Skote klap tydens Pta-huisbraak

Foto: ER24

ʼn Vermeende rower is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy vroeg Vrydagoggend in die kop geskiet is in Moreletapark in die ooste van Pretoria.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn huiseienaar se vrou het hom omstreeks 02:00 wakker gemaak toe sy geluide gehoor het. “Die eienaar het gaan ondersoek instel en gesien ʼn venster is oop en die diefwering is oopgedwing.”

Volgens Jones het die huiseienaar sy vuurwapen gaan haal. “Hy het twee verdagtes in die erf opgemerk. Hulle het glo van een deel van die erf na ʼn ander deel gehardloop en op die huiseienaar afgekom waarna hy skote afgevuur het.”

Jones het gesê een van die verdagtes is geskiet en gewond terwyl sy makker daarin kon slaag om te vlug.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur Bull-veiligheidsmaatskappy na die huis ontbied. Sy het gesê met hul aankoms op die toneel is die vermeende rower in ʼn bedding buite die huis aangetref.

“Hy is in sy kop geskiet en was in ʼn ernstige toestand.” Volgens Van Huyssteen is die verdagte onder polisiebewaking na ʼn hospitaal in Tembisa geneem.

Jones het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Inge ·

Wel, mens moet maar die gevolge dra as jy onwettig snert wil aanjaag.

Vlieg ·

Rowers is soos n vlieg,jy verwond een vlieg en tien kom op besoek, die rower wat weggekom het sal terug kom om sy mederowervriend te soek.

mooiso ·

Ek wil nou net weet of die persoon wat geskiet het, probleme gaan he omdat hy nie die rower in sy huis geskiet het nie. Plus dit klink of hulle weg gehardloop het en dit klink of sy lewe nie in gevaar was nie.
Hoop als loop vinnig en reg vir die huiseienaar, want skelms het mos meer regte as die persoon wat sy goed probeer bewaak. Mooi so huiseienaar

steve ·

Was sy lewe in gevaar??? Het hul geppeg om hom aan te val?? Is sy lewe gedreig?? As jy nee se op enige een van die drie hty hy moelikheid…

PietM ·

Ja, mooiso. Klink vir my ook of hy drama gaan kry. Eeerstens sy wapen gaan haal, en geskiet op iemand wat rondhardloop in sy erf.

Edward ·

Wel, die wet bepaail dat indien jy “voel” dat jou lewe in gevaar is, dan kan jy skiet. Habg alles af hoe die aanklaer dit gaan sien en hoe die polisie dit gaan hanteer!

Martin ·

En nou is die ou wat die skote afgevuur het in groot moeilikheid.

Buitestander ·

Hy sal seker die onskuldige se mediese uitgawe moet betaal en verlies aan inkomste ook vergoed.

Janet ·

Lekker. Di3 oomblik toe hy besluit het om die huis te roof toe het hy besluit om sy lewe op te gee

Alida ·

Dit is snert “poging tot huisbraak” Natuurlik wou hy inbreek of het hy maar net in die tuin rondgedwaal vir die lekker daardie tyd van die oggend.

Pensioenaris ·

Nou gaan die huiseienaar seker gearresteer word vir poging tot moord terwyl die eintlike skelm weer die simpatie van die wêreld en nog een gaan kry…..Jammet dit was buite die huis maar hulle was op pad om in te gaan – die eienaar het seker nie self die tralies oopgebreek nie. Daar is net ‘n moord / aanval op onskuldige mense wat in hulle eie huis geslaap het, verhoed!!

christa ·

mooi man, mooi gekorrel, mooi geskiet. Poging tot huisroof?????? Hy was reeds in die erf, moes die eienaar eers gemartel word en huis leeg gedra word voor huisbraak klag.

