Skote klap tydens nóg ʼn transitorooftog

Foto: Twitter via @Khanyee9.

Nóg ʼn transitorooftog het Maandagoggend in Gauteng plaasgevind.

Die jongste voorval in die onlangse vlaag transitorooftogte het omstreeks 10:00 by die Jabulani-winkelsentrum in Soweto plaasgevind.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar is nog nie in dié stadium veel inligting oor die voorval bekend nie. “Die veiligheidswag van die G4S-voertuig het uit die winkelsentrum gekom met die geld by hom en is deur ʼn groep gewapende verdagtes voorgekeer en die geld is toe van hom afgeneem,” het hy gesê.

Volgens Dlamini het die onbekende hoeveelheid aanvallers lukraak skote begin afvuur terwyl hulle in verskillende rigtings begin vlug het. ʼn Omstander, ʼn vrou, is in die been getref en na die hospitaal gehaas.

Die verdagtes het met die onbevestigde bedrag kontant in onbekende voertuie in die rigting van Johannesburg gevlug.

Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Die voorval kom slegs ʼn dag nadat ʼn Fidelity-geldwa Sondag by die Southdale Mall in die suide van Johannesburg geteiken is. “Daar word beweer dat ʼn Fidelity-geldwa geparkeer gestaan het met een veiligheidswag in Shoprite terwyl die ander een by die wa gewag het. Dit is toe dat die gewapende aanvallers hom [die wag by die voertuig] nader en dwing om die geld aan hulle te oorhandig,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Slegs drie dae vantevore is ʼn G4S-geldwa op die N4 in Silverton in Pretoria tussen Watermeyerstraat en Simon Vermootenweg beroof. Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het verlede week bevestig dat twee veiligheidswagte van die G4S-voertuig aangeval is, gering beseer en na die hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Skote het ook verlede week Donderdag in Boksburg geklap toe ʼn groep swaar gewapende verdagtes op nog twee geldwaens aan die Oos-Rand toegeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Linda Gouws ·

Dit word nou ‘n alledaagse ding en die diewe kom weg daarmee!

pieter ·

My opinie is dat die geld aangewend word vir die volgende verkiesing en dat die sogenaamde saps lede betrokke is.

LOUIS ·

Ek stem saam met jou. Zuma het nie na Nkadla gegaan om af te tree nie. Dit was juis Zuma wat die polisie se integensiedienste vernietig het. Die skelms het hulle informante in die polisie maar die polisie het geen informante nie.

Swoat ·

Daar is groot probleme in G4S, G4S is 3keer in silverton, selfde company, selfde plek getrek in minder as n maand.

Theresa ·

Is daar ‘n taakmag besig om hierdie goed meer te beskerm en is daar ‘n topspeurder besig om leidrade op te volg? Dit lyk asof daar ‘n lysie gemaak is van wanneer om waar toe te slaan. Is dit baie moeilik om hierdie tipe sindikaat te vang? Wat het die wat reeds gevang is te vertel?

NADIA ·

Liewe ouers!!! Word wakker hou op die geld rond ry in daai trokke almal weet hulle vervoer geld!!! As ek ry en ek sien ‘n G4S of fidelity trokkie briek ek dat hy aleen voor uit ry ek dink daai is op die oomblik die grootse vrees op die paaie dit gebeur enige plek some enige tyd dag nag of oggend. Hou net op adverteer dat julle geld vervoer.

Nettie ·

@Nadia, my sentimente ook.

As ek êrens kom en ek sien só ‘n voertuig aankom/geparkeer staan – ry of loop ek wýe draaie rondom dit. As ek ‘n gewapende wag en ander sekuriteitsman sien geld kollekteer vir hul kliënte, loop ek nóg ‘n wyer draai om hulle – sommer heeltemal ‘n ander koers in.

Leer uit ondervinding, mense! Die misdadigers het GEEN respek vir enige lewe nie en jul gepantserde voertuie is GEEN teenvoeter vir hulle nie. Vat die geld van kliënte, prop dit in ‘n dubbele inkopiesak en gaan deponeer dit self by die bank (dit sal nie vir alle kliënte wat kontant hanteer, werk natuurlik nie). Of ……… belê maar in daardie kaart-masjientjie en probeer so min as moontlik kontant hanteer.

Neels ·

Dit is nie meer snaaks nie. Die klomp speel met SAPD en Valke want die gewese inteligensie hoof het en doen seker nog steds sy eie ding en is hulle elke keer een voor

belinda ·

nee regtig weet die rowers iets van g4s wat ons nie weet nie, ek glo dit is n inside storie, is die valke en polisie weer betrokke?????? vra maar net

Casper Labuschagne ·

Duidelik word fondse nou ernstig ingesamel vir die komende verkiesing. Dit is ‘n tendens voor elke verkiesing, vanaf 1994.

DRE ·

Wanneer gaan G4S eendag dalk van hul kant af iets oor die voorvalle te se he? Hul kan sekerlik nie niks doen nie? As dit my maatskappy was het ek die publiek ten minste in kennis gestel dat hul van hul kant af iets probeer doen. Dit is ons lewens wat ook hier in gevaar is. Die deler is net so goed soos die steler.

Iché ·

Soos ek op die vorige forum gesê het.
It’s inside AND on top…

Arno Carstens ·

Skielik lyk dit asof daar ‘n gulde geleentheid vir veilige Bitcoin en Crypto Currency transaksies in ons samelewing is. ☺

Hanna Hoekom ·

Klink my dis “open season” vir transito rowers? Glo nog steeds dis n inside job aangesien daar bitter selde enige wagte beseer word… Ek mag verkeerd wees.

Johanna Botha ·

Dag na dag misdaad en dood in SA …gaan dit OOIT regkom met die anc wat so pateties is !

Chris ·

Casper nou praat jy. Die selfde het gebeur voor laaste Zim verkiesing. Hier is geen gerespekteerde en opgeleide polisiemag en waar kom al die plofstof waarmee hul voertuie opblaas vandaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.