Skrywer Achmat Dangor sterf

Achmat Dangor (71). (Foto: Nelson Mandela-stigting/Twitter)

Die ANC sê hy het met leedwese kennis geneem van die dood van die bekende skrywer Achmat Dangor (71).

Dangor was die broer van die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte.

Dangor was die skrywer van verskeie romans, waaronder Waiting for Leila, The Z Town Trilogy, Kafka’s Curse, Bitter Fruit, asook die digbundels Bulldozer en Private Voices (1992). Die opvoering Majiet en ʼn versameling kortverhale, Strange Pilgrimages, het ook uit sy pen verskyn.

Vir Kafka’s Curse het hy die Herman Charles Bosman-prys ontvang. Bitter Fruit was op die kortlys vir die Man Booker-prys en hy is ook by die

Dangor was ʼn stigterslid van die Congress of South African Writers (Cosaw) en het selfs ná sy aftrede betrokke gebly in die kulturele en ontwikkelingsektore.

Die ANC sê in ʼn verklaring Dangor was nou betrokke by ʼn verskeidenheid nieregeringsorganisasies, waaronder die Kagiso Trust, die Nelson Mandela-kinderfonds en -stigting en die Onafhanklike Ontwikkelingstrust.

Hy het by die New York State University klas gegee in Suid-Afrikaanse letterkunde en was ʼn kampvegter teen MIV en vigs.

“Die ANC lig sy hoed vir dié rewolusionêr en betuig sy innige medelye met die Dangor-familie, sy kollegas en vriende, asook met ons kameraad Jessie Duarte vir hul tragiese verlies.

“In Achmat Dangor het die land ʼn belangrike stem verloor, maar ons vind berusting daarin dat sy lig deur sy boeke en ander skryfwerk sal bly skyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Taamlike struggle credentials. Hy behoort ‘n groot begrafnis te kry.

Scalla ·

Hendrik die inperkingreels tov getalle is op hom ook van toepassing!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.