Skuldigbevinding, vonnis ná 63-jarige vrou se moord in Graaff-Reinet

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

Morne Williams (34) van Santaville in Graaff-Reinet is in ʼn hooggeregshofsitting skuldig bevind vir die verkragting van die 63-jarige Julia Lucas.

Williams is skuldig bevind op aanklag van huisbraak met die doel om te verkrag, verkragting en moord op Lucas.

Kapt. Bradley Rawlinson, woordvoerder van die polisie, sê Lucas se liggaam is op Sondag, 3 November 2019, omstreeks 05:27 in ʼn erf in Santaville gevind. ʼn Kombers is oor haar gegooi.

“ʼn Voorlopige ondersoek het gewys sy is verwurg. Die onderste deel van haar lyf was naak. Die deur van die kombuis is oopgedwing en daar was ontlasting en bloed in die huis,” het Rawlinson gesê. “Dit was duidelik dat daar ʼn struweling in die huis plaasgevind het.”

Speurder-ao Leon Weitz het dadelik met die ondersoek begin en bewyse op die toneel ingesamel. Tydens die ondersoek is verdere bewyse ingesamel.

“Ná ʼn deeglike ondersoek is die 34-jarige Morne Williams van Circledrive later die dag in hegtenis geneem. Hy het op 4 November 2019 vir die eerste keer in die landdroshof in Graaff-Reinet verskyn.”

Die hofsaak is op 22 September 2021 afgesluit en Williams is skuldig bevind op die drie aanklagte teen hom.

Hy is Donderdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te verkrag; hy is twee lewenslange vonnisse opgelê op aanklag van verkragting en ʼn lewenslange vonnis op die aanklag van moord.

Hy was in aanhouding sedert sy inhegtenisneming.

Graaff-Reinet se bevelvoerder, kol. Mpanza, het ao Leon Weitz geloof vir die deeglike ondersoek en skuldigbevinding wat hy verseker het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Hy moet nooit weer vrygelaat word. Hy is ń gevaar vir homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.