Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het in ’n verklaring gesê dit is gedoen in ’n poging om die gehalte van onderwys te verhoog. Volgens die strenger slaagvereistes sal leerlinge voortaan agt van hul nege vakke moet slaag, waar hulle in 2013 slegs sewe uit die nege vakke moes slaag.
Mhlanga het gesê leerlinge sal voortaan ook minstens 50% in hul huistaal en 40% in die eerste addisionele taal moet behaal. Dit was verlede jaar onderskeidelik 40% en 30%. Volgens Mhlanga sal daar ook geen kondonering toegelaat word nie, waar ʼn leerling se punt, wat net onder die slaagsyfer is, aangepas word om seker te maak dat die skolier slaag.
Mhlanga het gesê die departement is bewus daarvan dat die midjaar-prestasies “negatief” geraak is. “Dit sal onregverdig wees om die 2014-leerders die las van ‘n sistemiese verandering te laat dra,” het hy gesê. “Daar is ʼn behoefte dat die departement die oorgang moet bestuur.”
Volgens Mhlanga is daar riglyne aan skoolhoofde en distrikbestuurders voorsien om ʼn “streng en noukeurige proses” te volg indien nodig. “Waar daar ‘n aansienlike afname in ʼn skool se prestasie is, sal die distriksbestuurder die resultate binne duidelik gedefinieerde parameters aanpas.”
Sorg net dat die onderwysers dit ook eers slaag!
Ai, maar die manne het “pragtige” planne !!!!! Nou gaan ons beter onderwys sien !!!! LOL
Hierdie is ou nuus, die skrywe is al aan die begin van die jaar aan skole gestuur en ouers is bewus daarvan.