Slaan ag op Madonsela-aanbevelings, sê Motlanthe

Adjunk-president Kgalema Motlanthe

Adjunk-president Kgalema Motlanthe

Adjunkpresident Kgalema Motlantha het die regering gemaan om Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings uit haar Nkandla-verslag te implementeer, het die SAUK Vrydag berig.

“Dit is deur die interministeriële taakspan en die OB ondersoek en daar moet op dié aanbevelings ag geslaan word,” het Motlanthe tydens ʼn verkiesingsveldtog by die uitsaaier in Kaapstad gesê. “Dit is die regte ding om te doen. Diegene wat verantwoordelikheid moet neem, moet dit doen.”

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader hierdie naweek in Kaapstad en Madonsela se verslag oor veiligheidsopgraderings by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla sal na verwagting bespreek word.

Madonsela het, kragtens die Wet op Etiek vir Uitvoerende Lede, Zuma twee weke gegun om op haar verslag te reageer.

Die 400 bladsy lange verslag, genaamd “Secure in Comfort”, het bevind dat die president ʼn gedeelte van die R246 miljoen in staatsgeld moet terugbetaal wat by Nkandla spandeer is, maar nie vir veiligheidsmaatreëls aangewend is nie.

Madonsela se verslag is op 19 Maart vrygestel.

Die Demokratiese Alliansie het intussen Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, versoek om ʼn ad hoc-komitee op te stel wat sal oorweeg of die president vervolg moet word.

Die ANC het intussen aangekondig dat hy regstappe gaan doen teen die DA nadat die party Zuma in ʼn grootmaat-SMS daarvan beskuldig het dat hy geld gesteel het. Die ANC het gesê die SMS “beskuldig die president valslik daarvan dat hy staatsgeld gesteel het om sy privaatwoning in Nkandla te bou”.

Stone Sizani, hoofsweep van die ANC, het Madonsela vandeesweek in die parlement veroordeel en gesê sy het buite orde opgetree toe sy die verslag aan die media vrygestel het voordat sy die aan die parlement voorgelê het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.