Skrywer van ‘rassistiese’ MiWay-e-pos bekend

Die plasing wat versprei word.

Die skrywer van die rassistiese MiWay-e-pos wat vroeër vandeesmaand ʼn rasseherrie ontketen het en soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, is ná ʼn forensiese ondersoek bekend gemaak.

Volgens die ondersoek is Mondli Madlala, ʼn voormalige kliënt van die versekeraar, as die skuldige uitgewys.

Die aanvanklike e-pos ter sprake het gesê dat 90% van die eise van swart mense van die hand gewys gaan word omdat hulle “maklike teikens is”. Die “e-pos” sê verder dit is ʼn gulde geleentheid om geld te bespaar en die “swart bobbejane” te straf.

“Nadat ʼn eis regverdiglik deur MiWay en die ombudsman afgekeur is, het hy ʼn MiWay e-pos gebruik om valse, lasterlike en rassistiese opmerkings te skryf en te versprei sodat dit lyk of dit van die maatskappy af kom,” het die versekeraar in ʼn verklaring gesê.

Madlala het vandeesweek met René Otto, MiWay se uitvoerende hoof, vergader en onvoorwaardelik verskoning vir sy optrede gevra. Hy het ook gesê dat hy nié rassisme ervaar het in die manier waarop personeel van die maatskappy hom voorheen behandel het nie.

“Ek vra om verskoning vir my dade. Ek het impulsief en onverantwoordelik opgetree en nooit gedink dat die voorval so handuit kon ruk nie. Ek het geleer hoe gevaarlik sosiale media kan wees as dit misbruik word, veral in Suid-Afrika. Ek besef ook dat ek werknemers van MiWay in gevaar gestel het en ek beplan om hulle elkeen persoonlik om verskoning te vra,” het Madlala gesê.

Die versekeraar het ook gesê hy kon beter met Madlala gekommunikeer het nadat sy eis afgekeur is, maar dat die saak veronderstel was om op ʼn professionele manier uitgeklaar te word. MiWay het ook gesê die twee personeellede waarna Madlala in sy oorspronklike e-pos verwys het, het sy verskoning aanvaar en beplan nie om hom te dagvaar nie.

Madlala gaan in die volgende paar maande saam met die versekeraar werk aan ʼn veldtog om bewusmaking oor die gevare van sosiale media te kweek.

Die versekeraar beplan nie regstappe teen hom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

MissDemeanor ·

Bedoel julle ‘wat as hy wit was en n vals epos geskryf het waarin hy wit mense beledig?’ Wel ek dink in daardie geval so daar heelwaarskynlik niks gebeur het nie. Inelkgeval, ek dink enige iemand anders behoort swaar gestraf word indien hul valslik lik rasse konflik aanblaas. Maar ek dink MiWay het opgetree op n baie goeie manier. Hul wil nie’ n Spur situasie he nie, so nou vergewe hul die ou want verdere stappe sal sleg wees vir besigheid en dit sal ook nie die rassespanning beter maak nie. Ek dink dis heel goed dat hulle saam die oortreder n veldtog gaan begin. Op n manier is dit ook n straf vir hom want die publiek weet nou waarmee hy homself besig hou.

Johann ·

Wonder of MIWAY al gehoor het van SPUR? As ek nou in die versekerungs bedryf was het ek slim seker gemaak MIWAY kliënte weet wat hul opsies is? SKAAM MY vir die mate wat sommige landsgenote buig voor die persepsie van reg en verkeerd alla ANC RASSE BELEID!

GERRIE ·

Ek voel ook soort gelyk voorwaardes wat aan die privaat skoll die week gestel is moet gevolg word. wat egter waar is, is dat die invloed op Spur glad nie so intens is as wat ons dink nie.

Boetman ·

Al hierdie slegte goed wat gebeur kan voor die deur van die fyngevoelige kamma leiers in die land gelè
word. Let op dat politiekuste mense is wat dit nie in die privaat sektor sou maak nie. Want daar moet jy pa staan vir jou aksies en hard werk. Ek trek hul integriteit in twyfel.

Hans ·

O nee die persoon moet nie so maklik wegkom nie-n kriminele klag,MRK ondersoek en gelykheidshof verhoor met n boete van R150 000 boete. Gaan druk op sy werkgewer geplaas word om hom onmiddellik aftedank?

