‘Skynheilig’– Russiese ambassade kap na Brigety

Reuben Brigety, die VSA ambassadeur na Suid-Afrika. (Foto: Twitter)

Die Russiese vragskip Lady R wat in Desember in Simonstad vasgemeer het, het nié via Rusland na Suid-Afrika gevaar nie en was sedertdien ook nog nie weer in Rusland nie. Rusland het boonop nie Suid-Afrika se wapens en ammunisie op die slagveld nodig nie, het die Russiese ambassade in Suid-Afrika nou teruggekap.

Die ambassade het Dinsdag in reaksie op Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, se bewerings dat Suid-Afrika einde verlede jaar wapens en ammunisie aan boord van die Lady R na Rusland gestuur het, die ambassadeur se woorde bestempel as niks meer nie as “ʼn poging om ʼn onafhanklike soewereine staat se buitelandse beleid te beïnvloed”.

“Dit kom as geen verrassing nie, want dit lyk asof die VSA lank gelede sy vermoë verloor het om op gelyke basis met vennote om te gaan. ʼn Vriendskap met die VSA is slegs moontlik onder Amerikaanse reëls,” sê die Russiese ambassade.

ʼn Herrie het verlede week uitgebreek oor die moontlikheid dat Suid-Afrika wapens en ammunisie verskaf het wat tans in die oorlog in Oekraïne gebruik word.

Volgens die Russiese ambassade in Suid-Afrika het vriende en vennote van Rusland sedertdien met kommer kennis geneem van die “veldtog” wat die Amerikaanse regering voer om druk op Suid-Afrika te plaas.

“Die rede daarvoor is die land se onverbonde posisie met betrekking tot die Oekraïne-konflik, wat vir die Verenigde State onbevredigend blyk te wees. Suid-Afrika kan tog nie gestraf word omdat dié land ‘onverbonde’ is nie.

“Indien ambassadeur Brigety hierdie saak ernstig opneem, hoekom verduidelik hy dan nie waarom Rusland Suid-Afrikaans vervaardigde wapens en ammunisie nodig sou hê wat nie ooreenstem met die soort of kaliber van die stelsels wat Rusland se gewapende magte tans gebruik nie?

“Hoe sou ʼn minuskule hoeveelheid wapens en ammunisie wat na bewering op die vaartuig gelaai is, in elk geval die situasie op die slagveld beïnvloed?” vra die ambassade.

‘Dubbele standaarde’

Die Russiese vragskip Lady-R. (Foto: Twitter)

Die Russiese ambassade wys in sy reaksie op die gewraakte bewerings daarop dat die VSA wapens aan Oekraïne verskaf.

“Hoekom voel die Amerikaanse diplomaat heeltemal goed oor die feit dat sy land en sy satelliete sedert so ver terug as 2014 wapens aan Oekraïne lewer?”

Volgens die Russiese ambassade het die totale hoeveelheid Westerse militêre voorrade aan die Oekraïense regering vanjaar $100 miljard oorskry.

“ʼn Nuwe bedrag van $1,2 miljard is nou die dag deur Washington goedgekeur. Waarom sê ambassadeur Brigety nie ʼn woord oor hierdie wapens wat daagliks gebruik word om stede in Donbass, sowel as die Bryansk- en Belgorod-streek van Rusland aan te val nie?

“Hoekom spreek hy nie kommer uit oor hierdie wapens wat in die hande van terroriste in Europa en regoor die wêreld beland nie?”

Die Russiese ambassade beskuldig die Amerikaanse regering van “dubbele standaarde en skynheiligheid”.

Lees al Maroela Media se berigte oor die beweerde wapentransaksie tussen Suid-Afrika en Rusland hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Treurwilger ·

“Dubbele standaarde en skynheiligheid” kon net sowel die slagspreuk van VSA/NAVO gewees het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die diplomatieke bekgevegtigte en sielkundige oorlogvoering raak smerig. En ons regime stap met rollende ogies in. Die VSA maak SA binne ‘n dag toe.

annie ·

Ag maar julle moet maar kruip. Waar is die Republiek van Flinkveria wat die VSA julle toelaat om te hê in die Wes-Kaap?

