Skuiwe by RSG: wie gesels nou waar

RSG

Weeksdae op RSG gaan voortaan heelwat anders daarna uitsien, nadat die radiostasie vandeesweek verskeie nuwe programskuiwe aangekondig het.

Amore Bekker skuif voortaan douvoordag agter die mikrofoon in vir Alhoebekker wat van nege tot twaalf soggens uitgesaai gaan word.

“Dit is ʼn reisprogram en ons reis na binne,” het Bekker oor die nuwe program gesê.

Haar “medereisigers” op die program is Antoinette Pienaar, Anneli Botes en Lizma van Zyl.

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder by RSG, het gesê daar is steeds ʼn hele paar ou gunstelinge op die program wat onveranderd bly. Blitsbrein, Joune, Hartebreker en die boekvoorlesings bly in dieselfde tydgleuf.

Driesestig (360 grade) met Johan Rademan en Martelize Brink word weeksdae van 12:00 tot 15:00 uitgesaai.

Kruger het gesê dit is luisteraars se raakpunt met die omgewing en wêreld om hulle.

Luisteraars kan in dié program hulle opinie lewer oor stories en daar word ʼn oog op Twitter gehou.

“Ons klop aan by kenners vir praktiese raad en om die vreemde dinge wat die lewe opdis, te verklaar,” het Kruger gesê.

Haidee Muller, Jacqui January en Mariska Spoormaker gaan kuier by huise, werke en organisasies en bring interessante mense se verhale na die Driesestig-gesprek.

Spektrum hou luisteraars steeds op hoogte van aktuele sake.

Die program Spitstyd is die nuwe tjailatyd. Dit word van 15:00 tot 18:00 uitgesaai.

“Willem Pelser gaan spitstye vir jou probeer makliker maak met baie musiek, sport, verkeersverslae, die weer en sakenuus.

“Dave Pepler sal steeds op sy pos wees om een keer ʼn week saam te gesels op Spitstyd,” het Kruger gesê.

Die nuwe programskedule begin Maandag.

RSG word op 100 tot 104 FM uitgesaai.

Kruger het gesê sy hoop luisteraars gaan die nuwe programme met ʼn oop gemoed binne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Jaco ·

Sjoe bestaan hulle nog. Gedog die ANC Afrikaanse radiostasie het lankal ophou uitsaai.

Kaaskop ·

Net soos Jaco wil ek ook alles van daai kaapse anc radio stasie mis, gelukkig kan ons hier in tswaneee Radio Pretoria en Groot FM luister!!

marina ·

Verlore sonder RSG! GEEN ander stasie op hul standaard!!
PTA FM net goed genoeg vir Sondae se kerk uitsending vir wanneer ek nie kerk toe kan gaan!

Gert van Wierdapark ·

Gelukkig oorleef Radio Sonder Geld nog. Die Nuwe tye lyk goed en funksioneel – geluk!

Marius ·

Skuus. Weet nie hoe het my boonste kommentaar hier beland nie

Marievan der Walt ·

Ek sien nie Marietta Kruger op die nuwe programskedule nie? Kan julle asseblief verduidelik.

Danien ·

Ag nee, wat het van Ian Wessels geword? Het hom baie geniet….

Annie ·

Mis ek vir Ian Wessels….? Hoekom is hy ni meer op julle program nie?

Elize ·

Behalwe vir die nuus wat blitsvinnig daar is, is daar wonderlike kommentare deur kenners oor die jongeste gebeure van geld tot godsdiens. Dan wonderlike mense-stories. Ook slimmense van psigiaters, politiekeverslaggewers, skrywers, digters, sportverslaggewers, geldsake-kenners, koskenners, die onderwys en so kan ek aangaan Jaco. Eat your heart out.. Goeie aanbieders boonop ook

Veronica ·

Sal graag wil weet hoekom dit nodig was om sulke veranderings te maak? En terwyl ek nou besig is: ek sal graag wil weet hoekom daar in die laaste tyd swart musiek gespeel word op RSG!?? Ek het nog nooit gehoor dat daar afrikaanse of boeremusiek gespeel word oor swart radiodstasies nie!? As ek na afrika musiek wou luister sou ek by so n stasie in geskakel het!!!!

