe nou... ·

Ek stem – dis malligheid. Gaan waarskynlik op minimum borg ook vrygelaat word sodat hulle dit nog n paar keer kan doen voordat die saak voorkom.

Lerato ·

As jy iemand dood maak, word jy eers ‘n moordenaar genoem as die hof bepaal jy is ‘n moordenaar.

Wat wou... ·

Intussen is jy n onskuldige party wat verdink word van moord al word jy gevang met bloed op jou hande en in besit van die moordwapen met getuies. Stem vir die regte party dan kry jy sommer n entourage by elke hofsaak ook.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek herhaal myself…..Die Geldwaentjie maatskappye behoort ‘n paar van ons land se grootwild jagters aan te stel om agter hulle trollies aan te ry….en waar daar ‘n rooftog plaasvind stelling in te neem op ‘n veilige afstand….en die rowers te elimineer. Ek het al van manne gehoor wat bokke skiet op 600 meter!!!

Cherokee ·

Hulle is net jagters omdat die wild nie kan terugskiet nie. Lê aan op ‘n bok (jou woorde – 600 meter ver) terwyl die bok nie eens weet van hom nie. Dan skiet hy die bok met die hulp van ‘n teleskoop en as die bok val pryk hy vir ‘n foto met sy voet op die bok se kop en sy teleskoop/geweer in sy hand.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek herhaal myself….Die geldwaentjie maatskappye behoort van Suid Afrika se grootwildjagters aan te stel om agter hulle trollies aan te ry. As daar ‘n roof ontstaan kan hulle op ‘n veilige afstand stelling inneem en die rowers elimineer….Ek meen nou maar, ek’t gehoor van manne wat bokke skiet op 600 meter!!!

Cherokee ·

Die 600 meter bokke skiet nie terug nie. Skelms doen dit.

Bogompie ·

Hierdie goed pla my en nie vir in die toekoms gaan die dinge veroorsaak dat ons weg beweeg van geld note af en dan gaan chip inplantings begin en dit stuur af op anticris

Agie ·

Wonder wat het die omstanders daar gesoek? Persoonlik sal ek rieme neerlê om weg te kom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.