Skrywer André P Brink oorlede

André P Brink Foto: Books Live (NB Uitgewers)

André P Brink Foto: Books Live (NB Uitgewers)

LEES OOK die opvolgberig: Andre Brink dood weens bloedklont

Die bekroonde skrywer André P Brink is Vrydagaand in die ouderdom van 79 oorlede aan boord ‘n vliegtuig van Nederland na Suid-Afrika.

Volgens NB Uitgewers het Brink teruggekeer nadat hy Maandag tydens ‘n seremonie ‘n eredoktorsgraad van die Université catholique de Louvain (UCL) ontvang het (sien die video onderaan die berig).

Brink is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore. Hy het BA op Potchefstroom studeer en ook sy MA-graad in Engels (1958) en Afrikaans (1959) cum laude behaal. Hy het ook vergelykende literatuur aan die Universiteit van die Sorbonne in Parys, Frankryk, studeer. Hy het in Afrikaans, Nederlands en Engels geskryf.

Brink, Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach was in die 1960’s sleutelfigure in die stigting van die Afrikaanse letterkundige beweging, Die Sestigers. Hulle het Afrikaans gebruik om hulself teen die apartheidsregering uit te spreek en het Afrikaans blootgestel aan kontemporêre Engelse en Franse neigings. Klik hier om sy volledige biografie te lees.

Brink het in 2009 sy memoir, ‘n Vurk in die pad, op die sepie 7de Laan bekendgestel:


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dirk ·

Ek jammer dat ek nie onmiddelik in trane gaan uitbars nie, en dat ek my nie vanaand aan die slaap gaan huil nie. Ek kyk uit daarna om ook te lees van die dood van jou twee vrinne. Brink, Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach was in die 1960’s sleutelfigure in die stigting van die Afrikaanse letterkundige beweging, Die Sestigers. Hulle het Afrikaans gebruik om hulself teen die apartheidsregering uit te spreek

Elfie ·

Dirk – jou arme …. Toemaar. En almal ander wat hier vieslike persoonlike aanmerkings maak op hoe hy gelyk het, my jinne tog asof hy nou sy “looks” gekies het ne! Seker weer almal “christene” – onthou net alle mense is geskep na die beeld van God, so jul beledig jul eie Maker!

Bobo Jean ·

“Dit is beter om jou mond te hou en te lyk asof jy dom is, as wat jy jou mond oopmaak en alle twyfel uit die weg ruim.”

HEVW ·

Akademies onderleg, maar tog beperk in visie. Stemme wat temidde van die huidige tydsgleuf al stiller geword het. In Afrika kan geen ander politieke model werk as selfbeskikkingsreg vir ieder volk nie. Dit geld selfs al sou daar geen blanke volk op hierdie kontinent gewees het nie.

Johann ·

Ek is ‘n bewonderaar van Brink, Jonker, Breytenbach ens. se literêre werke maar hou nie noodwendige van hulle as mense nie.
In die berig word genoem dat dit ‘n “uitspattige” seremonie was maar sien niks daarvan in die videogreep nie. Laat weet asseblief wat daarmee bedoel word.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann

Dankie dat jy ons hierop gewys het.
Dit was nie ons bedoeling om ‘n negatiewe beeld aan die funksie te verleen nie. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

tom ·

ag Suné! Asseblief! Nie almal het van Brink en die druppende liberaliste gehou nie. Nie eens ons mede swart broers ken of hou van hulle nie.
Nie dat ons ons swart broers verkwalik nie want niemand kom tot hul redding in elk geval nie. Nie eens Eksdom nie.

mignon ·

Tom, al wat onsmaaklik is, is jou kommentaar. Hê bietjie respek. En plaas sommer ook die skakel tot jou eie, wye versameling publikasies.

Elfie ·

DITSEM Mignon! Wat my onder kry is dat mense aaaaangaan oor onsmaaklike kommentaar op ‘n sekere radiostasie deur radiopersonnlikhede na moorde in die wynlande. Maar dan kom spoel hul al hul vuil monde hier op dieselfde manier uit. Brink is en was meer as enigeen wat hier kommentaar lewer. Kyk bv ook ene Gerald vd Merwe se “slim” kommentaar. Bou nou ‘n nasie….

Regina ·

Daar staan laaaankal n standbeeld van de Klerk voor die Waterfront in Kaapstad!

Regina ·

Dirk, waar was jy dan al die jare, weet jy rerig nie dat Ingrid Jonker al in 1965 oorlede is nie!? Nou spoel jy jou mond uit oor hierdie skrywers en digters, jy kan jou ou skoene agterna gooi om sulke prestasies te kon behaal. Laat weet gerus onder watter “skuilnaam” jy jou “Litere Werke” gepubliseer het, dan kan ons kyk of jy meer as n sin of twee kan skryf wat die moeite werd is om te lees! Ons stem nie noodwendig saam met Brink se menings nie, maar gee hom en sy gesin die eer wat hy verdien met sy uitstekende publikasies en talle pryse! Besin eers voordat jy jou oningeligtheid so uitblaker tot groot “vermaak” vir almal wat dit gelees het! Kan nie glo dat jy nounog nie na 50 jaar agtergekom het Ingrid is reeds toe oorlede nie!

Madelein Stander ·

Ekt menigte “affairs” met Andre P Brink se skryf werk beleef, lig julle glase op ‘n briljante skrywer….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.