Skubaduiker verdrink in gruisgroef

Argieffoto

ʼn Man het Woensdagmiddag vermoedelik verdrink toe hy in ʼn oop gruisgroef vol water digby Kaapstad gaan duik het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is GB Med Security en ER24 se ambulansdienste sowel as die polisie omstreeks 13:22 na die gruisgroef by die Blue Rock-oord in Sir Lowryspas-dorp ontbied. Die NSRI se reddingswemmers van Gordonsbaai is ook uitgestuur.

“Met hul aankoms op die toneel het hulle die manlike skubaduiker uit die water gehaal en paramedici het kardiopulmonêre resussitasie (CPR) begin toepas. Hy is later op die toneel dood verklaar,” vertel Lambinon.

Die man se liggaam is vir ʼn nadoodse ondersoek na die forensiese patoloë van die departement van gesondheid gestuur.

Die polisie ondersoek tans die saak.

Die NSRI het hulle medelye betuig aan die familie en vriende van die oorledene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hansie ·

Is dit nie een van die goue reels as jy n duikkursus doen om nie alleen te gaan duik nie? Ongelukke gebeur so maklik, en nou moet die mense wat agtergelaat is daaronder ly. My simpatie aan hulle

Carel Wilken ·

Maroela, ek is effens teleurgesteld dat julle so ‘n onvolledige berig plaas. Media24 het baie meer volledig berig, oa dat dit ‘n opleidingsduik was en dat die persoon nie alleen was nie. As hulle die inligting kon krykon julle ook.. Ek is aan baie beter beriggewing van julle kan af gewoond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.