Skubaduiker bereik strand op eie stoom

(Foto: Verskaf)

Die skubaduiker wat Vrydagoggend in die see by Rocky Bay in Scottburgh, KwaZulu-Natal, verdwyn het, het sedertdien die strand bereik.

ʼn Betroubare bron het aan Maroela Media bevestig dat die 55-jarige duiker lewend en veilig is.

“Die vrou het op haar eie stoom die strand bereik,” sê die bron.

“Sy het ongeveer 30 km van Rocky Bay, in die omgewing van Hibberdene, uit die see gekom.”

Die duiker het na bewering probleme ondervind terwyl sy en ʼn groep ander duikers die oggend in die see gaan duik het.

“Sy het weer teruggekeer na die oppervlak, maar weens die sterk stroom het sy die boot gemis.”

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) soek sedert 11:30 na die duiker nadat die groep duikers met hul aankoms by die strand gesê het hulle het die vermiste duiker nie op die bodem gesien nie. Die rowwe seetoestande het egter die soektog bemoeilik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.