‘Skuif Paul Kruger-standbeeld’ geëis ná petrolbomaanval

Skermskoot uit die video.

Skermskoot uit die video.

Die Orania Beweging sê die jongste voorval Woensdagmiddag op Kerkplein in Pretoria waar ʼn petrolbom na die standbeeld van Paul Kruger geslinger is, is ʼn bewys dat die plein nie ʼn veilige hawe vir die standbeeld bied nie.

Maroela Media het Woensdag berig ʼn petrolbom is na die standbeeld geslinger te midde van ʼn EFF-optog in die middestad om onder meer te eis dat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Beeldmateriaal is geneem wat wys hoe die heining om die standbeeld geskud word, waarna ʼn petrolbom na die voete van die standbeeld gegooi word. Die vlamme brand ná sowat 30 sekondes self uit. Kyk die video hier.

Brandweerwaens van die Tshwane-nooddienste is nooit na die plein ontbied nie en die Tshwane-metropolisie het nog nie bevestig of daar skade aan die standbeeld aangerig is nie.

“Die standbeeld is reeds omring deur heinings nadat dit by minstens twee vorige geleenthede met verf geskend is,” het James Kemp, ʼn woordvoerder van die Orania Beweging in die Noord-Kaap, ná die voorval gesê.

“Dit is duidelik dat die standbeeld veiliger sal wees indien dit in Orania bewaar word. Oor die afgelope 25 jaar het verskeie borsbeelde en monumente ʼn veilige hawe in Orania gevind nadat dit elders onwelkom geraak het.”

Kemp het egter ook daarop gewys dat standbeelde en monumente wat steeds veilig bewaar word waar hulle tans is, nie verskuif moet word nie. “Daar is verskeie gemeenskappe wat doeltreffend daarin slaag om hul erfenis te bewaar. Ongelukkig is die standbeeld van Paul Kruger baie kwesbaar waar dit nou staan en word daar tans met ons erfenis gedobbel deur dit daar te laat.”

Intussen het die VF Plus gesê die EFF as politieke party moet instaan vir al die skade wat Woensdag aan besighede in die middestad en aan die standbeeld aangerig is.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê daar kan geen twyfel wees nie dat dit EFF-lede was wat die skade aangerig het. “Daar is genoeg video-materiaal en ooggetuies om dit te bevestig. Waar organisasies voorheen weggekom het deur onbekende individue die skuld te gee vir skade wat aangerig is, is dit hier nie die geval nie,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Christelle ·

Ek stem 100% saam met die VF. Laat die EFF pa staan vir al die skade. Om ‘n staking te hê beteken nie dat ander se besittings en erfenisse skade moet ly nie. Nou moeg vir stakings en mense wat dink hulle kan maak wat hulle wil

johann barnard ·

Die munisipaliteit sal nie die beeld skuif nie want hulle maak geld uit hom uit,maak n replika en plaas hom in Orania.

Jakobus ·

Ons wat so kommentaar lewer, moet net daarteen waak dat ons nie rassespanning, met wat ons sê, aanblaas nie, dit is erg genoeg soos dit is. Bly liewer stil en bewaar die vrede.

Louwrens ·

Is reg so Jakobus. Volgende keer as ou mense aangeval of vermoor word op hul plase sal ons eerder stilbly en die “vrede” bewaar. As die studente weer n lokaal afbrand sal ons ook stilbly en sodoende n volgende brandstigting keer. As daar weer n standbeeld ge-vandaliseer word, sal ons die petrol aangee net om seker te maak dat ons as erenstig is om die “vrede” te bewaar.

Magda ·

Wat ek gisteraand gehoor het is dit ‘n ou foto van ‘n vorige optog wat die standbeeld aan die brand gesteek is.
Dis hoekom niemand nerens enige iets kan kry wie dit aan die brand gesteek het.

Magda vd W ·

Nee dit is nie ou beeldmateriaal nie, daar was nuusmanne wat alles weer gister opgeneem het, die datums op die beeldmateriaal is nie ge-edit nie

Leonard van der Dussen ·

Dit net ‘n standbeeld. Ja, dit het simboliek en as dit aangeval word, is dit ‘n simboliese aanval op dit waarvoor dit staan ook, maar ‘n standbeeld se simboliek verval as dit nie op sy prominente plek – en wat Paul Kruger betref – in Pretoria staan nie. Dis onsinnig en grens aan ‘n bekrompe vasklou aan die verlede en kom naby beeldediens om geld en energie te wil spandeer om dit daar doer in Orania te gaan neersit. Bou eerder nog skole in Pretoria, maak die kerkgeboue wat agteruitgaan, mooi en keer terug kerk toe. Dis een van die dinge waarvoor Paul Kruger staan.

bakoor ·

Op my lys is daar net 2 persone wat die land verder moet neem soday SA weer kan groei
Pravin en Thuli

Mike de Beer ·

Beveilig ons standbeelde asseblief? Afriforum / Solidariteit..wie ook al, gryp in. Asseblief, dagvaar die organisasies wat nie hulle volgelinge kan beteul nie sodat hulle gedissiplineerd optogte hou. Iemand moet betaal vir saakbeskadiging – dis n wetsbeginsel.

