Die balju het die afgelope week op munisipale voertuie ter waarde van R41 miljoen van die Matjhabeng-munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom) weens uitstaande skuld aan diensverskaffers beslag gelê.
Dié 24 diensleweringsvoertuie sluit onder meer vulliskompakteerders, bakkies en laaigrawe in.
Manie Pretorius, VF Plus-raadslid by die Matjhabeng-munisipaliteit, sê dit is net nog ʼn spyker in die doodskis wat dienslewering by Matjhabeng betref.
“Die burgemeester, David Kalipha, blameer die uitbuiting van diensverskaffers en buitensporige pryse vir die hoë uitstaande skuld aan krediteure.
“Hy het egter nagelaat om te noem dat dit onder sy en die ANC se beheer plaasgevind het,” sê Pretorius.
Hy meen die ware toets sal dus wees of daar teen die skuldiges opgetree word indien hooggeplaaste ANC-politici en amptenare onder verdenking is.
“Kalipha het verder ook erken dat die munisipaliteit ʼn ernstige kontantvloeiprobleem weens die swak invordering van munisipale diensterekeninge het.
“Dié gemiddelde invorderingskoers van 60% is eenvoudig nie voldoende om die kontantvloei te verbeter nie,” sê hy.
“Die ANC se beleid van kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie veroorsaak reeds vir jare dat Matjhabeng ʼn teelaarde vir korrupte aktiwiteite geword het.
“Dit sal slegs verander as daar van die ANC ontslae geraak word.”
Miskien moet die wiele heeltemal afkom en die mense swaarkry voor hulle besef om reg te stem is die beste en enigste manier.
Tipies ANC. Neuk dorp na stad na provinsie op en blameer als en almal behalwe hulself.
Blameer Jan van Riebeeck en Apartheid……..
Mooi man !
Al woord in hul woordeskat is verskonings, verskonings!!!!!
Hoop diet sluit die luukse ampsmotors in?
As dit nie so tragies was nie, kon mens dalk nog daaroor lag. Maar hy wat beskuldig, asook sy kaders het miljoene in hulle sakke gesteek. Waarom vorder hulle nie die skuld in nie.
Die anc moet eintlik maar weer verban word en die hele lot wat betrokke is by kriminele dade moet aangekla word van misdade teen die nasie
Nooit die burgermeester se skuld nie. Altyd iemand anders om te blameer.