Skrywer Leon Rousseau oorlede

Leon Rousseau. Foto: NB Uitgewers

Leon Rousseau. Foto: NB Uitgewers

Leon Rousseau, samesteller van die uiters gewilde Storieman-versameling en skrywer van die jeugreeks Fritz Deelman, is in die ouderdom van 84 oorlede.

Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore. Volgens die uitgewer Human & Rousseau, het hy ʼn graad by die Universiteit Kaapstad verwerf, waarna hy by Die Burger begin werk het.

Rousseau en Koos Human het Human & Rousseau in 1959 begin. Een van Rousseau se bekendste werke is Die groot verlange, ʼn biografie oor Eugène Marais, wat in 1974 gepubliseer is. Hy is ook alombekend vir die jeugreeks Fritz Deelman. “Hy was net 25 jaar oud toe hy die eerste boek in die reeks in 1956 geskryf het.”

Hy het in 1984 ʼn Afrikaanse weergawe van die Britse Storyteller-reeks gepubliseer onder die naam Storieman. Dié uiters gewilde reeks het uit 30 boeke en 30 kassette bestaan. Dit word sedert 2012 heruitgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

WAT ‘n verlies vir Afrikaans! Ek onthou die Fritz Deelman boeke baie goed, my broer het hul almal uitgeneem by die bib en ek (omdat ek dan nou ‘n meisie was!) mag dit kammig nie gelees het nie,maar ek HET. Ek lees baie vinnig en as hy sport toe is het ek die boeke “gesteel” en vinnig gelees en by die tyd wat dit terug moes gaan bib toe het ek soos ‘n kat wat room geëet het geglimlag. Die Groot verlange is ook spesiaal en het ek ook gelees.

Abraham ·

Fritz Deelman was my held toe ek ‘n jong seun was.
Kan maar net se: Dankie.

Christiaan ·

In my kinders se boekrakke hier in Kanada is amper die hele reeks Frits Deelman boeke. Dis hoe ons Afrikaans lewendig hou hier in die vreemde. Ons het ook die boeke in die Oos Kaapse biblioteke ingewag in die laat 70’s. Ek is bly Leon Rousseau se naam sal voortleef in H&R Uitgewers!

Walter du Toit ·

Pasop wat jy lees: as 10 jarige het ek elke Fritz Deelman- boek verslind. Dit het gelei tot “geheime sendings” in die plaasdam, tot aanvalsduiker by Spesiale Magte, tot kommersiële duiker…Dankie Oom Leon!

Eliza-beth ·

@Walter du Toit – hehehe – wys jou, hy het kinders se verbeelding aangewakker, hulle geleer plan maak en laat dink. VIVA ALLE LESERS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.