Republikein in die Wes Kaap ·

So, jy reken SA sal Amerika toemaak? My mening is dat SA uit groot mense se geselskap moet bly. Los eerder interne probleme op. Indien Amerika of China ons help om af te stig is die saak reg. Hoe vinniger ons uit die sinkende hool kom, hoe beter.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gebeur klaar. Afwenteling van funksies is net die begin. Die regime se hande is vol en het nie meer genoeg vingers en tone om die damwal se krake te stop nie. En alles kan so maklik gebeur, veral nou met die perfekte storm. Maar gaan voort om te kla oor die regime se doen late, swak dienslewering, korrupsie, beslasting en wat ook al. Sink gaan ons sink. En vergeet van die stembus. Jou stem gaan nie getel word nie.

TruthDealer ·

Nou hoe presies gaan afstigting plaasvind, Rep? Genuine question, not being difficult, i really want to know.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kom ons begin by ‘n legitieme referendum in distrikte wat wil afstig. Dit sal ook n oganiese proses wees. Onthou die regime het gevou. Hulle het beheer verloor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis presies wat die Krim en Donbas gedoen het. Maar die konsep moet eers intern bemark word voor ‘n referendum. En risikobestuur moet gedoen word. Sodra inwoners inkoop, is die saadjie aan die groei. Gewone mense moet dit dryf, nie politici nie. Begin solank met selfbestuur, presies wat Flip Buys bevorder. Die res sal vinnig in plek val. Te veel om hier te noem. Orania doen dit reeds, dalk net op kleiner skaal. Dit sal 20 jaar neem om af te handel. Indien ons in 2003 begin het was ons nou daar.

George ·

en jy dink Amerika is die regte roep om SA te help, die land wat oorlog voer met enige land wat hul kan verryk…hulle moet ook maar ver wegbly

TruthDealer ·

En as Rusland jul sou help om af te stig? Ieder geval, dit sal nooit gebeur nie, jammer om te moet sê. Geen land gaan daarmee help nie. Ek sê dit nie uit leedvermaak nie. Dit sou fantasties wees. Maar dit sal nooit toegelaat word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die wêreld verander vinnig. Nuwe alliansies word gevorm. Ons moes reeds in 1991 bande met die Russe gebou het. Dis nou te laat vir dit.

Manie ·

Nou wat is dan so geheimsinnig op of afgelaai? Speel net oop kaarte, dan hoef niemand te raai nie.

SwartBees ·

Met al die verskonings en beledigings wat rond geslinger word is dit DUIDELIK dat iets onderduims gelaai is. We are not dumb.

George ·

Die amerikaner het ook sy lewe daarop gesit dat Sandton gaan gebom word. Amerika was net te bly om ontslae te wees van brigity

JohanR ·

Is Rusland, pres.Ramaphosa en die ANC te dom om te besef dat daar is al gevra vir ‘n verslag in Febuarie al en niks van SA kant. Die ambassadeur het net die vuur aan die brand gesteek om pres. Ramaphosa se gat in rat te kry. Hy is deesdae stadiger as NDZ, en my gooiste SY is stadig!

Piet ·

THE HISTORY OF OKAPI
Okapi has a rich local history dating back over 100 years to Solingen, Germany, otherwise known as the “City of Blades” since it has long been renowned for the manufacturing of fine swords, knives and cutlery. In the late eighties, Okapi South Africa purchased the trademark and tooling and began manufacturing the knives in South Africa.

Robert ·

Die vaartuig spoor programme wat skepe se reise opneem is duidelik… Die Russe is reg. Lyk my die skip is van SA na Duitsland en is nou in die Rooi see.

Keelvol ·

You see what they want you to see, but the weapons are already in Russia.

Robert ·

Die VSA het duidelik hulle mes in vir Suid Afrika en die ander BRICS lande… omdat dit hulle beheer oor die sal kelder.

Keelvol ·

Dan moet rusland en suid-Afrika verduidelik Hoekom n private vragskip in n militêre hawe. Vasgemeer het? Rusland se ambassadeur moet ophou met slim praatjies en sommer ook sê wanneer putin gearresteer gaan word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra Poetin sy voete hier sit kan jy ‘n burgerlike arrestasie doen.

George ·

en die Amerikaanse ou niks, nie, hy se elke paar maande goed en dan net “sorry” na dit. Nee wat daai ou blaas net wind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.