Slagoffers op WhatsApp gedreig oor kaalfoto’s

'n Skermskoot van 'n gesprek tussen die verdagte en een van die slagoffers.

‘n Skermskoot van ‘n gesprek tussen die verdagte en een van die slagoffers.

Die teenmisdaadgroep SA Community Crime Watch (SACCW) het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting in verband met ʼn verdagte of verdagtes wat sosialemediagebruikers met naakfoto’s afpers om geld uit hulle te kry.

Marius Jacobs, SACCW se bedryfsdirekteur in Limpopo, het aan Maroela Media gesê minstens twee slagoffers, ʼn man van Pretoria en ʼn man van Pinetown, is al deur die verdagte genader. Volgens Jacobs stuur die verdagte vir die mans WhatsApp-boodskappe waarin hulle gedreig word om ʼn sekere bedrag geld aan die verdagte oor te betaal om te verhoed dat eksplisiete naakfoto’s, waarby die slagoffers persoonlik geïmpliseer word, op sosiale media gepubliseer word.

Volgens ʼn WhatsApp-gesprek tussen die verdagte en een van die slagoffers eis die verdagte dat R2 000 aan hom oorbetaal word om te verhoed dat die foto op sosiale media geplaas word. Die verdagte waarsku die slagoffer dat hy sy werk sal verloor indien die foto versprei word. “You think I am playing. I can’t have a time to play with you. Let me do it now,” [sic] skryf die verdagte.

Jacobs het gesê dit blyk dat die slagoffers se Facebook-profiele deur kuberkrakers geteiken en inligting van daar af verkry word. Dit is nie tans duidelik hoe die naakfoto’s waarmee die slagoffers gedreig word, bekom is nie.

Volgens Jacobs is die SAPD en die Valke ook betrokke by die ondersoek. “Ons is tans bewus van hierdie gevalle, maar ons vermoed daar is ʼn moontlikheid dat daar nog mense kan wees wat geteiken is, maar dat hulle dalk net die geld aan die verdagte oorbetaal en stilbly. Daarom wil ons hulle nou vra om na vore te kom en ons inligting te gee wat kan help om hierdie verdagte of verdagtes vas te trek,” het hy gesê.

Mense met meer inligting kan Jacobs by 079 898 4539 of Steven King by 082 920 5799 bel, of andersins ʼn e-pos stuur na [email protected]. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ilse ·

Hulle dit seker ge edit of anders is die mense baie braaf om naak foto’s op hul facebook te sit.

Wel ·

Wel as hulle dit van Facebook af kry, gaan jy mos nie mind as dit versprei word nie, dit was mos dan reeds vir almal daar om te sien…

Anri van der Westhuizen ·

Die terminologie “slagoffer” is effens verwarrend. Wie plaas naak fotos van jouself op die kuberruim? Geen simpatie!

ekke ·

Ag aarde ons…julle lees die berig MIS. Die inligting word op fb gekry. Bv nommers, ander fotos, waar die mense werk en en. Dis hoe ek die berig lees.

kevin ·

Ek weet van iemand wat deur dieselfde ding gegan het en daar was geen naak fotos op hul facebook blad, dit was n foto wat hackers gevat het en dit omskep in naak fotos, en sodoende het die hackers die persoon afgepers om dit publiek te maak om geld te kry. So asseblief dink voor daar net aantuigings gemaak word. Daar is dinge soos corel draw en photo shop om fotos en pics te edit. Asseblief mense ons moet dink voor ons nie 100% die feite weet nie.

Piet ·

Ek probeer kaalbas fotos van my self te verkoop maar niemand wil dit sien nie! Ek wonder of ek nie dalk hierdie ou moet kontak nie?

hahaha ·

Jy moet dan maar voorgee jy is ‘n slagoffer om die ou in die hande te kan kry. Of jy moet probeer mense oortuig om jou te betaal om jou klere aan te hou as hul dan nie die kaal fotos soek nie … hehehe :)

Chantel ·

Hahahahaha Pieter- hoe lekker het ek nou gelag vir jou comment. Soos biltong en braaivleis is dit so eie aan ons Suid Afrikaners om die slegte nuus te kan omskep in iets snaaks. Ek is bly daar is nog mense daarbuite wat die glas half vol sien…

LB S ·

Ek het wel nou nie kaalfotos op sosiale media of enige ander plek nie, maar hulle kan my maar probeer photoshop, almal sal net ‘n lekker laggie vir die daggie hê ☺