Cybersakkie ·

Veronica, verduidelik asseblief vir my wat is swart musiek? Ek meen, musiek word gehoor, deur jou ore. Of ‘sien’ jy klanke?

Bekommerd ·

Ja Veronica…ek het presies dieselfde vraaf vir my gevra. Ek skakel maar af. Ongelukkig is ek in die weskaap en is rsg die enigste afrikaanse program. Maar wanneer ek teeug in Tvl is luister ek net Na Radio Pretoria (ou naam)? Dis my taal met my kultuur. Dankie daarvoor

Meneer ·

Ek stem 100% saam, Veronica. Cybersakkie, dis regtig nie moeilik om die verskil te hoor nie.

pieta ·

“Swart musiek”…is jy depresief, my skat. Daar is hulp vir hou swartgalligheid.

SjN ·

As n ouerige dame by my kantoor kom en sy het iets op RSG gehoor dan wil ek n ???? skiet, kan soms snert opdis,

Hannelie ·

SjN baie van die ou mensies is vreeslik eensaam. Radio is al wat sommiges het. Luister gerus na haar, so sal jy haar dag maak, en dalk iets nuuts leer. Ek is seker jou dag sal dan beter verloop omdat jy werklik na iemand kon luister.

Danie ·

Luister gelukkig lankal nie meer na “his masters voice” ANC propaganda stasie.

willem Botha ·

Rsg is nie sleg maar die program wat sê die wet met Igna Kleinschmit moet lankal al gestop gewees het.

Johan Swart ·

.
.
Die woord “Chemtrail” is RSG se Kryptonite.
.
.

Jannie van Niekerk ·

SjN: Ons ou fossiele geniet RSG. Verdra ons maar. Jy gaan ook ‘n ouerige dame /man word…Binnekort, vinniger as wat jy dink.

Petrus ·

Dit is naar op die oor soos wat die sentiment afdrup oor die eter.

Salamander ·

Jaco, lewe jy onder ń klip? Jy luister seker Jakaranda.

Carel ·

Die radio dra geen bydrae tot die wel en wee van die Afrikaner nie. Daar is verskeie programme wat interresant is, maar die uiteindelike boodskap oor belangrike sake soos wat vir Afrikaners is kry nie dekking nie, soos BEE se impak, die gemors in van die staat skolestelsel, nuus oor Afrikaners is daar is maar bitter in. Van die bespreking gaan meer oor ander bevolkingsgroepe as wat se identiteit Afrikaners het. Dit is soos die meisie of ou wat lyk of hulle in jou belangstel, maar eintlik niks van jou wil weet nie. Dit is met hulle eie tamboer wat geslaan word, waar jy eintlik nie genoem word nie. Dit is ‘n blink baadjie wat niks seggend is, en probeer jou onder die indruk wil bring dat alles nog goed gaan . Dit is soos die naam van die stasie’ Radio sonder grense’ of better ‘Radio Sonder Identiteit’. Dit Klink soos afrikaans, maar dit is nie

Dankie ·

So bly ek hoef nie na n sekere persoon te luister as ek 5nm van die werk af huistoe ry nie!!! Dankie daarvoor!!!

B ·

Jip, die betrokke persoon het m.i. ‘n agenda gehad wat in almal se kele afgedruk is, dus stem ek heelhartig saam, DANKIE TOG!

susan ·

SjN en Ystervark ek kry julle jammer met julle siniese uitkyk op die lewe.

Strandloper ·

Hul name se dit alles….het seeker ANC gestem ook….

susan ·

Dankie tog dat mens nie meer tussen 8 en 9 na die eensydige gesprekke hoef te luister nie. Sien uit na heerlike seisoen op RSG

John ·

… die mees patetiese spulletjie wat net Afrokaanse hip-hop-skiet-en-skop… Waaaaars i i sss j e è jhy hy hy y y… all the way deur nie Afrikaners…. dis nou die 200 omroepers wat gelyk Afrikaners die emmer wil laat skop van verveling. Die antie wat nou al vir 25 jaar op die stasie sit en haar vriendinne wat al al die uiesop opgekook het, kan maar gaan. Die spul is so bang vir klassieke en Europese musiek dat kinders eers moet gaan slaap voor die gevaarlike ouderwetse note na 8 en verkieslik 9 saans mag opklink en dan aangebied deur sportkommentators, duidelik voorheen onderwysers wat moes skree sonder megafone. Vandag le Johan vergete… maar ons onthou, Agteruitgang sonder weerga….

