Skubaduikers in hospitaal ná duik by Simonstad

Argieffoto (Foto: FIRSTonline/Pixabay)

Een skubaduiker is in ʼn kritieke toestand en ʼn ander is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal, ná hulle naby Simonstad in Kaapstad geduik het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Saterdagmiddag net ná 15:00 na die toneel by Long Beach ontbied, het stasiebevelvoerder Darren Zimmerman gesê.

Een van die twee mans, wat in die see by Long Beach geduik het, het glo sy bewussyn verloor tydens die duik. “Sy vriend het dadelik sy duiktoerusting laat val en hom so vinnig as moontlik na die kusgebied gebring waar hy dadelik hulp ontbied het. Pisces-duikskool was in daardie stadium op die strand en hulle het dadelik die twee mans uit die golwe gehaal en met KPR op die een man begin,” het Zimmerman verduidelik.

“Paramedici het die KPR-pogings voortgesit en hulle kon uiteindelik ʼn pols by die man kry. Hy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Die vriend is in ʼn ernstige maar stabiele toestand na die hospitaal geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanL ·

Baie sterkte aan beide skuba duikers in hul herstelproses.

Ek duik nie, maar van die bietjie wat ek al gelees het, is hierdie sessies waar jy “vinnig” geleer word hoe om te duik en dan vir ‘n duiksesssie gaan, uiters gevaarlik. Verstaan ek dit reg of is ek verkeerd? Dalk bietjie insette van ons skuba duikers asb. Dit is dalk nie relevant in hierdie betrokke storie nie, of dalk wel?

Ria Naude ·

Kan iemand wat weet van duik vir ons se hoe gebeur so iets asb…

Sam ·

Dit kan een van baie dinge wees. Hartaanval, te min suurstof, paniek wat inset ens. Lang lys van dinge wat kon fout gaan

ANDRE ·

Foutiewe duiktoerusting , onvoldoende duikbeplanning , reels nie toepas, roekeloosheid , agterlosigheid , soos Sam se , dit kan enige iets wees….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.