Slag teen stropers in Krugerwildtuin

Swartrenoster (Argieffoto: RonPorter/Pixabay)

Wildbewaarders van Sanparke het nege vermeende stropers in verskillende dele van die Krugerwildtuin oor die afgelope week aangekeer.

Die inhegtenisnemings is gedoen in gebiede wat gereeld gebuk gaan onder renosterstropery.

Drie verdagtes is in die omgewing van die Krokodilbrug aangekeer. Daar is beslag gelê op ʼn swaarkaliber-jaggeweer, koeëls en ander toerusting wat tydens strooptogte gebruik word, het Sanparke gesê.

Wildbewaarders by Letaba het in ʼn afsonderlike voorval nóg drie vermeende stropers aangekeer. Ook húlle was in besit van ʼn jaggeweer, ammunisie en stroperytoerusting.

Bewaarders by Tshokwane het drie ander vermeende stropers, ook met dié items, in hegtenis geneem.

Sanparke het gesê in ʼn onverwante voorval is die karkas van ʼn buffel, wat met gif bestrooi is, in die omgewing van Vlakteplaas gekry. Die buffelkarkas is glo vergiftig nadat die stropers die vleis uitgeslag het.

Die vergiftigde karkas het reeds gelei tot 117 vrektes van witrugaasvoëls, ʼn monnikaasvoël, asook ʼn witkopaasvoël.

Sanparke het die vrektes as katastrofies beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Robert Naude ·

Was die week een aand in Shingwedzi en een aand in Satara. Wat ń ontnugtering. Die akkomodasie wat mens ten duurste voor betaal, se kwaliteit is van die swakste en vuilste wat ek nog ervaar het. Alles is net verwaarloos en geen sprake van versorgde tuine nie. Wat ń teleurstelling. Nee wat KNP , julle kan wat daar was nie eers versorg en in stand hou nie. Hoe wil julle nog die diere vir die nageslag oppas?

Anoniem ·

Hulle kry hulp van binne af !

Ondervra maar die mense wat in daardie areas werk ?

Waldo ·

Hemel weet…al wat ‘n ding is wat lewe moet eers doodgemaak en vernietig word

Ekke Dink ·

Net so Waldo, Na 25 jaar van, dem ou krasie? Die ou gesegte praat van n ou uit die bos uithaal……. En jakals verander van haar maar nie van ….ens.
Ag nee party mense sal nooit verander nie. Dit is hoe dit is.

Nugter ·

Die vergiftiging van die buffel is nie deur ‘n Indier, kleurling of blanke gedoen nie.

Elsa ·

Gee daardie stropers vir die publiek. Hulle sal weet wat om met hulle te doen

Helene ·

So siek en sat vir hierdie monsters! Arme diere en voels! Wat ek wil weet, wat gaan nou met die stropers gebeur?

Anoniem ·

Niks nie, HULLE IS VERHEWE BO ENIGE REG, borg sal hulle kry !

Anoniem ·

Die punt is net waar gaan my kleinkinders, hulle kinders heen vat om vir hulle te wys, so lyk ‘n renoster / ‘n buffel of ‘n olifant
NÊRENS nie

Waldo ek stem saam met Jou ! Alles, ja alles gaan vernietig word !

My hele menswees treur as ek net dink daaraan !

JohanL ·

Alhoewel enige iemand wat gevang word en wat betrokke is by stropery goeie nuus is, is die realiteit dat die “grootkoppe” die mense is wat eintlik gevang moet word. Dit is nou oa die Vietnamese asook sekere hoogeplaastes in SA wat voordeel trek daaruit.

Ek dink om hierdie mense te straf – los hulle sonder enige kos en water en wapens in die middel van die Kruger wildtuin. As hy sy pad uitkry, welgedaan. As nie – wel “bad luck”.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hoekom word hulle in hegtenis geneem. Gaan leer by ons buurland Botswana waar stropers summier doodgeskiet word . Daar is ook lede van die BDF wat saammet hul natuurbewaringsbeamptes op patrollie is en geen nonsens vat nie en hulle patroleer dag en nag. Die klomp menere by ons sal seker staak vir hoer salarisse wanneer dit van hulle verwag word

Danie T ·

Ek is uiters gatvol vir die daaglikse destruktiewe nuus van en onberekenbare skade wat die Absolute National Corruption party aan ons land doen en dit word as norm aanvaar. Alles waaraan hul raak vernietig en verwoes hulle. Geen land kan ‘n groter straf en oneer ervaar as wat die skepsels aan ons land doen en…dit gaan onverpoos voort! Hoe bly mens positief onder sulke omstandighede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.