Slagoffer byt deel van verkragter se tong af

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is agter tralies nadat hy ʼn vrou die afgelope naweek in Reitz in die Vrystaat probeer verkrag het, maar sy terugbaklei en ʼn gedeelte van sy tong afgebyt het.

Die verdagte het Maandag vlugtig in die Reitz-landdroshof verskyn ná sy inhegtenisneming, net ʼn paar uur nadat hy die 38-jarige vrou glo aangeval het.

“Die aanvaller was met ʼn mes gewapen en het haar huis in Petsana-Reitz net ná 01:00 betree,” lui ʼn verklaring deur die polisie. “Sy kon tydens die bakleiery die man se tong raakbyt.”

Die aanvaller het haar laat gaan en het na ʼn hospitaal toe gegaan waar hy mediese behandeling ontvang het voor hy in hegtenis geneem is. Hy het nog dieselfde klere aangehad wat die slagoffer beskryf het.

Die man sal Vrydag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mooi so ·

Baie jammer oor die voorval, maar welgedaan!! Hy sal twee keer dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.