Jane ·

Rowers het nou lank genoeg weggekom met roof/moord/verkragting en mense op plase en in stede en dorpe bang gemaak en besteel en aangeval soveel so dat mense te bang is om in die aande te slaap. Selfs sekuriteitsdeure word afgeskop en oopgebuig om by die teikens uit te kom. Al wat werk is om jouself te verdedig. Wat soek iemand ongenooid in jou huis? Hy het die huis eerstens ONregmatig betree en tweedens kom hy om ‘n kriminele daad uit te voer, hetsy STEEL, of aanrand of moor. Ons kan onsself net beskerm en ongelukkig sal ons ook nie gevolge daarvan moet dra, maar as die regstelsel nog enigiets werd is sal enige aanval binne jou huis wat jy met ‘n vuurwapen afweer as selfverdediging gesien word. En as dit nie so is nie, kan die wette ook maar aangepas word om dit in te sluit, ons land het in ‘n warzone verander. Almal het heinings om hulle erwe, selfs elektriese heinings, beams, alarms, so as jy dit alles aandurf is jy verseker nie daar om ‘n loswerkie te soek nie!

Wors ·

“One right does not fix 10 wrongs” Hou dit maar in gedagte.

Die makker wat weg gekom het gaan terug gaan en verder moeilikheid maak. Of die man wat geskiet het gaan heel moontlik van poging tot moord aangekla word (en as die rower dood gaan, gaan die skieter van moord aangekla word). Ons kannie die realiteid hier probeer toe smeer met een ou wat terug baklei het nie, ons weet waarnatoe hierdie gaan lei op die ou end…

Cherokee ·

Alida & Christa, wat bevraagteken julle? Natuurlik was dit poging tot huisroof. Hulle het mos probeer maar nie geslaag nie. Dit hoef tog nie uitgespel te word nie. Wat ek wel snaaks vind is die bewering dat die eienaar gaan ondersoek instel het en toe hy sien die venster is oopgedwing, toe het hy sy vuurwapen gaan haal? Toe eers? Hopelik het hy gewapend ondersoek ingestel.

Gys ·

Dit is tyd dat mense opataan vir hulle regte om hulle self te verdedig. Die polisie is te bang om patrolies te ry. Wel gedaan.

Robert ·

Hy moet ook aangekla word van onwettige betreding van privaat eiendom.

Ou doepie ·

Mooi so jy was paraat laat dit vir ons almal n les wees jy is n perfekte voorbeeld vir almal van ons

Boetman ·

Nou wie gaan hierdie krimineel se mediese kostes dra? Hy’s deur sy eie kriminele toedoen beseer – hy moet uit sy eie sak betaal of dadelik uit die hospitaal ontslaan word.

Janjan ·

Die rower wat weg gekom het. Het waarskeinlik die wapens (vuurwapens byle wapens waarmee hulle onskuldiges martel slag dood maak met hom saam geneem het. Rowers se belyt is as hy gevang of geskied word is dit sy ” bad luck”

Reneé ·

Wel mens moet seker iewers begin vasskop want wat te erg is,is te erg, daar kan nie so lewendig rond geharloop en geplunder word nie!!!!

Gerhard ·

Sy vriend sal nooit weer terug kom nie,hy het so geskrik,hulle is mos lafaards,hulle kom mos nooit alleen nie.Hy weet ook nou dat die eienaar wapen het.Sal nou maar by ander bure gaan probeer.

Haan ·

Sjoh maar hier is darem maar n klomp fataliste. Julle wat so sê “nou gaan die huiseienaar aangekla word van moord” ens. ens.
Moet nou nie die wa voor die perde inspan nie!

Cherokee ·

Ag Haan, ek het vele kere daardie tipe pessimisme gekritiseer maar later besluit om hulle dit maar te gun. Vir hulle is die glas nooit half-vol nie maar altyd half-leeg.

Karen ·

Ek wens die media wil ophou om die woord “makkers” te gebruik. Hulle is nie stouterts nie, hulle is kriminele.

Tc ·

Daar word niks gesê dat eienaar vervolg gaan word vir manslag ens.
Dink hier speel kleur weer n rol,die regte kleur het die regte kleur geskiet…….of tas ek nou in die donker rond..?

Mede moreleta inwoner ·

Ons bly in die area en moet se ons is dankbaar iemand het finaal opgestaan teen die makkers. Ons het drie inbrake in die laaste week gehad en het nagte wakker gele en luister hoe hulle rond beweeg! Well done – huis eienaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.