Slag teen ‘perlemoenstropers’ by Jeffreys

Tien mense is in hegtenis geneem. (Foto: SA Polisie)

Die polisie het ʼn groot deurbraak in die stryd teen perlemoenstropery gemaak met die inhegtenisneming van tien verdagtes.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het toegeslaan danksy ʼn wenk van die publiek.

Lede van die Jeffreysbaai-polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies, met die hulp van ʼn private veiligheidsmaatskappy, het Vrydag kort ná middernag op die groep afgekom waar hulle op die hoofstrand besig was om die perlemoen te stroop.

(Foto: SA Polisie)

Perlemoen is ook versteek in die bosse by Pagodastraat gekry.

“Die polisie het vir verdere ondersoek beslag gelê op duikpakke en twee voertuie.”

Die tien verdagtes is tussen 29 en 42 jaar oud en verskyn Maandag in die Humansdorp-landdroshof vir die onwettige besit van perlemoen.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiehoof, het die inhegtenisnemings geloof en gesê georganiseerde misdaadsindikate is verantwoordelik vir groot verliese in die land se natuurlike hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Wel gedaan. Dink net hoe lekker sou ons geleef het as hierdie tipe polisiewerk op die hele samelewing van toepassing was.

LiveAndLetLive ·

Hulle sal aanhou en aanhou tot daar niks oor is nie, geld is mos n God

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.