Skukuza Safari-lodge tydelik gesluit

Die binneruim van die Skukuza Safari-lodge. (Foto: Verskaf)

Die Skukuza Safari-lodge in die Krugerwildtuin sal van Januarie tydelik gesluit wees vir opknappings.

Dié stap is deel van SANParke se kommersialiseringstrategie, wat daarop gemik is om kampe op te knap en toeriste se ervaring van parke as natuurbestemmings te bevorder. Die kampe moet ook meer diverse opsies aan toeriste kan bied wat geriewe betref.

Volgens SANParke word hierdie opknappings in samewerking met die privaatsektor aangepak.

“SANParke het ʼn openbare tenderproses onderneem en ʼn private operateur aangestel om die lodge vir ʼn tydperk van tien jaar te bestuur.” Die betrokke operateur is ʼn gesamentlike onderneming deur Tourvest Holdings en Karibu Leisure Resorts.

Die lodge, wat slaapplek bied vir 256 mense, sal weer in Februarie volgende jaar sy deure open en sal gedeeltelik deur SANParke en die gesamentlike onderneming bestuur, bedryf en onderhou word. Volgens SANParke word die inkomste wat gegenereer word uit sy vennootskappe met die privaatsektor, vir bewaringsdoeleindes en die algemene volhoubaarheid van sy parke aangewend.

SANParke het in November aangekondig hy sal ʼn bykomende R700 miljoen bestee aan opgraderings in sy nasionale parke.

“Met verskeie infrastruktuur-opgraderings aan die gang word ʼn beroep gedoen op besoekers om geduldig te wees met moontlike vertragings of beperkte toegang, aangesien sommige fasiliteite opknappings ondergaan. Fasiliteite wat geraak sal word, sluit in toeriste-eenhede, hoofgeboue in ruskampe en paaie in verskeie nasionale parke in sewe provinsies,” het Hapiloe Sello, uitvoerende hoof van SANParke, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kuver ·

Daai plek is nie ouer as 4 of 5 jaar oud nie, en nou moet daar opknappings gedoen word, dit se vir my daar nie goeie werk in die eerste plek gedoen is nie, ek sal in elk geval nie in daai plek bly nie, om die waarheid te se sal ek nie weer in Skukuza bly nie, daar is nie meet die gevoel dat jy in die natuur is nie, lawaai van die werks kwartiere en daai nuwe trein is net n oogseer

Danie ·

En so word geld spandeer op grand plekke terwyl die werklike trekpleisters afgemaai word deur stropers.

Connie ·

Die Lodge is in 2018 voltooi, hoekom spandeer SANParke die reusagtige bedrag geld op ‘n Lodge wat nog so nuut is? Die Verblyf by Alle kampe het broodnodige opknappings nodig, so ook die Uitkyk punte en Piekniek Plekke. Dit gaan my verstand te bowe!

Niklaas ·

As daardie bedrag van R 700 miljoen al beskikbaar gestel is vir die opgraderings proses , sal ek darem graag wil hoor hoeveel is daar nog oor daarvan ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.