Susan ·

Miway se CEO kon gerus ook maar geweier het om verder aan hom versekering te bied (en sodoende SPUR se beleid volg).

Ashton van Niekerk ·

Mense, ons moet nou nie kwaadwillig teenoor mense optree nie. Om die skuldige verder te straf, gaan niemand iets baat nie. Sy verskoning is opreg. En om MiWay te wil straf omdat hulle gou is om te vergewe, is net plein onchristelik.

Dirk ·

Kom ons neem selfde stappe teen Myway as wat ons teen Spur doen huidiglik. Alles is sommer so goed hy word op n troon gesit en saam op n roadshow gevat en natuurlik op kliente se onkostes. Seriouslly. Hy mket sommer R250000 beboet word. Duidelik is hy n engeltjie. Kom ek doen dieselfde ding. Vervals Myway se letterhead dan.kyk o s of ek nie ook sommer die roadshow kan join nie

Zach Coetzee ·

Laat dit nou ‘n model wees hoe ook blanke ras-oortredings bestuur moet word. Hou toekomstige sake skerp dop en gebruik die Miway-gevallestudie as grond vir rigtinggewing aan maatskappye in die omgekeerde situasie.

Dean ·

Vir al die regsgeleerdes wat maroela se artikel lees..kan n mens as n privaat burger n persoon soos madlala in jou privaat hoedanigheid verklae by die MRK..of iets dergeliks..want ek is nou al so g….vol om te lees…van o siestog..ek het dit nie bedoel nie..die man het met voorbedagderade bedrog gepleeg..n fiktiewe mail geskep (bedrog)…rassehaat aangehelp…wat nog…dit moet seker darem êrens stop of hoe.?

Oompie ·

Verstaan jy nie. Mi Way is die slagoffer hier. Hulle is te bang/versigtig om te reageer. Sou hul kragdadig reageer sou hul vergruis word. Mi Way het geen keuse gehad nie.

Ronel ·

Presies. Hiersie was nie net n post op facebook of twitter nie. Hyt genoeg tyd gehad om te cut,copy en paste. So daar was genoeg tyd omte besin oor dit wat hy doen!! En dn kom hy op met so lame verskoning? Nee wat Miway….

Hvr ·

Ek het die middag 702 geluister toe die storie gebreek het. Die Ceo van Mi-way was op die radio het het met baie sekerheid gese Mi-way gaan ‘n siviela saak maak teen die persoon wanneer hulle die persoon in die hande kry. Gaan dit nog voort?

Cherokee ·

Korreksie, Maroela. Vervang die woord ‘aansoeke’ met ‘eise’ in die 3de paragraaf. Anders beteken dit totaal anders as wat werklik gesê is.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Cherokee
Dankie vir jou kommentaar! Die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Piet Pompies ·

Hierdie geleentheid maak deure oop vir oortredings wat ongestraf gelaat gaan word, al is die oortreder hoe jammer en sy verskoning word aanvaar, is straf nog steeds van toepassing.

Boer ·

Nee gits. Het ons as Afrikaners dan nou pateties geword. Miway het die sondebok aan die lig gebring. Wat meer kan hulle doen? Meeste companies in SA sale selfs te bang wees om dit te doen – omdat sondebok swart is. Gee eerder vir Miway ‘n bells

Antjie ·

Dit was ‘n forensiese ondersoek. Het hulle dit vir MiWay gedoen, of vir die publiek? Ek dink die ombudsman kan gerus sy posisie en die van die publiek beskerm deur op strafregtelike vervolging aan te dring by Sean the Sheep se afdeling. Dan moet swart mense voor die hof gaan betoog dat hy nie borg mag kry nie. Hy het hulle mos bobbejane genoem al het hy agter witmense weggekruip.

MissDemeanor ·

Hoe waat jy wat hulle sou doen? Dis bespiegeling. Mens moet passop daarvoor dat jou emosies op hol raak op grond van bespiegelinge.

Tersia ·

Wat gesé is is gesé!!!!!!! Hy kan jammer sé tot in ewigheid woorde wat gesé is kan nooit herroep word nie!!!!!!

MissDemeanor ·

As jy dit doen, dan kry daardie Mondi Mandla presies wat hy wou gehad het. Hy wou maak dat die maarskappy besigheid verloor. Jy gee vir hom wat hy wou gehad het. Besef jy dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.