Mariette ·

Maklik ..Chatsides Fake profiles vra airtime vir kaal fotos..So hulle ruil nr’s en is op watsapp..Dan begin die lekker chat fake profile vra man moet ook wys..Hy is witwarm..Neem n selfie ..En whala hulle het hom..Ek is al lank op n chat side..Mans word so gevang ..Baie van hulle getroud wat chat en flirt as hulle moet werk …

leon ·

En Mariette dan se julle vrouens ons kan nie “multi task” nie. Want ons mans can chat en flirt terwyl ons by die werk is. Ek dink jou “keyboard” se punt knoppie het vasgehaak, hy maak die hele tyd 2 .. agter elke sin.

Spinnekop ·

Dis hoe ek my man verloor het. Hy het vir hom n los stukkie op lekkerspeel.net gekry.ek bid iemand druig hom ook met sy kaal fotos

CAV ·

Gelukkig kan hulle nie vir Margaret afpers nie, haar foto is klaar rondsgetuur ( lol )

Andre ·

“I can’t have a time to play with you”dit lyk nie of sy Engels baie skerp is nie

CQ ·

1. Die “slagoffer” en “verdagte” lyk bietjie dom as jy so na die WhatsApp gesprek kyk….
2. Werk mense nie meer nie? Heeldag op Sosiale Media EN dan nog tyd vir kaal fotos ook? (ek s op my tea-break?)

Duiwelse Advokaat ·

In die NSA is almal van ons maar op die een of ander manier kaalgat. [sic] So dit is geen skande nie,

Lithop ·

Wanneer gaan mense leer dat dit gevaarlik is om sommer enigeiets kwyt te raak op sosiale media. Vat nou maar die herries oor die rassistiese uitlatings op Facebook laas jaar. Of die vele videos wat rassisme by skole en onbetaamlike gedrag van mense beskikbaar maak aan die publiek. Dink drie keer voor jy kommentaar publiseer en dink ten minste honderd keer voor jy kompromiserende fotos van jouself plaas. En wanneer jy in die publiek jou naam gat maak, soos daardie matriek meisie wat kaal in Plet gedans het, weet dat elke een van die omstanders ‘n foon met foto en video kapasiteit het. Bowenal, aanvaar dat daar nie meer so ‘n ding soos privaatheid is nie. Dus: handel altyd asof iemand jou dophou en rekordeer.

Hannie ·

Maroela ek het al gister gekla dat ek geen fotos sien, slegs die raampie sonder die foto?

Landi Slatter ·

Dagsê Hannie

Dankie vir jou terugvoer. Ons het vir jou ‘n persoonlike e-pos gestuur met die e-posadres waarmee jy kommentaar gelewer het om die probleem te probeer oplos. Indien jy ‘n ander e-posadres het asseblief stuur ‘n e-pos na [email protected]

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wel ·

Moenie worry nie Hannie, Maroela het nie die kaal foto op die artikel nie, so jy is mis nie veel nie..

Heleen ·

Die swak Engels van die afdreiger laat my wonder of hy dalk van ‘n ander Afrika land afkomstig is.

Grotman ·

Tja tja dis maar swaar vandag. Ek het soos die SuperStars n naakte kiekie van my self probeer laat uit lek aan die publiek! Toe kry ek somer dreig briewe van orals dat ek die diere bang maak en die SPCA gaan my sue!! Dis wragtig nie maklik om famous te word in vandag se dae.

Leoni van den Berg ·

Die kaal pics kry hulle nie van jou fb of whatsapp nie, hulle vat ‘n kop en skouers profiel foto en photoshop dit met pornografiese onderkant.

Zanri ·

Ek en my verloofde was self geteiken. Dit was baie erg, ons het vir n week nie geslaap nie. Nie een van ons het sulke fotos op ons profiles nie, alles was so gephotoshop dat dit soos ons lyk. My verloofde het bly weier en na n ruk het hulle ons gesinslede se profiles begin stuur, om te se hulle weet wie ons is.

Sweetie ·

My man het girl so geinvite op facebook haar naam is Tanya Du Plessis Beets en sy het hom gevra vir naak fotos en sy het hom begin dreig en sy het my geinvite op facebook selfs fotos gestuur die mense is en het geen selfrespek nie. Daarna is haar profile net verwyder snaaks baie Tanya as jy hierdie lees kry ordentlike werk en moenie mense afpers nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.