Skote klap toe rowers by Makro toeslaan

(Foto: SA Polisie)

Talle skote het Woensdagaand geklap toe ʼn bende rowers in ʼn skietery met die polisie in Centurion betrokke geraak het.

Die polisie is steeds op soek na die groep van nagenoeg 10 gewapende mans wat Woensdag omstreeks 22:00 by die Makro in Highveld, Centurion, toegeslaan het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die groep het ʼn veiligheidswag oorval en verskeie vensters gebreek om toegang tot die winkel te kry.

Maroela Media verneem die veiligheidswag se vuurwapen is ook afgeneem, maar die polisie het dit nie bevestig nie.

“Die polisie is in kennis gestel en het op die rooftog, wat steeds aan die gang was, gereageer. Terwyl die polisie die groep genader het, het hulle op die polisie losgebrand. Die polisielede het teruggevuur,” het Masondo gesê.

Geen polisielid is beseer nie.

Die verdagtes het in twee voertuie gevlug, na verneem word twee BMW’s.

Masondo het gesê daar moet nog bepaal word wat uit die winkel gesteel is.

Maroela Media het die afgelope ruk berig oor verskeie winkels wat tydens die staat van landwye afsondering geplunder of besteel is.

Dié winkel was sedert die aanvang van die afsonderingstydperk gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Klassifiseer die tipe winkels as sleutelpunte en laat Weermag dit bewaak. Dit gaan meer en meer die teiken word. Groot winkelsentrums word ideale teikens.

Johann ·

Probeer ook maar sentrums vermy waar daar ‘n drankwinkel is.

Piet parys ·

Wonder waar is die patrone heen wat die polisie afgevuur het?

Raakvatter ·

Hoekom Piet? Wat maak dit saak waar die rondtes heen is.

Deon ·

Dit sal goed wees as die voertuie dalk n beter beskrywing kon he, die polisie is darem seker waaksam genoeg om nommer plate of miskien n kleur of dalk model te kan identifiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.