Slagoffer van Knysna-brande kry ‘nuwe hoop’

Quentin Haman in die geskenkte baadjie (Foto: Quentin Haman via Facebook)

Quentin Haman het ʼn slegte jaar agter die rug. Benewens twee hartaanvalle vroeër vanjaar is sy huis én sakeonderneming in die Knysna-brande verwoes. Die dag waarop sy huis afgebrand het, was sy 45ste verjaardag.

Haman het byna alle hoop verloor, tot ʼn vrywilliger wat met die brande gehelp het, vir hom ʼn swart baadjie aangegee het om hom warm te hou.

Dié baadjie is deur Inge Coetsee (36) van Pretoria geskenk aan slagoffers van die brande.

Haman het later ʼn handgeskrewe briefie in die baadjie se sak gekry, wat hom weer hoop gegee het vir die situasie waarin hy was én vir die toekoms.

Die briefie het gelees: “Aan die nuwe eienaar van hierdie swart leerbaadjie… Ons is so jammer vir waardeur jy en jou familie gaan in hierdie tyd met die verwoestende Knysna-brande. My man het hierdie baadjie op ons troudag gedra. Ek hoop jy kan warmte daarin vind terwyl jy dit dra en jou lewe weer aan mekaar probeer sit. Wie weet, dalk vind die baadjie weer eendag sy pad terug na ons, en dan het ons ʼn fantastiese storie om te vertel!”

Volgens The South African het dié briefie Haman ontnugter. Hy het besef dat dit die tyd is om terug te veg teen die verwoesting in en dat hy daardeur kán kom.

“ʼn Totale vreemdeling aan die ander kant van die land het vir my ʼn wonderlike geskenk van hoop gegee met net ʼn paar vriendelike woorde en ʼn baadjie om te dra.”

Ek het dalk alles in die brande verloor, maar alle hoop is nie verlore nie. Ons moet daarvan afstand doen en onsself afvra ‘wie gaan ons ses maande van nou af wees?’ Dit is tyd om te groei en om beter te doen.”

Haman beplan om mettertyd Pretoria toe te gaan om vir Coetsee te ontmoet en behoorlik te bedank.

Die briefie wat Haman in die baadjie se sak gevind het (Foto: Quentin Haman via Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sann ·

Ek wil graag weet : is daar ‘n taalkundige verduideliking waarom ‘nuwe hoop’ in enkel aanhalingstekens geskryf word? Ek het dit al meermale in artikels raakgesien, maar wou nie ongevoelig vir die onderwerp voorkom, met so beuselagtigheid nie…. Die boodskap van hierdie skenker se gebaar is vir my die kruks van naasteliefde. As jy slegs lewensmiddele gegee het, dien jy maar net die mens. As jy God se Woord, Sy Genade, Sy liefde daarby verkondig, het jy Hom gedien. Dankie vir mense wat só lewe, en dankie vir slagoffers wat sulke diensbaarheid as ‘n gawe eer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sann

Dankie vir jou navraag. In hierdie betrokke artikel is die woorde “nuwe hoop” in aanhalingstekens omdat dit ‘n aanhaling van iemand was. Dit word bloot in enkel-aanhalingstekens gesit omdat dit deel is van ‘n opskrif.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Adri ·

Sann, terwyl jy nou besig is met beuselagtighede, soos jy dit noem; sê vir ons wat beteken “kruks” asseblief.

mc ·

Ai, dis goed om nog so iets raak te lees, mens is so moeg vir al die moord en doodslag die heeltyd.

Aangeraak ·

Dit het my nou so bewoe gelaat. Wat n pragtigge storie. Wonderlik. Daardie Baaidtjie en Briefie het defnitief n bestemming gehad.

007 ·

Baie sterkte Haman!Jy is nog jonk en jy sal weer sukses beleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.