‘Skrap e-tol, stel spesiale heffing in’

Argieffoto van ‘n betoging teen die e-tolstelsel. (Foto: Twitter/@ANCJHB)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê sy nuwe navorsing wys Gautengse padgebruikers het geen voorneme om e-tol te betaal nie en dié houding gaan waarskynlik nie verander nie.

“Ons navorsing wys dat mense nie in die huidige omstandighede gaan betaal nie. Dit wys ook dat skuld nie ʼn rol speel in dié besluit nie: die meeste padgebruikers betaal nie omdat hulle jare gelede ʼn beginselbesluit geneem het om dit nie te doen nie,” het die AA Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Geen stroop om die mond gaan hulle van plan laat verander nie.”

Die AA se eie navorsingsverslag oor padfinansiering is pas vrygestel en die organisasie sê uit die bevindings is die enigste regverdige en verstandige ding om te doen om die e-tolstelsel in Gauteng op te skort en verbruikers wat sedert 2013 daarvoor opgedok het, terug te betaal.

Die AA sê hy vra weereens vir ʼn afgebakende e-tolheffing wat by die gewone brandstofheffing inskakel. Hy het destyds dieselfde gedoen toe die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) afgeskiet is.

Die AA glo steeds die heffing is die enigste regverdige en volhoubare manier om die projek te finansier.

“Voldoening bly laag en dit daal weens verskeie faktore. Dit sluit in verwarring weens die verskillende boodskappe wat die nasionale en provinsiale regering uitstuur en die aankondiging in Maart dat ou skuld nie ingevorder gaan word nie. Die voldoeningskoers gaan waarskynlik selfs verder daal en net ʼn handjievol mense gaan aanhou betaal,” het die vereniging gesê.

In die verslag is verskeie finansieringsmodelle oorweeg en sodanige metodes in Afrika en die res van die wêreld uiteengesit.

Die AA sê sy bevinding is dat ʼn spesiale heffing gekoppel aan die brandstofheffing die beste manier bly.

Hy sê voorts ʼn afgebakende heffing kán op ʼn provinsiale grondslag in werking gestel word om te verseker dat net Gautengers opdok.

e-toll

Argieffoto.

“Die afbakening ruim talle probleme wat tans ondervind word uit die weg en gaan dadelik ʼn uitwerking op die finansiering van die GFIP hê. Gegewe die groot teenstand teen die e-tolstelsel, moet die vind van ʼn suksesvolle en volhoubare oplossing álmal se doelwit wees. Dít is, en was nog altyd, die oplossing en dit is ʼn oplossing wat ons voorstaan sedert e-tol die eerste keer voorgestel is,” het die AA gesê.

Die AA sê daar is oorweldigende bewyse dat die huidige stelsel nooit aanvaar gaan word en ook nie gehoorsaam gaan word deur diegene wat uiteindelik die rekening moet betaal nie. Hy sê dit is nou tyd vir die departement van vervoer, die nasionale tesourie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap en ETC (die afdeling gemoeid met die insameling van e-tolgeld) om dít te aanvaar.

Die AA sê ook diegene wat tot dusver betaal het, se e-tolgeld moet terugbetaal word om regverdigheid te verseker.

“Verbruikers is reeds op finansiële breekpunt en hulle het vasgeskop oor dié saak. Pogings om hulle te dwing om te betaal, gaan hulle nie van plan laat verander nie. Inteendeel, dit gaan net hulle reeds ongenaakbare houding vererger, wat tot méér skuld gaan lei.

“Dít terwyl ʼn heeltemal billike, onmiddellike en werkbare oplossing reeds binne die regering se bereik is.”

Argieffoto van protesgangers op ‘n brug oor die N1 in Pretoria. (Foto: Maroela Media)

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesmaand ʼn taakspan bestaande uit die minister van vervoer, Fikile Mbalula, die minister van finansies, Tito Mboweni en die Gautengse premier, David Makhura, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tolstelsel te vind.

Slegs 22% van gebruikers betaal hulle e-tolrekeninge en met die ANC wat teen ʼn groot spoed stemme in Gauteng verloor, het ʼn openbare stryery onlangs oor e-tol onlangs tussen Makhura en Mboweni uitgebreek.

Makhura wil die stelsel skrap, maar Mboweni wil dit behou en sê daar is nie geld om paaie andersins in stand te hou nie.

