Skuld van meer as R500 m in Tshwane ingevorder

Die Tshwane-metroraad het danksy die veldtog reeds meer as R500 miljoen ingevorder. (Foto: Tshwane-metroraad)

Die Tshwane-metroraad het skuld van meer as R500 miljoen ingevorder sedert hy twee weke gelede met ʼn grootskaalse projek begin het om wanbetalers voor stok te kry. Die #TshwaneYaTima-invorderingsveldtog is van stapel gestuur om die meer as R17 miljard wat die stad geskuld word, te verhaal.

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê altesame 1 061 rekeninghouers se dienste is afgesny. Dit sluit in 533 rekeninge van staatsdepartemente en 528 sakerekeninge.

Altesame 335 kliënte wie se rekeninge agterstallig was, het intussen ook betalings gedoen.

“Die veldtog was ʼn stap in die regte rigting om die kultuur van wanbetaling reg te stel. Dit het ernstige gevolge vir ʼn munisipaliteit se vermoë om dienste aan sy gemeenskappe te lewer,” sê Williams.

Die veldtog duur voort en die metroraad het nou ook begin om die dienste van agterstallige rekeninghouers in woonbuurte af te sny.

“Ek doen ʼn beroep op alle gebruikers van die stad se dienste om nie hul rekeninge te ignoreer nie, maar eerder na vore te kom en reëlings te tref,” sê Williams.

Die burgemeester het mense bedank wat hul samewerking aan die veldtog gegee het en sê dit is belangrik dat ʼn kultuur van betaling vir dienste wat gelewer is, gevestig word.

Die stad se kliëntedienssentrums bly oop om inwoners met navrae te help, of om betalingsreëlings te tref. Die bied ook aanlyn konsultasiesessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Perdeby ·

Hulle het by die groot visse begin……. besighede en staatsinstansies wat miljoene skuld, hulle sny elke maand die gewone huishoudings se krag af, ongeaf wit of swart, daar werk baie swartes saam met my wat in swart gebiede woon wat se krag afgesny word. maar onthou net die meeste mense het nou al pre paid veral die townships. Sou hulle begin het in Mamelodi en ander townships sou hulle nog nie eers R500 duisend ingevoerder het nie. Die besighede en staatsdiens het nie gedink hulle krag sou ooit afgesny word nie, daarom was hulle rekeninge so atronomies hoog gegwees.

Wat op dees Aarde ·

Ag vader, altyd moet dit in ‘n rassekwessie ontaard. Minstens 70% van al die informele nedersettings in Pretoria het voorafbetaalde meters. Ek is bly hulle het by besighede en staatskantore begin. Die ANC dink mos hulle kan wegkom met alles.

Perdeby ·

Stem saam met jou , want soos ek reeds genoem het meeste van die mense het pre paid meters en glo my die wat nie het nie, se krag word wel gesny net soos enige ander huishouding in SA.

Jack Russ1 ·

So omdat Mamelodi nie betaal nie, hoef die ander ook nie te betaal nie. Omdat iemand iets gedoen het maak dit nie reg as iemand anders dieselfde doen nie.

Doen hulle niks, kla die mense, doen hulle iets, kla die mense

Hulle het niks verkeerd gedoen deur die wanbetalers se krag te sny nie

Nie Verbaas ·

Korrek, sal net sagte teikens aanvat so DA ook maar ruggraatloos. Paaie in woongebiede vol slaggate en herstel daarvan pateties.

Perdeby ·

Nou gaan sny die twonships se krag af wat in elk geval almal omtrent pre paid het. Hulle krag word wel gesny in die townships, want daar werk ‘n paar saam met my wat se krag gereeld afgesny word.

Anoniem ·

Maklike teiken as jy ‘n adres en rekening nommer het, wat van al die onwettige kragverbindings? Kry die nuttelose weermag om julle te begelei en sny die onwettige netwerke ook af.

Perdeby ·

Maar die groot besighede en staatsinstansie kan maar miljoene skuld en hulle krag rek kan maar ophoop. 90% van die townships in SA het pre paid meters, so hoeveel geld dink jy sou hulle daar ingevorder het, en dit sluit gewone woonbuurtes in., so kom ons los die rassistiese opmerking maar. of jy ‘n pre paid meter of gewone krag het jy het ‘n adres, en al die inwoners se krag word gesny ongeag of jy in’n township of gewone buurt woon, glo my hulle word afgesny.

Tipper ·

Nou ja die geld word nou stadig aan ingevorder, sal die geld darem nou vir die regte doel aangewend word.

Misky ·

Goed so!!!! Nou al die onwettige verbindings en ek sal sommer help en my diens gratis aanbied.

