Skukuza-stropers gevonnis

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die Malamulele-streekhof het twee mans van Mosambiek, Enock Sibanda (31) en Eckson Shirinda (28) tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir olifantstropery en verwante misdade.

“Alhoewel Sibanda en Shirinda skuld ontken het, is hulle skuldig bevind op aanklag van betreding in Skukuza in die Krugerwildtuin, oortreding van die Wet op Immigrasie, die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie, onwettige jag en dat hulle ʼn olifant doodgemaak het,” het Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Die twee mans is op 14 November 2018 deur wildbewaarders in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Norman Makhubele, staatsaanklaer, het in sy betoog vir ʼn gepaste vonnis die hof in kennis gestel van die impak van stropery op die omgewing. Hy het gesê stropery verminder sekere spesies diere en dit lei daartoe dat bedreigde diere heeltemal uitsterf.

Die beskuldigde persone is saam gevonnis vir dié aanklagte omdat hulle saamgewerk het.

Die NVG verwelkom die vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johann ·

As hulle maar die volle 8 jaar sit sal dit darem ‘n troos wees

David ·

Gans te lig vonnisse. Hulle behoort lewenslank vir elke tand te kry wat na mekaar loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.