Mbalula het vroeër al verklaar hy wéét mense wil van die gewraakte stelsel ontslae raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

marous ·

Waarom moet diegene wat geen begeerte het om eers oor Gauteng te vlieg vir die gemors betaal ? Die AA se aanbeveling is net so absurd soos die e tol gemors self .

Oom Koos ·

Selfde rede hoekom 37% van Gauteng se belastinggeld gebruik en vermors word in ander provinsies.

Elsa ·

Daar is al jare reeds n heffing by brandstof prys om paaie in stand te hou. Die e-tol is maar net n betaling op n betaling.

Dis soos die BTW. Jy betaal belasting op jou salaris en dan koop jy enige iets, betaal weer belasting

Gert ·

Stem heeltemal saam met jou. Ons woon hier in Jeffreysbaai, wat sal ek in Gauteng gaan maak, dus hoekom moet ek n bybetaling maak op my brandstof as ek nooit daar kom nie. Ek vlieg nie eers OR Tambu as ek Namibia toe gaan nie, ek vlieg oor Kaapstad.

Daar gee hulle miljarde nou vir die SABC, ESKOM , ens. Hoekom nie vir SANRAL AFBETAAL EN DIE KAMERA TORINGS VIR SCRAP VERKOOP. O nee hulle moet een toring hou en as monument voor ANC HOOFKANTOOR GAAN PLANT. Dit sal hule laat onthou van hulle swak besluite. AA julle is lekker laf on te dink mense wat nooit daai paaie gebruik nou daarvoor moet betaal nie. My seun is 32 en was nog nooit in gauteng ne en ek 70 en nog noot daar en stel nie eers belang on na daai misdaat vrot stad te gaan nie

Ryno ·

Gert, in daai geval moet Jeffreysbaai slegs belastinggeld van die Oos-Kaap gebruik. En ons in Gauteng sal al ons geld slegs in Gauteng spandeer.

Tom Nel ·

Daar is nie geld vir die paaie nie maar wel vir ESCOM, SAA, Transnet, SABC ensomeer, ‘n heffing net op Gautengers is ook totaal onregverdig, groot getalle motoriste gebruik die pasie vanaf veral Mpu, Lim, KZN, FS en NW – almal moet betaal vir die geldpot vanuit Gauteng.

Nika ·

Wat van die mense wat nie e-tol paaie ry nie? Nou moet almal petrol heffing in gauteng betaal? Ek bly 5km van die werk, ek ry nie eers naby n hoofweg nie, winkels en familie is naby dat ek ook nie op n pad moet ry wat e-tol het nie, so wat nou?

Tanya ·

Ek stem saam. Ek werk van my huis af. My familie en winkels is alles binne 8km radius met geen tolhekke. Hoekom moet ek die heffing betaal?

Andre Stander ·

En word alles In jou winkel nie op die fantastiese tolpaaie aangery nie…?

Vra maar net…

koos ·

Dankie Andre. 80% van alle ekonomiese bedrywighede vind in Gauteng plaas. Kapenaars en almal in die land trek ook indirek voordeel van die paaie in Gauteng. Laat almal in SA die heffing betaal, want dan gaan taxi en busse ook betaal.

Iemand ·

Jy ry dus baie minder rond, so jy betaal dan minder van die heffing want jy gebruik minder brandstof.

Kobus ·

Die verbruiker betaal al reeds bos aan heffings op Brandstof. Nou nog ‘n heffing? AIKONNA

Nika ·

Die feit dat daar nie geld is en ‘ander maniere’ om paaie in stand te hou nie, waarvoor betaal ons dan so baie vir petrol en diesel as ons buur lande dit vir baie goedkoper by ons aankoop en dit nogsteeds goedkoop aan die verbruikers verkoop, waarvoor betaal ons lisensie en tol gelde? Hierdie is net nog n manier vir die korrupte ANC om geld te maak!!

Phillip ·

As ek Kemptonpark toe ry, ry ek deur 3 landdrosdistrekte. As hulle my sou dagvaar beteken dit ek sal in drie howe moet verskyn. Dit maak e- tol belaglik. Mooi dag. Phillip.

Tanya ·

Ek sou waarskynlik betaal het as daar nie onderskeid getref is tussen verbruikers nie. Taxis betaal nie. Hoekom moet die res?

Magda ·

Jammer maar EK betaal nie E-Tol nie, en gaan OOK nie. Ons belasting is en moet genoeg wees om vir alles te betaal – Hou op STEEL en hou op om Staats Instansies wat bangkrot is te Help me tbelasting geld, al is die jaarlikse geld wat hulle kry weereens GESTEEL, maar niks en niemand kom iets oor nie, en die geld word ook nooit verhaal vd wat dit gesteel het nie. Word net afgeskryf so skryf die E-tol ook maar af.

