Skrap Zondo-kommissie, sê F4SD Youth

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Die jeugvleuel van die Forum 4 Service Delivery het Maandag versoek dat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, onmiddellik ontbind word.

F4SDY het in ʼn verklaring gesê hy neem “met teleurstelling kennis” van die R700 miljoen wat reeds aan die kommissie spandeer is toe dit in Januarie 2018 aangestel is. Die kommissie het in Augustus 2018 getuienis begin aanhoor en het dag 231 van sittings gehaal op 10 Julie 2020.

Die parlement is verlede week ingelig oor die koste van die kommissie, en gehoor die grootste uitgawe is sy ondersoekspan en die rekenaartegnologie wat gebruik word, gevolg deur die regspan.

Kgothatso Ramautswa, president van F4SDY, het gesê dit is teleurstellend dat die kommissie nog “min” onthul het en niemand wat by korrupsie betrek word, al behoorlik vervolg is nie. “Die kommissie het nog nie enige resultate opgelewer nie, buiten sensasionele stories van hoe korrup ministers en voormalige presidente was,” het Ramautswa bygevoeg. “F4SDY is egter bewus van die ANC se prestasie tot dusver en dit is dus nie nuus vir ons nie – dit is waarskynlik net die omvang van die korrupsie wat skokkend is, maar nie die korrupsie self nie.”

Hy het gesê die ANC het, die afgelope paar jaar, homself tentoongestel as ʼn party “vol korrupsie” waaronder staatsentiteite ineengestort en miljarde rande verlore gegaan het. “En daarom is F4SD krities oor die kommissie.”

Ramautswa het gesê korrupsie het ʼn sistemiese krisis geword onder die ANC. “Kommissies soos die Zondo-kommissie ontbloot korrupsie as ʼn geïsoleerde voorval wat maklik aan ʼn paar korrupte beamptes toegeskryf kan word, terwyl die realiteit is dat korrupsie ʼn manier van regering is. Korrupsie is die manier hoe die ANC die land beheer. Die land word beheer deur ʼn filosofie van korrupsie van plaaslike tot nasionale regering; korrupsie is aan die orde van die dag.”

F4SDY versoek F4SD om ʼn dringende ondersoek te eis oor die koste van die kommissie. “Ons vermoed dat korrupsie ook ʼn rol te speel het oor hoe die geld aangewend word.”

F4SDY versoek dat die Zondo-kommissie onmiddellik moet ontbind en dat die begroting eerder aangewend moet word in die stryd teen Covid-19. Die party se jeugvleuel sal binne sewe dae na die saal opruk waar die kommissie vergader met ʼn lys van eise, waaronder dat die kommissie ontbind, wat ‘vrugtelose en onnodige uitgawes tot gevolg gehad het’.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Kla die kriminele aan, verhoor hulle in n hof en sluit hulle toe waar hulle hoort. Hoeveel geld wil ons bankrot regering nog mors?

Kokkie ·

Moet net nie die werk van die kommissie staak voordat Jacob Zuma, Ace Magashule, Dudu Myene, Bathabile Dlamini en nog sommer nog ‘n hele klomp skelms verskyn het nie.

Fedup ·

Unfortunately that will never happen. Those 4 have the power and money to stay one step ahead each time. Something i would love to rectify.

Leon ·

Ek dink nie die mense besef hoe diep en hoe vêr die korrupsie strek nie. Zondo is nog besig met die oortjies. Vervolg hulle die wat hulle van weet, kom die grootkoppe weg met die misdade. Is dit die moeite werd om die grootkoppe te laat wegkom?

christo ·

Net soos die wapenskandaal kommissie niks gebaar het nie, is die Zondo kommissie ook maar net ‘n klug. Ek het lank met die militante swart jeug gewerk, en die ANC het ook die: ‘Wie ék, ek is ‘n engel’ houding. Dit maak mens magteloos. Al wat sal werk is om ‘n onwettige ‘hit squad’ saam te stel om die skuldiges stilletjies uit te haal. Dis al taal wat sekere mense verstaan.
Die metode het goed gewerk vir die Israeli’s om van hulle buitelandse kriminele moordenaars ontslae te raak. Die wêreld strafhof het ook geen nut gedien vir die Israeli’s nie, maar hulle vyande het tweekeer gedink.
Die ANC verstaan net geweld.

Fedup ·

I actually agree with gogga.
This “zondo” commission is like a damn soapie.
Irritating and costly.

Misky ·

Ek stem saam en dis n mors van geld wat ons nie meer het nie. Maar staak hulle alles net nou, gaan dit die einde wees en alles was verniet? Stuur ten minste Zuma en Ace en daai ander gemors tronk toe en kom net tot n einde. Dis tog voor die hand liggend hoe skuldig hulle is

Jakes ·

Daar sal dadels van kom om enige politieke krimineel aan te kla in enige hof in SA. Die ANC sal hul comrades nooit tronk toe stuur nie.

Willie ·

Sonder die Zondo kommissie sou ons steeds nie geweet het hoe diep en verspeid die tentakels van korrupsie onder die ANC regering is en was nie. Ek het baie meer vertroue in hierdie kommissie as die Sereti-kommissie na die wapen aankope wat n rookskerm was.Wk hoop net die die NPA kry nou lewe met al die getuienis beskikbaar.

Jacobus ·

Die gemors wat gemaak word met grendeltyd laat die boewe asem skep want hulle kom agter die kasregister is steeds oop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.