Slagoffers van debietorder-bedrogspul gesoek

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep gedoen op bankkliënte wat die slagoffer geword het van ʼn ongemagtigde debietorder-slenter om na vore te kom.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê luidens mediaberigte is daar duisende mense wat die slagoffer geword het van ʼn debietorder waar R99 maandeliks van hul rekeninge afgetrek word sonder dat hulle hiertoe ingestem het. Hoewel verskeie bankgebruikers glo onder die slenter deurgeloop het, het baie min nog ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

“Ons doen ʼn beroep op slagoffers om na vore te kom en dié voorvalle by die polisie aan te meld sodat ons kan verseker dat die oortreders aan die pen ry,” sê Gwala.

Luidens mediaberigte het ʼn ondersoek getoon dat minstens R1,6 miljard per jaar deur middel van bedrieglike debietorders uit die bankrekeninge van gewone Suid-Afrikaners gesteel word. Die vermoede is dat minstens drie georganiseerde misdaadsindikate agter dié bedrogspul sit.

Gwala het bankrekeninghouers gewaarsku om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om te verhoed dat hulle slagoffers van so ʼn bedrogspul word:

– Moet nooit op e-posse, SMS’e of WhatsApps reageer wat jou persoonlike besonderhede aanvra en voorkom asof jou bank dit aan jou gestuur het nie. Onthou dat jou bank jou nooit sal vra om jou besonderhede te bevestig of op te dateer deur e-pos nie.
– Moet nooit jou aanlyn identiteitsnommer, wagwoord of PIN vir enigiemand gee, dit neerskryf of dit met iemand deel nie.
– Moet nie jou wagwoord vir jou internetbankdienste op jou rekenaar stoor nie.
– Moet nie jou rekenaar verlaat wanneer jy jou wagwoord vir jou internetbankdienste reeds ingesleutel het nie.
– Maak altyd seker dat jy uitteken nadat jy jou internetbankdienste gebruik het. Vermy dit om van jou internetbankdienste gebruik te maak by ʼn internetkafee of op die rekenaar van ʼn persoon wat jy nie ken nie.
– Verander gereeld jou PIN en wagwoorde.
– Plaas sinvolle transaksielimiete op jou rekeninge.
– Moet nooit geld stuur of jou kredietkaartbesonderhede aan iemand verskaf wat jy nie ken en vertrou nie. As dit lyk of dit te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik.

Enige persoon wat ʼn slagoffer van ʼn soortgelyke slenter geword het, word aangemoedig om dit by jou naaste polisiestasie aan te meld of Stop Misdaad op 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Skoolgeld ·

Baie dankie maar sou gehelp het as hier voorbeelde was wat die beskrywing van die debietorder gegee het.

Grassie ·

Mense moet eerder hul debiet orders betaal, ons besigheid word gepenaliseer vir elke debiet order wat nie betaal is omdat mense nie geld in hul rekeninge het nie. Nog erger mag ek dan ook nie weer na drie keer dieselfde debiet order laai nie! Hoe moet besighede hul geld uit die mense kry?

Marinda ·

Maak die persoon ñ beneficiary en betaal srld die grld maandeliks oor.

Doreen ·

Dit het al paar keer met my gebeur. Die bank help nie, want hulle kan glo net vir paar maande dit stop, as dit dan weer gebeur moet ek weer ingaan bank toe. En hulle wil kostes hef. Wonder hoekom het die bank nie gese ek kan ‘n klag by die polisie lê nie? Ek is seker die bank kan help om die persone vas te trek, maar wil hulle?

hannelie ·

Dis waar my man is maande lank deur die mense gedebit. Standard Bank kon of wou niks doen nie. Hy het uit gevind waar die plek in Durban is en wou selfs soontoe gaan om hulle te vra waar het hy ooit enige besigheid met hulle gedoen of sy besonderhede vir hulle gegee om debits te doen.

Cherokee ·

‘Standard Bank kon of wou niks doen nie. Hy wou selfs soontoe gaan..’
Waarom het dit net by ‘wou’ gebly?

VanAfrika ·

Ek het twee sulke debiet order wat elke maand afgaan. Ek het gister die een ou in die hande gekry en hy is kastig n prokureur. Het hom gesê ek sleep hom Law Society toe vir bedrog toe soek hy my ID nr en ek weier om dit vir hom te gee. Ek het altwee die skelms se epos addresse en gee hulle gas, nou vat ek hulle polisie toe. Standard Bank is net so sleg om te help dat hierdie soort ding eindig. Wanneer mense debiet order wil aftrek op ons rekeninge moet hulle ons van nou af bel en vra of die debiet order geldig is.

Trol ·

Hulle kan gerus kyk na die bankamptenaar wat die transaksie deurgesit het ook. Verder die bankbestuurder wat jou reguit sê as sy personeel elke aftrekorder fisies moet seurgaan, gaan hulle by niks anders uitkom nie. Nee wat. Soek die oortredera nader aan die bank
Die “telebemarkers” bel altyd met jou id nommer, bank rekening nommer, obviously telefoon nommer, alles reeds in sy of haar besit.

ZET ·

Ek het ook al twee sulke debiet orders gehad wat ek geen idee van gehad het, een
was 70-00 en die ander 99-00. ABSA was glad nie hulpvaardig. Maar ek moet hul
vertrou met my geld?

Anton ·

Dit is die banke se eie werknemers wat hierdie tipe bedrog pleeg. Ek bank nie oor die internet nie, ek epos nie my besonderhede na enigeen nie netso is my besonderhede nie op my rekenaar of op my foon nie. Ek koop niks aanlyn nie en weet wie elke maatskappy is wat my inligting het. Nogtans het dit al vele kere met my gebeur….die scam kom van binne die banke.

Bankamptenaar ·

Net soos die stukkende verkeersligte en verlore padtekens die motorbestuurder se skuld is, is die bankamptenare ook die skuldiges in bedrog op jou rekening. Nee wat mnr/mev 99.9% van die tyd is dit jy die verbruiker wat nie sekuriteitsmaatreëls volg, veral wanneer jy so gretig is om jou besonderhede te deel vir daai winskopie of persoonlike lening.
Ook is daar baie meer wetlike aspekte waarvan jy die gebruiker nie bewus is wanneer dit kom by laai en betal van debiet orders.

jo ·

Bankamptenaar, 99% is dit inside jobs! As ek nie geteken het vir geld om af te gaan van my rekening nie sal die bank my geld terug gee plus kostes.

Cherokee ·

‘Moet nooit jou kredietkaartbesonderhede aan onbekende persone stuur nie.’
Sekuriteit is dus steeds power want jy kan niks aanlyn koop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.