Elize ·

Gelukkig speel hulle geen duitse Mars musiek nie en noem hulle nie provinsies nog Oos Transvaal of Noord Transvaal nie. Dit sal my weer ‘n iets laat skiet..

Inge ·

Elize, ek neem aan jy luister net hip hop ens en geen Afrikaanse musiek nie. Ek wil net uitwys, baie van die liedjies kom van ”Duitse” musiek af sowel as van die beste klassieke musiek. Ek stel voor jy luister bietjie FM Pretoria op ‘n Sondag om mooi musiek te hoor, alles sonder politiek.

Danien ·

Julle kla verniet, hulle speel lekker musiek, goeie insette en moenie sê die verkeer “updates” het julle nog nie gehelp nie. RSG is top! Geniet vir Amore, Marietta en Ian. Hoop RSG is hier om nog lank gehoor te word….luister elke dag op my laptop vanuit USA!

Sue ·

Verbaas my dat Annelie Botes nog in hierdie land is – het mos geen goeie woord vir Suid-Afrika nie. London waar haar kinders is, is mos dié plek! Dan nog wil praatjies maak op ‘n RSG program? Kon dalk nie ‘n werkie kry in wonderlike Brittanje.

Valerie ·

“Ons reis na binne.” Steeds New Age nonsens; Bekker was nog altyd een en die Pienaar kruie”dokter.” Ek is jare gelede al afgeraai om nie na RSG te luitser om my Afrikaans te verbeter nie Hulle spreek baie woorde so snaaks uit dat ek lag.

Elsa ·

En Dave Pepler met sy ewige anglisismis. Laat die man n woordeboek koop.

Anneleen ·

Raak om Hemelsnaam tog net ontslae van Amore Bekker!!! Die vroumens is soms so deurmekaar en ander tye doof en aansitterig wanneer sy probeer Engels praat. Selfs op tv is sy nie ‘n sukses nie.

Salamander ·

Jaco, lewe jy onder ń klip? Jy luister seker Jakaranda.

Swartwolf ·

Stem. Nie die arrogansie van sekere gekleurde aanbieders nie.

Rinkhals ·

En is ou Lynette Francis nog in die oggende met “praat saam”? Behoed ons – klink nie of al die tanne lekker in die mond pas nie……

Marius ·

Ek en ons sekretaresse het ‘n spottery aan by die werk: As ons laat is vir werk, moet ons vir ons straf na Lynette Francis luister.

pieta ·

Hoekom raak jy persoonlik, pas dalk by jou karakter. Kat woes.

Boy van die Suburbs ·

Dankie tog Johann, Martelize, Willem, Marihetta en Ian is op, as ek my radio aansit!! Hulle is klas omroepers met smaakvolle aanbieding, taalgebruik en ‘n goeie en skerp sin vir humor!

Nico ·

RSG is net soos ANC. Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Ek is so siek vir Sue, Amoré en Martilize. Al ewig wil hulle op jou afdwing gaan kyk dit. Gaan kyk dat. Maak so of so. Verder maak Joey se gesanik my net so siek.Ek was bly toe ek hoor die paar van middag op RSG is uit toe moes ek hoor Sue gaan ons veder pynig met nuus lees. Vir ‘n bankrot maatskappy gaan dit lekker by SABC. Oormaat van aanbieders op ‘n program waar net een dit kon doen. Die dag toe Nicky Van Den Berg die SABC verlaat het, het hulle aanbieding begin plat val. Alewig engelse kenners wat weier om afrikaan te praat. Bv. met krieket bly Willem daardie ANC lakei kry terwyl ons vele afrikaanse kenners het. So gaan dit ook in monitor en spektrum. Wanneer skuif die snobgatte se “u eie keuse” na ‘n laat aand of na Sondagmiddag soos dit lank terug was. Dan is daar die oormaat bach se gelag musiek in die aande. Kan Nicky nie maar RSG se bestuurder word nie want die dame wat daar is promoveer net die ANC soos ‘n paar menigs reeds uitgewys het. Nee-wat RSG daar het omtrent niks verander nie.

