Skywise se vlerke vir eers geknip

Foto: skywise.co.za

Foto: skywise.co.za

Die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy (Acsa) het vlugte van die laekostelugdiens Skywise onbepaald opgeskort.

Dit het daartoe gelei dat passasiers Woensdagoggend sonder verduideliking gestrand gelaat is en het hulle tot sosiale media gewend het, nadat die status van hul vlugte nie deur die lugdiens bevestig kon word nie. Dit het gebeur ʼn dag nadat dié lugdiens sy vloot van “een vliegtuig sou verdubbel”.

Dié laekostelugdiens het die afgelope tyd deurgeloop onder bespiegeling oor sy toekoms. Tabassum Qadir, Skywise se medevoorsitter, het egter bly sê “niks het verander nie, ons hou steeds by dieselfde vlugskedule”.

Die lugdiens se daaglikse vlugte is in November van agt na ses verminder is weens agterstallige betalings aan onder meer Acsa. Qadir het egter volgehou dat die lugdiens vanaf 1 Desember sy vloot sal uitbrei. “Ons verkope is positief. Ons het ʼn suksesvolle promosieveldtog van stapel gestuur,” het hy destyds gesê.

Skywise kon nie vir kommentaar bereik word nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jane ·

Wel, nou het ek ‘n groot probleem aangesien my hele familie Kaap toe sou vlieg!

EMK ·

Die mark is tog daar – hoe gebeur sulke goed? Moet hul tog nie waarborge (geld) verskaf alvoerns hul lisensies kry sodat daar nie goed gebeur soos waar hul geld skuld aan ACCSA ens. Dink SAL sien waarheen dit gaan en steek op ‘n manier ‘n stok in die wiel. Andersins word hier weer van die arme mense wat bietjie met verlof wil gaan gesteel – nes hul hul kaartjies verkoop het dan skielik kan hul nie hul fooie betaal en weg is hul met almal se swaarverdiende geld. Jane, as jy met k/kaart betaal het het jy moontlik versekering teen dit, so bel jou bank. Onthou daar is SAexpress van Wonderboom en dan is daar nog vlugte van Lanseria – hoop jy kom reg, maar dit gaan jou seker kos op die laat stadium. Kyk of bank kan help en klim dan maar in die kar en ry, wel aaklig en ver, maar darem goedkoper as dit ‘n hele familie is.

neelsie ·

Ja swaer, so kom baie goeie dinge tot n einde, leeggesuig!

Riaan ·

Hoekom het Mango en Kulula en al die ander nie sulke probleme nie.

GES ·

Mango en Kulula word gerugsteun deur SAA en BA onderskeidelik.

adrian ·

Wees versigtig vir enige bemagtigingsgroep maatskappye gewoonlik slinks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.