Magda ·

So kom die EFF weer weg met alles- kom ons wees eerlik .. hierdie is maar net die begin want omdat hulle wegkom met alles , plunder en vernietig hul voort. As dit ek was het ek gisteraand in n vrot sel geslaap..Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg

Grassie ·

Ek is al lankal ‘n voorstander daarvan dat die Krugerstandbeeld verskuif word – maar na ‘n prominente plek by die Voortrekkermonument, nie na Orania nie. Ek is nie negatief teenoor Orania nie, inteendeel, ek hoop dat daar nog baie soortgelyke plekke oral in die land sal ontstaan. Maar omtrent al die Afrikaners in die land besoek een of ander tyd in hulle lewe die Voortrekkermonument, terwyl minder as 5% ooit op Orania kom. Dan is daar nog duisende buitelandse toeriste ook.
Hoe dit ookal sy, dit is onwaardig en ‘n oneer teenoor Oom Paul om sy standbeeld daar in die agterbuurt, die gopse, te laat staan waar dit nou is, waar dit met doringdraad teen die gepeupel beskerm moet word.

Peet J ·

Met de Klerk se besluit om die NSA met alles wat staatseiendom is aan die ANC regering te oorhandig was daar nie voorsiening in die Grondwet gemaak met betrekking tot sekere items nl. standbeelde, monumente, begraafplase e.d.m. nie. Die swart politieke partye maak streng gesproke deel uit van die ANC regering wat gekant was teen die NP regering (apartheid) dus kan genoemde partye mos nie aanspreeklik gehou word vir beskadiging van staatseiendom nie.

Stoffel ·

Moenie die standbeeld verskuif nie maar as dit moet, na Orania. Skuif eerder die kriminele se blyplek tronk toe.

Louwrens ·

Dankie Marijn. Ons taal is vir ons kosbaar en het sy wortels is te danke aan die Nederlandse taal.
Ek hoop jy maak ons Afrikaners se pleidooie bekend in jou tuisland. Vertel vir jou bure van die gruweldade waaraan ons blootgestel word. Vertel vir hulle dat niks wat vir ons kosbaar is deur die ANC regering en ander eerbiedig word nie.

zoom zoom ·

Onthou oom Paul het ook sy pond vleis gevat en toe die pad gevat switserland toe. Dalk moet die beeld sy rus vind in switserland

Plutarch ·

Wonder of MM die kommentaar sal plaas.

Wanneer gaan ons ophou “skuif”? Tot alles wat vir ons kosbaar is in ‘n hoekie is en ons met ons rue teen die muur?

Jacobus. Met daai ou slapgat houding gaan jy wragtag niks bereik nie. Dit is van stilbly en ons koppe in gate druk soos ‘n wafferse karoo volstruis dat FW se “Wigte en Teen Wigte” nou so manifesteer en ons vertrap word deur die rassistiese massas. Dit gaan net erger word al doen jy boggerall met daai passiewe houding van jou. Wat gaan jy dan doen? As ons nie mekaar se gelowe, tradisies en kulture kan respekteer nie voorspel ek erge konsekwensies vir die land (en ek hoef geen Siener te wees om dit in te sien nie).

Aster ·

Ek’s verbaas hulle het nog nie die Voortrekker Monument afgebrand en afgebreek nie…

Peet J ·

zoom zoom. Die staatspresident Mnr. Paul Kruger het nie gevlug soos jy wil beweer nie, wat bedoel jy by “sy pond vleis gevat” Let wel Hy het as ‘n siek persoon hulp vir sy mense by Nederland en Frankryk gaan soek maar hulle was te slapgat om ons mense wat afstammelinge van hulle voorsade van beide lande is behulpsaam te wees. In elk geval dit gaan vandag nog presies dieselfde.

John ·

Pretoria se middestad is nou ‘n hartseer en gevaarlike plek. Lank gelede, dit voel soos eeue, was Oom Paul & Kie ‘n besienswaardigheid vir Afrikaanse kinders. Gee hom vir Orania. Die Jode rig geen standbeeld op nie nog minder in hul sinagoges, terwyl die Katolieke Kerk weer oorboord gaan met beelde van die sg heiliges en gebalsemde lyke. Beelde waaraan ‘heiligheid’ toegeken word is ‘n gruwel voor die Hemelvader. Ons moet ophou om geld te mors op hoogdrawende nonsens en dan moet dit ook weer beveilig word.

Anoniem ·

Ek het net een vraag wat kwalifiseer die “Broederbonders” van Orania om te sê dat Oom Paul juis daarheen verskuif moet word. ?

Die Boere het ook ‘n reg tot die eienaarskap van hulle helde en geskiedenis nie. Indien Oom Paul moet verskuif word dan eerder na die Voortrekker Monument toe, daar sal ‘n groter beskerming geniet en nog steeds deel vorm van die Boerevolk se geskiedenis.

sarie van heerden ·

Wat ‘n jammerte sal dit nie wees om oom Paul te skuif nie maar alhoewel ek ‘n Pretorianer in murg en been is voel ek ook dat die beeld maar verskuif word na Orania WANT ons kan in elk geval nie meer Plein toe gaan nie agv kriminele aktiwiteite. Buitendien het Malema nie lank gelede gese die Plein sal binnekort FREEDOM SQUARE genoem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.