Hennie Prinsloo ·

Die spreekwoordelike opmerking: “Waar val jy uit” is bittervan toepassing op jou. Mnr Nicky was seker die mees arrogante en vervelige euwel wat ooit deel van RSG was (het eendag geskaterlag toe iemand sy gebrekkige rugby kommentaar met die van ń legende soos Gerhard Viviers, wou poog om te vergelyk.
Het op ń stadium summier my radio frekwensie aangepas as ek na Nicky moes luister (net soos wat ek die straf ook nie kon verduur om na ń ene Fanie de Villiers se krieket kommentaar moes luister nie). Die huidige omroepers wat tans op RSG agter die mikrofoon sit, is voorwaar in ń meer aanvaarbare klas (selfs ten koste van die inherente vrees dat hulle huisverband mag agterstallig raak, as gevolg van die nie- betaal van hulle begrote salaris nie).
Kom ons ondersteun die gesels van hulle wat nog in ons moedertaal (en klink digterlik “so soet”) met ons PRAAT.
(Terloops, ene Nickey het gepoog om sy omroeperstatus te veruil vir ń beplande suksesvolle loopbaan in die politiek. Ek kyk met verwagting uit waar hy polities ń verskil gaan maak.

pieta ·

oo vet. Praat jy van die arrogante Niekie “sit jou draadloos” af? Bloednuus in die politiek gekry. ou grapgat.

JohanR ·

Luister niemand meer na 5FM. Hy speel soe lekker boef boef, boom boom boef boef musiek, op ‘n twee snaar guitar, met net twee korde. Op af, op af gaan die rap, hip hop en R&B. Gee my liewer 60s/70s/80s rock, of ‘n lekker boere orkes wegval liedjie! Het RSG na ANCSG verander, toe daai mal rooi oog haas Haludi Motsoneng, in bevel was by die SAUK? Snaaks die boycott van Steve Hofmeyr, maar net sewe dae nadat ‘n nuwe CD van hom uitkom, sit dit boaan die treffers parade en rol die geld seker vir hom in. Koop al die boycotters dan sy CD’s??

Neels ·

Radio Sonder Ganer kan die die oggend ptogram se naam vetander na na ; Kom luister ek lief myself aangebied deur Amore Bekker

Sjoe ·

Ek kan die aanvallende kommentare nie glo nie! Genade, maar onse mense is kwaai!

Daan Erasmus ·

Die mense wat so niks van RSG hou nie is besonder goed ingelig wat daar gebeur.

Michelle ·

Ek luister elke oggend oppad werk toe en elke aand terug huistoe na RSG. Dit maak my pad vir my korter wanneer ek na al die interessante gesprekke luister.

Strandloper ·

Stem saam gaan Amore mis in die middag..
“Lekkerbekker.”…

Afrikaans ·

Dis reg om ‘n wye verskeidenheid menings en opvattings te hê oor dinge in hierdie wêreld, veral dit wat vir ons belangrik is! Lees ek die kommentaar, dan bewys dit net dat ons as Afrikaners kan saamstem, saamstap en saam staan. Maar wat my trots maak is dat ons mekaar met positiewe kommentaar kan opbou!

Verstaan nie ·

Ek voel weer presies die teenoorgestelde as ek die kommentaar lees.

Liewe hemel ·

Sommer net my klip in die bos… Ek geniet MM se artikels baie en dink dis meestel professioneel en objektief. MAAR die kommentaar op meeste artikels is verskriklik negatief en sommer lelik. Verander ‘n radiostasie sy tye, kla almal en sê die stasie sleg! Word ‘n moordenaar lewenslank tronkstraf opgelê kla almal daaroor. Word hy nie gevang nie kla almal ook. Almal klae net heeltyd! Ek weet nie wie al die mense is wat so kommentaar lewer nie, maar julle mis ‘n wonderlike lewe en LAND! Ons land het van die wonderlikste mense, swart en wit, en dis wat my hier hou. Gun die wat gelukkig is hul geluk. Jy kan baie met jou kop doen. Vreemd hoe een huis se mense in ‘n ‘helhool’ van ‘n land kan bly en hul bure, in dieselfde omstandighede, dol gelukkig is en hul land geniet!

