Slaggat op aanloopbaan pootjie opstyging

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Passasiers op ʼn vlug van die Keniaans gebaseerde laekostelugredery Fly540 moes Sondag ʼn vliegtuig ontruim terwyl werkers die vliegtuig se wiele met grawe uit ʼn slaggat op die aanloopbaan probeer grawe het.

Die vliegtuig sou net by die Manda-lughawe in die suidooste van Kenia opstyg, toe die opstyging laat vaar is omdat die paar linkerwiele in die slaggat vasgesteek het.

Nie een van die 36 passasiers of bemanningslede aan boord van die vliegtuig is beseer nie, het die East African berig.

“Die vliegtuig wou net opstyg, maar dit het ʼn bietjie moeilik gegaan. Die vlieënier moes skielik stilhou toe hy besef het een paar van die vliegtuig se wiele sit vas in ʼn enorme slaggat op die aanloopbaan,” het ʼn amptenaar gesê.

“Ingenieurs en lughawewerkers is ingeroep om te help om die vliegtuig uit te stoot en op ʼn veiliger plek te laat staan, van waar dit uiteindelik kon opstyg.”

Reisagentskappe en toerismeowerhede het ná die naweek se voorval ʼn beroep op die Keniaanse lughawe-owerheid gedoen om die aanloopbaan dringend op te gradeer.

In 2017 het Jambojet, ʼn laekostelugredery in Kenia, vlugte van en na dié lughawe opgeskort omdat dit te moeilik was om te land en op te styg weens die vervalle toestand van die ry- en aanloopbaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dries du Toit ·

As die aanloopbaan nie instand gehou kan word nie., hoe lyk daai vliegtuig se diens rekord

Thea Kluckow ·

Hoe lank voor SA se aanloopbane dieselfde pad loop.
Tans ontsien betogers niks. Alle paaie verwoes en brandgesteek.
Daar is geen beheer oor die vernietiging nie. Polisie kyk net toe.
Ek is nie negatief nie maar net realisties.
Dankie Maroela Media vir jul waardevollr beriggewing. Jul is tops.

marous ·

As dit nie vir die VN en NGO’s was wat die plek vir logistieke doeleindes gebruik nie , was daar geen aanloopbaan nie .

Marius ·

En wat dink hulle gaan gebeur as daai teer en klippies in die enjin kom???

Niklaas ·

Net toe ek begin wonder waar in SA is dit dan…..Gedog die verval van paaie en infrastruktuur is net aanwesig in ons eie land.

SjN ·

Die oorsaak is die gebrek aan onderhoud en instandhouding agv wear en tear.

Pieter ·

Ja ou chappies dan is daar nog mense wat se als hier sal regkom asb ek het nog altyd gese kyk net na ons buurstate dan kan jy mos weet wat gaan hier gebeur ons is op zimbabwe se stert

WilS ·

Die ou Romeine het mos lankal gesê : Ex Africa semper aliquid novi.

Stormrider ·

Die redery word in alle waarskynlikheid nie toegelaat om by Europese lughawens te land nie.

AP ·

Ai tog, verstaan nie mooi die berig dat die vliegtuig net wou opstyg? dan was hy op vol spoed en sou dit ‘n ramp afgegee het, die vliegtuig het seker na sy opstyg punt toe “getaxi”

Chrisjan ·

Nog iets wat ek nie verstaan nie: is die ingenieurs ook ingeroep om die vlegtuig te help uit die gat stoot, of net die lughawewerkers. M.a.w. is dit deel van die ingenieurs se posbeskrywing?

Thea Kluckow ·

Nou vra jy n goeie vraag. O genade tog ek sal liewer stap as op daai gevaarte ry.

JohanR ·

Dink net! As die aanloopbaan by OR vol slaggate val, sal ons die EFF sien opdaag om daar in bome te plant.

George in Bloem ·

“Coming to you soon at an airfield near you”……..hehehehe janee,Afrika is beslis nie vir sissies nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.