PieterJ ·

R500miljoen / R17miljard = 2.9% ingevorder, of het ek dit mis?
Nogals heel pateties!!!

Pierre ·

R500miljoen in 2weke Pieter, wonderwerke gebeur nie oornag nie

PieterJ ·

Ek kan jou waarborg daar geen geen wonderwerk wees nie, en ek twyfel BAIE sterk of meer as 10% van die total skuld ooit ingevorder gaan word. Dis net om ons belastingbetalers te paai. Gratis elektrisiteit was mos ‘n verkiesingsbelofte.

Perdeby ·

Die groot instasies kon nie die volle uitstaande rekeninge betaal nie, maar het wel ‘n gedeelte daarvan betaal. Wanneer jou rek agter is en jy gaan tref reelings by die W&L kantoor betaal jy ook net ‘n gedeelte van die agterstalling bedrag, so +- 85% as ek dit so verstaan, en dit is in 2 weke, sou dit die ANC gewees het was dit nie eers .01% gewees het nie, en sou die geld ook nie oorbetaal geword het aan Eskom nie.

Olga ·

En ons krag was effens vooruit betaal, en ook gesny want met die nuwe vereiste slaagsyfer van 30%, ken party mense nie die verskil tussen ‘n debiet en ‘n krediet nie. Ek was briesend want moes jaag met my bewyse van betaling om by hulle kantore uit te kom binne ‘n halfuur voor hulle toe maak. Maar Mamelodi se krag en al die onwettige kragverbindings by Plastic View in Mooikloof (wat veroorsaak dat wettige betalende inwoners twee weke sonder krag is, bly aan!!!

Perdeby ·

Hallooooo die meeste +- 95% van Mamelodi het pre paid!!!!!!! Wat moet hulle afsny.

Marius ·

Nou wonder ek wanneer die horde informele nedersettings om Pretoria se enorme uitstaande skuld ingevorder gaan word.

Di ·

Nee hulle sal nie daar krag gaan sny nie – Die gepeupel beskerm mos mekaar en rand die mense aan en brand hulle voertuie

Aai ·

R500 000 000 waar gaan julle die ander miljarde kry dit is weg en niemand kan dit gaan haal in die townships.Julle teiken net die wat julle kantore nie met klippe gaan gooi.

Trinity ·

Dan is daar gebiede in Pretoria of Tshwane wat ten minste 1 keer per week vir 12 ure+ sonder krag sit, want daar is ‘n “ring-fout”. Rapporteer mens dit, is jy gelukkig as jy ‘n nuwe verwyings nr kry. Tot die terugvoer van die “Counsellors” af is al standaard!

Perdeby ·

Nou wat het dit met die invordering van slegte skuld te doen???? Jou voertuig se wiel is pap nou blameer jy die handelaar, omdat jy deur ‘n spyker gery het.

Anel ·

Nou winder ek of diendlewering gaan verbeter of gaan die spul nou weer staak vir verhogings?

chantelle ·

verhogings is nog glad nie betaal nie… so ja volle reg om toys te gooi… alles is duurder en salaris bly dieselfde…

Marius ·

Fantasties , beteken dit nou dat krag pryse gaan afkom?
Net so stukkie humor vir die dag.

Jaco ·

Dis baie rassisties van “die rassistiese DA” om dit te doen. Nie-betaling is mos maar die heersende kultuur in SA.

Antoinette ·

Ek wonder wanneer gaan dit oorspoel na kleiner dorpe toe.
Hoop my eienaar, by wie ek huur, is opdatum want my huur is opdatum.

Casper ·

Wat het nou skielik van ambassades en konsulate geword wat ook op die eerste lys genoem was.Ja daar,word nie melding gemaak van hoeveel skuld in die woongebiede gevorder is nie of is daar nie opgetree nie.Our people darem.

melaney ·

Op ‘n effense ligter noot ….paar jaar gelede kom een van my kollegas met krododil trane by die werk aan. Sy moes dringend R18000 in die hande kry want haar “ouma is oorlede”. Die ware rede hoor ons toe later…..hulle het haar krag afgesny.

Christo ·

Altesaam 4 ure en 38 minute op die foon en niemand antwoord nie. 9 emails en niemand antwoord nie.
En City of Tshwane noem dit dienslewering???Of dink hulle sodra die vullis weggery is, is die diens gelewer???

SlinkseKoljander ·

Tekein die belasting betalers en los hulle eie mense uit, dit gaan te lekker onder ons ANC regering

Jack ·

Nee wat voordat hulle nie Mamelodi,Soweto ens uithaal nie beteken hierdie oefening nie veel nie.Doen eers dit voor ons enigsins julle sal erenstig opneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.