Marius ·

Ag as hulle tog net ASSEBLIEF van Anita du Plessis en haar eensydige CNN opinies kan ontslae raak.

Mimi ·

Aanvullend…….Derrick is ook n ware STER aanbieder! Ook positiewe energie, fantastiese kennis van musiek, emosioneel intelligent en net lekker vriendelik ! Dankie vir al jou harde werk Derrick. Jackie se stem en aanbiedings is so vriendelik en opbouend. As ek hoor sy praat voel dit of iemand iewers n lig aangesit het. Dankie vir almal! Julle bring vir ons Afrikaans……as jy na SAFM luister, sal jy besef daar is niks van die Engelse kultuur OOR op daardie program nie ! ! Dankie dat ons darem ons taal en gebruike nog kan deel.

Ruiter in Swart ·

@ Blondie. Doen dieselfde met Pierre van Heidelberg ook.

Deon Meyer ·

Lyk my RSG het van feitlik alle manlike omroepers onstlae geraak.

Jaco ·

Salamander glad nie ek luister net nie na die ANC propoganda stasie nie. RSG is vir radio wat Huisgenoot vir tydskrifte en Jerry Springer vir TV is, moenie glo wat jy hoor, lees of sien nie

Phil ·

Geoukkig luister ek nie meer RSG nie, hoekom? Sekere mense op die stasie is so vol van hulself, hulle loop oor van hulself en wil al hul menings in n mens se keel af forseer. Ek kom ook agter wie luister na RSG want die luisteraars raak dieselfde en dink NET hulle is altyd reg en die wat nie saamstem nie is altyd verkeerd…..

Kobus ·

My kinders noem dit Radio Sonder Genade, want dit is al wat hulle hoor as hulle saam met my ry. Die omroepers praat opstel-Afrikaans en daar is baie inligting waaraan (my) kinders nie anderdins blootgestel word nie.

At Dippenaar ·

Kobus ek kon dit nie beter gestel het nie. Hou van jou kinders se humorsin. Radio sonder genade. Pittige uitdrukking!

Eddy ·

RSG is vir intilligente mense.As jy wil kopseer musiek hoor,gaan na 5FM. My gunsteling is Johan Rademan.Hy het n goeie algemene kennis,mooi taalgebruik en skerp humorsin.LynetteFrancis is ook nie te sleg nie.Sy moet net die kenners/paneel uitskakel sodat net luisteraars moet inbel.Ek wil nie na Piet luister nie,ek wil gewone mense se menings luister.Ek is 24/7 op RSG. Dis net waneer klassiek,Opera speel,Dan luister ek nie,dis seker te verstane.Iemand het genoem van RSG se gekleurde aanbieders wat arrogant is.Noem name! n Persoon wat ek nou al jare mis is Niekie vdBerg.”Sê wie,goeie middag.Sit net jou draadloos af”… Iemand het gekla oor Sue Payler,Ag nee sy is dan so n dierbare meisiekind .eintlik almal van hulle,Esti,Crystelle en Renske ook.Ek waardeer RSG.dankie

At Dippenaar ·

RSG bly nog steeds “Dis die Een”. Sien uit na die programskuiwings. A change is as good as a holiday. Hoop net ‘Dis Opera’, ‘Sterre en Planete’ en veral ‘Die Een of Daai Een’ behou hul tydgleuwe.

