Skote klap toe rowers op lughawe toeslaan

Die toneel waar ‘n vermeende rower doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem is. Foto: ER24

ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem nadat ʼn groep gewapende rowers op die lugvragafdeling by die Internasionale Lughawe OR Tambo toegeslaan het.

Ishmael Minisi, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê die mans was in die betrokke diensverskaffer se veiligheidsbaadjies geklee toe hulle Saterdag omstreeks 10:00 veiligheidswagte by die Swissport-pakhuis oorrompel het.

Mnisi het gesê die rowers het ʼn vragmotor gekaap en daarmee op die vlug geslaan. Die vragmotor is later weer gevind. Polisiebeamptes en beamptes van ʼn private veiligheidsmaatskappy het vinnig gereageer.

Op die snelweg by die Kempton Park-afrit, ʼn paar kilometer weg van die lugvragafdeling, het ʼn skietgeveg tussen die twee groepe ontstaan. “Twee lede van die bende rowers het probeer om te voet te vlug en een van hulle is doodgeskiet, terwyl die tweede een in hegtenis geneem is. Daar is beslag gelê op twee vuurwapens, twee tweerigtingradio’s en twee vragskandeerders,” het Mnisi gesê.

“Die rooftog het plaasgevind by die openbare ingang na die lugvragafdeling en die rowers het nie deur die lughawe ingekom nie. Dit is belangrik om te noem dat die rooftog ver weg van die lughawegebou plaasgevind het. Die voorval het dus geen onmiddellike gevaar vir passasiers of besoekers by die lughawe ingehou nie,” het hy gesê.

Volgens Mnisi was die minister van vervoer sedert die voorval in gesprek met die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa), die algemene bestuurder en die hoof van veiligheid by die lughawe oor die rooftog. “Ons kan bevestig dat maatreëls ingestel is om hierdie tipe misdaad, wat ʼn negatiewe uitwerking op die beeld van die lughawe en Suid-Afrika as geheel het, te bekamp,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

WitBlits ·

“….dus geen onmiddelike gevaar vir passasiers of besoekers by die lughawe ingehou nie”, maar daar word “cowboys en crooks” op die snelweg gespeel!
As my van Mnisi was met ‘n klomp lyfwagte sou ek ook seker gedink het die situasie hou geen gevaar in nie en dis net genade dat ‘n onskuldige lid van die publiek nie in die spervuur beland het nie.

WitBlits ·

“….dus geen onmiddelike gevaar vir passasiers of besoekers by die lughawe ingehou nie”, maar daar word “cowboys en crooks” op die snelweg gespeel!
As my van Munisini was met ‘n klomp lyfwagte sou ek ook seker gedink het die situasie hou geen gevaar in nie en dis net genade dat ‘n onskuldige lid van die publiek nie in die spervuur beland het nie.

Amelia ·

En hier gaan ek nou my se mond uitspoel. As die ou apartheids Suid Afrika so vrot, sleg en korrup was soos dit deesdae onder die ANC versprei word, hoekom het daar nooit sulke dinge gebeur nie? Hoekom is daar nooit vuurwapens, klere van die SAP, Weermag en enige sekuriteitsfirma in die hande van die boewe gevind nie? Hemel ons is deesdae in die Wilde Weste. Die mooi Suid Afrika het n gekke paradys geword. Alles is net eenvoudig belaglik.

Lea ·

Jy is heeltemal reg Amelia, alles krioel van skelms en korrupsie onder die cANCer regering! Daar is net GEEN plek meer wat ‘veilig’ genoem kan word nie. Ek hoop my kommentaar word DIE keer geplaas MM…..

johny_walker ·

ag asseblief , die beeld van die lughawe , julle bedoel seker die beeld waar werknemers van die lughawe rowers buite die lughawe laat weet as mense met duur bagasie van die vliegtuig afklim om hulle huis toe te volg n dan te beroof ? hoe dom dink ons regering is die blankes in die land , al die jare van onderhandel met die np en FW het hulle seker onder die indruk geplaas dat ons almal so vlak is !

Sam ·

Enige iets binne ‘n radius van 2km is naby……… Naby= Nie vêr nie.

marous ·

Maatreels ingestel om dit te bekamp…gaan seker vir die passaiers wat land sakke oor die kop trek en begelei tot buite dat hulle nie die onbevoegdhed kan sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.