Skuldlas kniehalter Gauteng-staatshospitale

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse departement van gesondheid gaan gebuk onder ʼn skuldlas van R1,5 miljard wat die departement se vermoë om kwaliteit gesondheidsdienste te bied in die wiele ry.

David Makhura, Gautengse premier, het Dinsdag in antwoord op vrae in die provinsiale wetgewer bekendgemaak dat geld wat aan die gesondheidsdepartement geskuld word ʼn astronomiese bedrag van R1,5 miljard beloop. Dit sluit agterstallige betalings van nasionale departemente, provinsiale gesondheidsdepartemente en staatsinstellings soos die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste, die ongevallekommissaris en die Padongelukkefonds in.

Makhura het beklemtoon dat sewe hospitale in Gauteng tersiêre dienste hanteer. Hierdie hospitale voorsien op hierdie wyse ook ondersteuning aan provinsies soos Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat. Boonop gebruik nasionale regeringsdepartemente en staatsinstellings ook Gauteng se openbare gesondheidfasiliteite en kom mense van die hele gebied suid van die Sahara om behandeling in Gauteng se staatshospitale te kry.

Phumla Sekhonyane, Makhura se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die premier het in reaksie hierop ʼn geskilbeslegting- en skuldbestuurkomitee op die been gebring om te help om die departement se agterstallige skuld in te vorder. Volgens Sekhonyane het Makhura reeds in Januarie vanjaar Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, en Pravin Gordhan, minister van finansies, se hulp gevra om aandag te gee aan die departement se skuldlas.

Albei ministers was te vinde daarvoor dat ʼn komitee op die been gebring word om die kwessie te hanteer.

Sekhonyane het gesê die komitee se eerste vergadering sal voor die einde van die maand gehou word en sal deur Makhura, Motsoaledi, Gordhan en Qedani Mahlangu, Gauteng se LUR vir gesondheid, bygewoon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Raymond ·

Kyk maar net wie be stuur die hospitale en dan word dit nog besteel ook Nee kyk

Natalie ·

Dit is skokkend hoe die hospitale bestuur word. En hoe gaan dit dan werk met die Nasionale Gesondheidsfonds wat hulle wil stig? wat gaan dan met die geld gebeur? Dit is ‘n skande dat die gesondheidstelsel in die soort gemors is.

Koos ·

Buitensporige bedrae wat aan BEEs betaal word, n MEC wat dink sy is Queen en swak voorsiening s administrasie is 90% verantwoordelik hiervoor

Lance ·

Onkunde ! Res is gesteel…. so dis presies wat mens kan verwag ! Noem asb 1 regerings instansie wat reg werk ….uuummmmm kannie an 1 dink nie hehe

Alida ·

Die DA sal moet ingryp in die hospitale. Dit is een groot vuil vrot spul want die geld is gesteel en die personeel onopgelei. Hulle het nie ‘n idee hoe ‘n hospitaal bestuur moet word of hoe pasiente behandel moet word nie.

Jean ·

Wat het van die geld geword? Wanbestee? Verkeerd bestee? Aan die verkeerde goed of diensverskaffers? Verkeerde mense aangestel? Nepotisme? En dan het hulle die droom dat almal eendag STAATSPASIENTE moet word? In your dreams~!~

brenda ·

Gaan maar na enige staatshospitaal; CHAOS; nie eers basies pille (generies) vir voltaren etc nie; wanbesteding van fondse; diefstal; nie eers komberse nie; alle toiletkappe; deurslotte; afgesteel!!!ekt nie medies nie; ek besoek staatshospitale; so ek weet!!

CQ ·

1 van di probleme is al die CLOWNS wat hulself dokters noem – dan word daar eis ingesit teen dok en wie betaal….?…
En wanbestuur……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.