‘Skuif jou motor’ – toe brand mans los

’n Man is Donderdagaand buite sy huis in Verulam geskiet. (Foto: Facebook / Reaction Unit South Africa)

’n 46-jarige man is Donderdagaand ernstig gewond in ʼn skietvoorval buite sy huis in Verulam, KwaZulu-Natal.

Nooddienswerkers van die Reaction Unit South Africa (Rusa), wat omstreeks 19:00 na die toneel in Imbokodoweg ontbied is, sê die man is glo geskiet kort nadat hy versoek is om sy motor te skuif.

“Volgens inwoners was die slagoffer tuis toe twee onbekende mans hom na buite roep om sy motor, wat in die straat parkeer was, te skuif.

“Die verdagtes het kort daarna ses skote in die slagoffer se rigting afgevuur voordat hulle in ’n ander motor gevlug het.” Besonderhede oor dié voertuig is onbekend.

Luidens ’n inskrywing op Rusa se Facebook-blad is die man in sy buik en been gewond. “Hy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.”

Dit blyk dat die polisie teen dié tyd nog nie op die toneel was nie. Die motief vir die voorval is onbekend.

Die polisie het nog nie op Maroela Media se navraag reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

E ·

Klink vir my baie na ‘n “hit”, wel hulle het definitief nie gemis nie. Leef die slagoffer darem nog. Ons ou landjie raak al hoe maller.

Persheks Adri ·

Ek’s seker hierdie kriminele se wapens is ook gelisensieerd? 6 skote is nogals ‘n boodskap sou ek sê. Hoop die man oorleef! Die mense raak heeltemal tatie verby magtag

Misky ·

Hierdie RUSA ouens is op die “ball” en ek dink die polisie moet by hulle gaan leer hoe dit gedoen moet word. Hulle is net oral en julle lewer puik diens aan die gemeenskap. Polisie was seker steeds nie op toneel nie……

Di ·

Wilde Weste! dinge ruk hand uit in hierdie land. As jy nie van iemand hou nie, skiet hom summier dood

JohanR ·

En ou Bheki Cele dink seker al klaar al die wapens is van die straate verwyder……droom aan Hoed!

ES ·

Polisie was nog nie op die toneel nie… maar ons moet op hulle staat maak om ons te beskerm want Hoed wil ons vuurwapens wegvat.

Ag Nee ·

Wille Weste☺☺dit is oorlog tussen al die mense van alle gemeenskappe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.