Slagoffers uitgeken ná Jhb-skietery

Skietery by Wanderers-taxistaanplek in Joubert Park, Johannesburg (Foto: Netcare 911)

Die polisie het gesê taxi-eienaars was minstens twee van die mense wat by ʼn taxistaanplek in Johannesburg doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig drie persone is dood en twee ernstig beseer toe ʼn onbekende man Donderdagaand op hulle losgebrand het by die Wanderers-taxistaanplek in Joubert Park, Johannesburg.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is op die spoor van die verdagte wat op minstens vyf persone begin skiet het, “sonder om ʼn woord te sê”. Hy het gesê die polisie ondersoek die motief vir die skietery en kan nie die moontlikheid uitsluit dat dit met voortgesette taxigeweld verband hou nie.

“Twee van die oorledenes is uitgeken as taxi-eienaars en een persoon is nog nie uitgeken nie. Die persone wat beseer is, is ʼn taxibestuurder en ʼn straatverkoper,” het Masondo verduidelik. “Ons ondersoek drie sake van moord en twee van poging tot moord. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Paramedici is net voor 22:00 na die toneel ontbied. Drie persone is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Duitser ·

Die polisie moet meer misdaad voorkoming operasies doen soos bv, adverteer nuwe poste by die stasies , geen ordentlike wets gehoorsame burger sal aansoek doen nie net skelms en skollies en waneer hulle opdaag vir n onderhoud arresteer hulle .

Daan ·

Duitser goeie plan maar sal te ingewikkeld wees vir huidige polisie miskien in ontwikelde lande met regte polisie beamptes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.