Slaghuis-eienaar steel beeste, verkoop vleis

Foto: www.hencorbonsmaras.co.za

Sewe mans van Kimberley in die Noord-Kaap, onder wie die eienaar van ʼn slaghuis, is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle sewe beeste gesteel het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die bonsmaras het ʼn geraamde waarde van sowat R135 000.

“Die verdagtes is by Roodepan in hegtenis geneem. Hulle het reeds twee van die beeste geslag,” sê hy.

Volgens Tawana sou die verdagtes die res van die beeste ook slag om die vleis by die eienaar se slaghuis in Kimberley te verkoop.

“Die polisie het ook beslag gelê op die bakkie en sleepwa wat gebruik is om die gesteelde vee mee te vervoer,” sê Tawana.

Hy sê die man het hom heel waarskynlik ook al voorheen aan veediefstal skuldig gemaak en dan die vleis verkoop.

Die sewe verdagtes is tussen 36 en 58 jaar oud. Al die mans sal Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

realis ·

In ag genome die huidige vleispryse kan ek hierdie manne nie verkwalik nie.
(Nee kramp dingesse, ek keur dit nie goed nie)
Het al begin rondkyk vir “n “road kill” langs die pad vir ‘n stukkie vleis.

Anti-Vleis ·

Maklik, hou op vleis eet. Ons het dit werklik nie nodig nie.

René Prinsloo ·

Rêrig hoe laag nog kan hulle daal. Net in ons liewe SA is dit moontlik. Dan praat ek nie eens van die duur beeste wat hulle steel nie. Oe ê ê

Wouter ·

Ek sal graag wil weet watter slaghuis dit is en wie is die eienaar as iemand dalk weet.

Seeklong ·

7 en ‘n halwe bees? Of 6 en ‘n halwe bees? Verduidelik tog wat beteken “sowat” sewe beeste asseblief.

Houtoog ·

Die inleidende par. lees “Twee van die beeste – bonsmaras met ‘n geraamde waarde van sowat R135000 – was reeds geslag en . . . ”
Par. 2 lees ” . . . die bonsmaras het ‘n geraamde waarde van R135000.”
Miskien tog naby genoeg soos ‘De Villa Bois-str.’ oftewel ‘De Villebois Mareuil-str.’ in Pertooria.

Scalla ·

MM, sal jul asb vir ons opvolg berig plaas, sal graag wil weet watter slaghuis en die skelms betrokke, dit raak ons hele boerdery gemeenskap. Hul is nie tuis in ons samelewing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.