Skuldfinansieringsmodel vir landboubedryf

Argieffoto: led.co.za

Standard Bank het Maandag aangekondig dat hulle ʼn nuwe R1,8 miljard-skuldfinansieringsmodel gaan skep vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Standard Bank sal in vennootskap tree met Transvaalse Wattel Koöperasie (TWK) en die Land Bank. Die 77 jaar oue onderneming, TWK, verskaf ʼn wye reeks produkte en dienste insluitend hout, graan, handel-en-meganisering, finansiële dienste, voertuie en bande.

Die transaksie is ʼn eerste in landboufinansiering kragtens die samewerking in ʼn gesindikeerde lening aan TWK tussen Standard Bank, as ʼn handels- finansiële diensteverskaffer en Land Bank as ʼn staatsfinansierder. Standard Bank en TWK sal saam werk om die koöperasie se balansstaat te herstruktureer sodat die bank sy finansiële insig kan toepas uit die korporatiewe bedryf in landbou se bedryfsomgewing.

Nico Groenewald, hoof van landbousake by Standard Bank, het gesê die nuwe struktuur is in lyn met TWK se groeistrategieë en sal die maatskappy se balansstaat versterk. Hy het gesê dis die perfekte balans tussen die optimale finansieringsmeganisme en finansieringsprodukte.

“Alle krediet aan die visioenêre benadering wat die TWK se raad geneem het om te besef dat hulle die onderneming anders sal moet struktureer om te kapitaliseer op die groei wat die maatskappy reeds beleef het, en om ons te nader vir insette,” het Groenewald gesê. “TWK was bereid om sy finansiële model te verander wat dit vir ons moontlik gemaak het om saam met die Land Bank te werk en ʼn optimale skuldfinansieringsmodel te struktureer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

So ‘n bank wat volgens die ANC wit monopoliekapitaal verteenwoordig, gaan nou wit boere, wat volgens die ANC die grond gesteel het, help met skulddelging. Dis mos nou ‘n “recipe for disaster”. Die ANC gaan nie stilbly hieroor nie. 1 Ou SA vlag by Swart Maandag betoging en alle hel het vanaf ANC-kant losgebreek. Presies dieselfde gaan nou gebeur. Staat gaan dít eenvoudig keer en sê daars te veel skuld op die grond. Dit moet onteien word en geen bank mag inmeng nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.