Eskom het ’n kort ruk gelede aangekondig dat fase 3-beurtkrag van Donderdag 21:00 tot Vrydag 05:00 sal geld. Fase 2-beurtkrag sal dán, soos vroeër reeds aangedui, in werking tree en tot Maandag 05:00 duur.
Dié aankondiging bied min verligting vir Suid-Afrikaners nadat fase 4 die afgelope twee dae geduur het.
Eskom sê ’n verandering in fase is nou moontlik nadat sy noodopwekkingsreserwes voldoende verbeter het.
’n Opwekkingseenheid elk by die Matla-, Medupi-, Kusile- en Camden-kragstasie is weer in diens gestel hoewel ’n eenheid elk by Matla-, Lethabo- en Arnot-kragstasie vir eers buite werking gestel is vir herstelwerk.
“Twee ander eenhede sal na verwagting vandag weer in diens gestel word, asook nog vyf opwekkingseenhede waarskynlik teen Maandagmiddag,” sê Eskom in ’n verklaring.
Onbeplande onderbrekings haal in dié stadium 13 942 MW uit die netwerk, terwyl 7 136 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.
Eskom doen opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul kragverbruik te beperk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Eskom is soos daai ou wat sy vrou slaan en elke slag belowe hy sal ophou. Maar volgende naweek as die drank loop dan is dit maar weer so.
Dankie baas Squirrel en de Ruyter moet oop wees want dis donker. Moet ons nou julle n Noddy badge of ‘n Coca cola top medalje gee. Julle dink julle doen ons n guns. Julle is net soos die kinders by die skool. Al kom julle LAASTE kry julle nog steeds die selfde sertifikaat as die kind wat eerste gekom het.
Siestog , moet ons nou dankie se vir dit ? Hoe pateties kan mens wees om na 15 jaar nog nie n probleem
uit te sorteer nie? Net in Afrika met our people .
Wat n grap – kyk mooi mense 3 & 4 se tye verskil baie min.
Dink hulle nou ons moet opgewonde raak.
Voertsek !