Skrap polisie se regstellendeaksieplan, vra Solidariteit

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die vakbond Solidariteit het die arbeidshof in Johannesburg vandag versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk 2015-2019) ongeldig te verklaar. Solidariteit meen dié plan kom, soos die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds ongeldig verklaar is, op ʼn kwotastelsel neer.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, wil Solidariteit deur middel van sy hofaksie verhoed dat daar verder onbillik teen enige persoon in die SAPD gediskrimineer word. “Die SAPD se regstellendeaksieplanne sal, indien dit toegepas word, op onbillike diskriminasie neerkom,” het Van der Bijl verduidelik. “Ons meen die planne is net ʼn rookskerm vir die polisie om kwotas volgens die nasionale rassedemografie toe te pas. Sodoende word ervaring misken en dienslewering trek aan die kortste ent.”

Van der Bijl het bygevoeg die uitkoms van die hofsaak raak duisende poste in die polisie. “Solidariteit vra onder meer in sy dringende hofaansoek dat meer as 5 000 poste in die polisie, wat in Februarie vanjaar geadverteer is, nie ingevolge die teikens van die polisie se huidige regstellendeaksieplan gevul moet word nie.”

Die partye het hul betoog gelewer en daar word op die uitspraak gewag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veritas ·

Die klomp het reeds d.m.v die nuwe vuurwapenwette, die meeste blankes ontwapen, ek glo nie daar is nog enige blanke weermaglede oor nie en nou wil hulle die SAPS ook heeltemal nie-blank maak. Waar laat dit die blanke Suid-Afrikaner? Geheel en al aan hulle genade oorgelaat. Dit moet erg wees as jy só bang is vir ‘n minderheidsgroepie, dat jy hulle eers heeltemal wil ontwapen alvorens jy kans sien om hulle militêr aan te pak. Ons behoort geëerd te voel deur hierdie optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.