Skuif parlement na Kaapstad, sê Zille

Helen Zille tydens haar provinsiale rede op 19 Februarie 2016 (Foto: Western Cape Government, Facebook)

Helen Zille tydens haar provinsiale rede op 19 Februarie 2016 (Foto: Western Cape Government, Facebook)

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Vrydag gesê die Suid-Afrikaanse parlement moet na Kaapstad geskuif word.

Zille het tydens haar provinsiale rede in Kaapstad gesê pres. Jacob Zuma se aankondiging tydens sy staatsrede om slegs een hoofstad te hê, sal ʼn groot besparing vir die fiskus beteken.

Zuma het tydens sy staatsrede gesê dat die parlement dringend die kwessie van twee hoofstede moet oorweeg, waar Pretoria tans die land se uitvoerende hoofstad en Kaapstad die wetgewende hoofstad is.

“Ek was verras dat mense dadelik aangeneem het dat die parlement uit Kaapstad sou skuif,” het Zille gesê. “Maar as die president se motief werklik is om geld te bespaar, moet dit andersom wees. Die uitvoerende hoofstad moet dan na Kaapstad toe skuif.”

Zille het gesê sy het die onderskeie LUR’e vir ekonomiese geleenthede, vervoer en openbare werke, plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, opdrag gegee om ondersoek in te stel en voorleggings te maak om staatsdepartemente in te rig en hoëdigtheidsakkommodasie vir parlementêre wonings naby die nasionale wetgewer te ondersoek. “Dit sal die leef- en werkfilosofie in verhoogde stedelike digtheid kombineer, en die regering die kans bied om ʼn voorbeeld te wees van die nuwe stedelike vorm wat ons benodig.”

Volgens Zille sal dit ook die regering in staat stel om die duur ministeriële huise te verkoop en ministers in te rig in woonstelle op die boonste verdiepings van die wolkekrabbers, wat ʼn ongeëwenaarde 360 grade-uitsig oor die stad, berg en see sal bied.

Zille het gesê, as premier van die provinsie, sal sy die heel eerste persoon wees wat na só wolkekrabber sal verhuis. “Dit beteken dat waardevolle eiendom te koop aangebied kan word en die koste om ʼn regeringsdistrik in te rig, voorkom word deur ʼn oordragmodel deur die privaat sektor. Ons sal ook ʼn fortuin spaar in veiligheidskoste.”

Zille, die enigste premier van die enigste provinsie in Suid-Afrika wat nie onder beheer staan van die regerende party nie, het haar eweknieë in Gauteng uitgedaag om vergelykende voorstelle te maak. Sy het gesê Zuma kan dan die koste van die vestiging van die regering in elke stad teen mekaar opweeg.

Particia de Lille, burgemeester van Kaapstad het vroeër gesê voorstelle om die parlement van Kaapstad na Pretoria te verskuif is onnodig, aangesien die regering eerder daarop moet fokus om die kabinet te verklein. Lees meer.

Lees Helen Zille se volledige provinsiale rede.
Lees alle vorige berigte oor die hoofstad-debat op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hendrik ·

Vir minderhede het die het die parlement min relevansie en nog minder waar dit geleë is. Selfs in die amptelike opposisie DA is die witte die minderheid in die topposte. Volgens kenners skiet die grondwet te kort op verskeie terreine en met al die artikel 9 staatsdepartement in die ANC is dit nie eers nodig om die grondwet te verander nie. Op elke terrein dans ALMAL op die ANC deuntjie. Selfs die ĎA se beleidsrigting is baie naby die van due ANC.

Philli ·

Sy is reg. Kaapstad is die moederstad van Suid Afrika. Pretoria is — of soos hulle dit wil he’ — “Zwanie” is uit..

John ·

Die ANC het klaar besluit en die belastingbetalers gaan miljarde opdok om ‘n paar miljoen te spaar wanneer die nuwe kwartiere vir die regering gebou word. Nkandla se uitgawes gaan totaal verdwerg word deur die rekeninge vir hierdie nuwe droompaleis in Gauteng. Miskien moet ons ok maar bes gee en soos Zimbabwe geld druk vir die vale. Ons is al by rommelstatus, hoekom nie?

Wondet ·

Na wat ek die laaste paar dae gesien het verstaan ek nie die doel van die parlement nie. Kan hulle nie net iewers in die veld bymekaar kom en daar verder niks doen nie? Die mooi klere en mooi gebou beteken niks nie. Die land se middel punt is seker maar Bloemfontein
Laat hulle maar daar bymekaar kom. Kaapstad laat dit na ‘n vakansie lyk.

stemgeregtige ·

Los daai daar, maw los net so. Kyk die moles as parlement in Kaap open. Kaap PL’s kan sommer op skyp daai gedoende in PTR deel en die res per email afhandel en dokumente koerier. Kla en gedaan. Baie GELD verdriet en gedoente bly gespaar.

Gemsbok ·

Ai tog, Maroela. Die parlement is dan reeds in Kaapstad. Dit is duidelik dat Helen Zille gesê het die regering moet na Kaapstad verskuif. Daar is ‘n verskil.

Flippie ·

Dink hulle moet die parlement en regerings admin Harare toe skuif.

Veritas ·

Baie mense ken nie die verskil tussen die parlement en die regering nie. Na aanleiding van die onsinnighede wat Zille soms kwytraak, sal ek nie verbaas wees as sy korrek aangehaal is nie.

Piet Snot ·

Laat my dink aan Lord Milner wat hooghartig vir Kruger gesê het: “I believe this country should have only one language”.
Waarop Oom Paul antwoord: “Ek stem saam: Nederlands!”.

Oom Boer ·

Al wat Nr 1 (Mnr Zupta) moet doen is om dit op ‘n prys uitslag aan die publiek uit te faseer om met geskikte en besparings voorstelle vorendag te kom waar almal ge-akkommodeer kan word. Of dalk mag die EFF beter oplossings bied.

JoeV ·

Sou dit nie maar beter wees om die gespuis daar uit te kry en te hou nie? Dan kan daar darem een deel van die land wees wat ontwikkel?

Rynhardt ·

Zille, u is gou om te praat oor parlement se skuif, maar daai gebou beteken niks vir die Afrikaner/Boervolk nie! U en DA saam met EFF ondersteun die Vryheidsmanifes wat teen ons Afrikaners diskrimmineer.Zille, u het selfs in 2013 by n gedenkdiens van Mandela in Kaapstad-stadion met n rooi beret op u kop gesit tussen EFF-lede.Dit se alles.Die parlement kan hul vir my op planeet-Zuma gaan sit, cat DA en Anc se militante vleuel, die EFF saam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.