Slagoffer help self ‘diewe’ vastrek

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie mans is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en die besit van gesteelde goedere nadat hulle ʼn man beroof het naby Muizenberg in die Wes-Kaap.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 15:00 in Marina da Gama plaasgevind. Die slagoffer, ʼn inwoner van Muizenberg, het by ʼn vriend in Uitsigweg gaan kuier.

Volgens Van Wyk het die man pas in sy motor geklim toe ʼn wit VW Polo agter hom stilgehou het en ʼn verdagte uit die motor geklim en na hom toe geloop het. Die verdagte het die man se twee Apple iPhone-selfone gesteel en weggejaag.

Die slagoffer het die Muizenberg-polisie in kennis gestel nadat hy met behulp van die “find my iPhone”-toepassing sy selfone nagespoor het. Hy het die polisie meegedeel dat die selfone in Orangeweg in Vrygrond is.

Die polisie het na die toneel gehaas waarna die bestuurder van die VW Polo weggejaag het en ʼn blitsjaagtog gevolg het. Volgens Van Wyk het die bestuurder van die Polo beheer verloor waarna die motor omgeslaan en op die strand tot stilstand gekom het. “Die verdagte, ʼn 26-jarige man van Khayelitsha, het langs die motor in die sand gelê.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en na die Victoria-hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie het met behulp van die slagoffer die fone nagespoor en nog twee verdagtes, 21 en 26 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Muizenberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dave ·

…en dankie aan die programmeerder van ‘n uitstekende program waarsonder dit nie gedoen sou kon word.

Winston ·

Knap gedaan. Hierdie kriminele dink misdaad is n grap omdat die president van Sa n goeie voorbeeld is. Puik werk net jammer hulle strawwe sal afgewater wees.

Gerhard Bezuidenhout ·

Laat dit vir die blikskottels n les wees. Te sleg om te werk maar hy besit n motor om sy skelmstreke te bedryf.

Se Maar Net ·

Uitstekend!!! Wens mens kan hul meer op so manier vastrek.
Dit is ‘n skande om te dink, hulle is so voorbarig om net te kan vat. Maak soos hulle
wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.