Piet ·

Verander die stelsel in n “ average speed camera” systeem en jul sal dubbel jul geld maak. Nieman kan by sy spoed hou in Jhb nie. Lol

Dawid ·

Hoekom moet mense wat nie hoofweg ry nie ook gepenaliseer word en meer betaal vir brandstof? Gaan nie werk nie. En ja, die wat tot nou toe nog nie vir e-tol betaal het nie gaan beslis nie vorentoe dit doen nie. Hierdie monster is nou groot gemaak en vreet homself op.

Stephanus ·

Ek is nie van plan om nou of ooit vir E-tol te betaal nie.

Mia Joubert ·

Wil hierdie ANC alles met ekstra heffings regmaak. Die tolpaaie het dalk nie slaggate nie, maar is ook gevaarlik vernaam omdat hulle geteiken word met vernietigende effek deur onlusmakers oor dienslewering, klippe wat van oorhoofse bruê afgegooi word. Kyk hoe kom als tot stilstand by die Mooirivier Plaza met brandende trokke. Deur ondeurdagte besluite en meegaande korrupsie moet Jan Alleman (Taxi’s uitgesluit) nouweer die tekort opmaak

Koos de Meyer. ·

Ek vra weer, waar gaan ons lisensie geld heen, wat van al die heffing in die brandstof. Wat van die tolpaaie se geld waar jy fisies betaal om deur te ry. Nou moet ons vir die klomp op die soustrein betaal, nooit.

Hennie ·

Die AA probeer eintlik ook maar net om relevant te wees.

My Vrae
♦ Hoeveel verskuilde heffings is daar reeds by ons brandstofprys ingesluit?
♦ Is ‘n groot deel van die bestaande heffings dan nie geoormerk vir paaie nie?

Genoeg ·

GENOEG heffings en belasting op petrol en diesel. Gebruik dit wat alreeds gehef word op paaie en nie om SAL in die lug te hou nie!

Tienie ·

Met die Heffing gaan hulle vir my en duisende ander mense melk wat nie eers die paaie gaan gebruik nie.

Maar melk gaan hulle vir ons melk…..

wilma ·

Wow, sal ek bly wees indien ons betalers se geldjies terugbetaal word (seker net in ons drome). Ek sal dan amper kan aftree !!

ne ·

Maroela Media: SAL JULLE ASSEBLIEF VIR ONS UITVIND WAT DIE REGERING MET AL ONS LISENSIE GELDE DOEN.
As jy kyk na die hoeveelheid motors/trokke/busse en taxi’s wat ALMAL MOET lisensies betaal, is daar mos Miljarde Rand ingevorder,

ZeldA ·

Ek kan jou sê dat 66miljoen daarvan vir een van die konings in Kwazulu Natal gaan……

Ralph ·

Hoe gaan swaar voertuie wat tans meer betaal se fooie by die pompe aangepas word?

Philippus ·

Daar was reeds snelweë in 2010. Hierdie paaie is net “verbeter”.
Buitendien, ek probeer so ver moontlik om dit te vermy.
Mense uit die hele land maak gebruik van hierdie paaie.
Dut is onredelik om nóg ‘n belasting by die reeds hoë belastings op motoriste af te laai.
Die flaters van regeerders kan nie vir die rekening van belastingbetalers wees nie.

Phil ·

Ek sal die tolgeld met n smile betaal sodra Soweto hulle kragrekening ten volle by Eskom vereffen het. Tot dan betaal ons niks.

Magda ·

Elke Staats departement kry sy geld na elke finansiele jaar. Hoe kan daar nie geld wees om paaie in stand te hou nie – . WEG MET E-TOL EK SAL DIT NIE BETAAL NIE. Ons almal weet waarheen die geld gaan – private bank rekeninge.

Naas ·

Skaf e-tol af. SA se brandstofheffing is die hoogste in Afrika. Gebruik dit om paaie te bou en te onderhou. Maar nee, die geld word gebruik om stemme vir die ANC te koop.

Kraai ·

Ek stem saam met Naas. Ek vermy e-tol paaie op die R21 van Putfontein af en moet gevaarlike paaie ry om nie deur dit te gaan nie. Aan die eenkant is dit n voordeel want van waar ek ry om by die werk te kom, ry ek 11km minder as ek die R21 vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.