Mimi ·

Net soos by n Restaurant, hou n mens NIE van als op die menu nie! Dan sit n mens net af as iets jou nie geval nie. Marietta is n fantastiese nuusleser (klem, uitspraak, pousering). Ook haar aanbieding van Sat dag se aktuele program is puik! Willem is n sprankelende persoon, sy + sy span se middag program sal puik wees! RENSKE is n juweel, positiewe energie en baie HARDE WERKER. Verder is daar baie goeie aanbieders Ettienne is baie diplomaties en vriendelik!!, Johan en Martelize positiewe energie, Chrystelle doen ook goed, Estie doen goed…. Isak is n fantastiese aanbieder maar hyt sy egtheid geknou deur sy uitvaar in die media teenoor kollegas. O en Ian se stem.oor naweeks-aande is soos heuning !! Net so is Antoinette Pienaar se stem vir my soos balsem in n dorre land! Dankie Magdaleen en jou hele span!

Elize ·

Ek is so uit my hart dankbaar dat ek nie na die wat so kerm, hoef te luister nie. Dit moet verdrietig en sleg op die oor klink. Boonop is hulle so ingelig! Ek sou kon sweer hulle luister verslawend. Inge ek hardloop na die radio om dit af te sit as dit klink of dit dalk Soos PETOORIA Of Goortoria se fm is. Herken dit gewoonlik aan die duitse marsmusiek en terloops, ek luister nie hip hop nie

Terloops ·

Ek het opgehou om na RSG te luister na ek nie meer die swak engels van SA politici op die Afrikaanse nuusprogramme kon hanteer nie.

Deon ·

Daar is ‘n omroeper wat alewig hoes of iets kou as sy nuus lees! Dit gee my ‘n pyn.
Iemand daar uit die moederstad is weer slim verby en lewer altyd die belaglikste insetsels.
Dan is daar ook gewoonlik iemand vroeg oggend gewees wat nie vd waarheid hou nie. Sodra mense hulle opinie lug dan word die oproep gesny!
Ek luister ook soms na Engelse stasies wat deel is van SABC en as ek daar luister na wat die inbellers kwytraak sonder om afgesny te raak dan wil ek slange vang omrede ons wat Afrikaans praat nie ons sê kan sê nie!
Ek dink dit is tyd dat koppe rol van die boonste persone wat destyds te papbroekig was om die 7 dapper joernsliste te ondersteun het!
My hart bloei nou nog vir Suna Venter & kie!

Roelof ·

Is daar dan regtig nog mense wat op RSG inskakel ? Gebruik seker nog tjekboeke ook .

Kobus ·

Roelof, as jy pyn will ervaar luister Jacaranda se spitstydprogram. Ek weet nie wie die ergste is nie, Riaan of die spanlid wat in die agtergrond vir sy grappies lag. Soos iemand hierbo opgemerk het, mens hoef nie van alles op ń spyskaart te hou nie.

Elmarie ·

Ek is so bly ons almal het ‘n keuse waarna ons wil luister. My oorfone is heeldag in my ore by die werk terwyl ek na RSG luister. Ek geniet die programme. Ons is ‘n paar by die werk wat daarna luister en geniet dit om die boekvoorlesing en middag vervolgverhaal te bespreek.

Pieter, Weskaap. ·

Ek vereenselwig my met die kommentaar van Mimi en Eddy hierbo asook die ander positiewe, opbouende opmerkings. En ek kry lag vir sommige van die wysneusige kritisi wat nie in hul moedertaal kan spel nie! Nietemin, ek haal my hoed af vir almal by RSG, veral die aanbieders, maar ook die ander personeel wat mens nie oor die lug hoor nie: Amanda, Anita en Amoré tot Wessel, die Willems en Wouter, wat, t.s.v. die finansiële bankkrotskap van die SAUK en wat dit vir hulle moontlik inhou, nogtans geesdriftig, toegewyd en positief hul werk doen. Ons, die luisteraars, besef nie wat hierdie mense deurgemaak het tydens die bewind van Hlaudi Motsaneng en Kie nie. Wyle Suna Venter was geteiken en het uiteindelik gesterf omdat die spanning vir haar te veel was.
Dus sê ek vir RSG: Baie dankie vir programme van hoë gehalte en baie sterkte vir die nuwe bedeling!

Bach ·

Ek is beslis nie oudmodies en geniet die meeste programme, veral Lynette F s’n en kommentaar Sondagaande. Wens dit kan langer wees. Daar is musiekprogramme vir almal se smaak. Julle kan bly wees ons kan nog Afr hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.