Skrywer Margaret Bakkes oorlede

Margaret Bakkes (Foto: Litnet)

Margaret Bakkes (Foto: Litnet)

Die geliefde skrywer, Margaret Bakkes, is Donderdag in die ouderdom van 84 oorlede.

Bakkes, wat bekend is vir haar boeke soos Susanna die geliefde, het meer as 35 werke in haar leeftyd gepubliseer en is veral bekend vir haar kortverhale. Haar eerste kortverhaal is in 1954 in Rooi Rose gepubliseer en verskeie ander het gevolg.

Sy was getroud met die bekende historikus, Cas Bakkes, wat op 8 Januarie vanjaar in die ouderdom van 90 dood is.

Van haar werke is ook vir skole voorgeskryf en vyf van haar romans is oor die radio voorgelees. Susanna die geliefde is ook vir die verhoog verwerk met die akteurs Joanie Combrink, Susanne Beyers en Johann Nel, wat die hoofrolle vertolk het. Baie van haar werk is ook na Nederlands vertaal.

Haar jongste boek, Fado vir ʼn vreemdeling, is in 2011 deur Lapa-uitgewers gepubliseer.

Sy is ook in 2011 by die US Woordfees met ʼn ‘profielaanbidding’ gehuldig.

Sy word oorleef deur drie seuns, Marius, Johan en Christiaan, haar dogter, Mathilda en vyf kleinkinders.

Haar seuns, Johan en Christiaan, is ook welbekend vir hul reis- en avontuurverhale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Suzette Smit ·

Wat ‘n fantastiese lewe wat sy voluit geleef….. rus in vrede!

Theuns ·

Ja Joanni met die afsterwe van al ons wonderlike skrywers is Afrikaans soveel armder. RIV Margaret xxxx

Santjie Stoof ·

Vlae op vir ons afrikaanse skrywers.
Baie goed om te hoor haar seuns volg in haar skryf-voetspore.

Margaret Lombard ·

‘n Geliefde skrywer is nie meer met ons nie…..maar haar woorde leef voort. Rus in Vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.