Slagoffers van klere beroof op ongelukstoneel

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is Sondagoggend dood en drie is kritiek beseer in ʼn ongeluk in Crown Mines, Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 en die Johannesburgse nooddienste het omstreeks 06:00 op die ongelukstoneel aangekom waar hulle ʼn bakkie gevind het wat teen ʼn muur gebots het in Main Reef-weg. “Die bakkie het glo eers die sypaadjie getref voordat dit teen die muur gebots het.”

Volgens Vermaak is drie kritiek beseerde pasiënte naby die wrak aangetref. ʼn Vrou, in haar 30’s, was steeds in die wrak vasgekeer. Haar liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder en sy is op die toneel dood verklaar.

“Terwyl paramedici die beseerdes behandel het, het hulle agtergekom dat van hul klere verwyder is. ʼn Groep mense het glo oomblikke ná die ongeluk op die toneel toegesak en die slagoffers se klere en skoene gesteel. Hulle het glo ook persoonlike items uit die wrak verwyder.”

Vermaak het gesê die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Yenny ·

Net as ek dink hulle kan nie laer daal nie. Hier is geen hoop vir die gemors land nie. SA must fall.

Annie ·

Regtig?? Ek is elke dag net meer en meer geskok oor wat in die land gebeur….daar is nie hoop nie.

Kaspaas ·

Nes jy dink die land kan nie n vlak laer daal nie kom n berig soos die. Ons is Junk nie werd nie selfs Junk status het sy trots.

Sinkstatus ·

Nee wat….. Mense het die land ‘n hool van ‘n plek gemaak en die skip het lankal begin sink…. Zuma word steeds soos held hanteer by die naweek se NEC…. Dis verby. Persoonlik sal ek vorentoe seker maak ek raak van al my bates hier ontslae in die gereedheid om anderkant die water te gaan vestig. Ten minste vir my kinders beter lewe gee. Weet nie eers meer hoe dit voel om patrioties te wees nie…. SA is ontneem van alle ordentlikheid, verdraagsaamheid en empatie onder alle rassegroepe heen. In die gemors wil ek nie meer wees nie. #sa-falling fast

Christo Pienaar ·

Dit gebeur by meer as een ongelukstoneel waar selfone, rekenaars en tablette gesteel word. S.A. se swak morele standaarde is deesdae al in die laerskool te sien. Ek praat dalk uit my beurt, maar toe daar godsdiensonderrig in skole was, het hierdie tipe ding nie gebeur nie. Die sirkus wat die land regeer besef nie dat die gewone mens hulle optrede navolg nie. Als kan reg gelieg word.

Wat-ek-lees ·

Sinkstatus, jy bedoel seker ‘sTinkstatus’ oftewet $tr@£tstatus? Ja-nee, hier kom ‘n ding . . .

Sinkstatus ·

Lol!! Ja nee Wat-ek-lees, albei daai is van toepassing!!

Adoons ·

Dis nou die ‘Ubuntu’, die groot omgee vir mekaar, waarop hierdie ou nasietjie waarmee ons die land deel so roem!

Gert Stoltz ·

Dis die opdrifsels, die skuim , gemors wat mense in nood beroof!!!Mag jul diewe se tyd van nood groot wees !!

Xa ·

Is dit nie presies wat aasdiere doen nie? Is humanisme nie een van die groot dinge wat mense van diere onderskei nie?

Michael ·

Hierdie is die mense wat by die robot bedel vir geld en dan gee ons vir hulle ‘n rede om daar te wees deur vir hulle geld te gee…..STOP ASB DAARMEE

Eben Kitching ·

Stem 100% saam Ek gee ook nie geld vir kerke wat die mense ondersteun nie. Ek help eerder my eie mense.

Wat-ek-lees ·

Ek glo nie daar bestaan ‘n beskrywende woord vir sulke skuim.
Om egter ‘n muur op daardie hoogte uit te haal kan net wees SPOED en sy maters.

Tiger ·

Wat-ek-lees ,Jy’s heeltemal reg.Dis baie duidelik die voertuig het deur die lug getrek en daai muur hoog bo die grond getref!Nou wonder mens of die rowers nie die ongeluk veroorsaak het deur voor die voertuig in te spring of maak of hulle wil nie?

Andre K ·

Hoe dan anders. Die “hoogste gesag ” in die land is skurke met geen integriteit nie.

Theresa B ·

Hoe walglik is die spul net net……………………….. Julle sal kry wat jul toekom.

Francois ·

Indien jy in Europa, Noord Amerika of Australie ‘n ongeluk maak gaan 20% van die omstanders niks doen en 80% gaan jou help. As jy in Afrika ‘n ongeluk maak gaan 20% ook niks doen en 80% gaan jou beroof.

Allison ·

Niks nuut hierdie nie. My man se stiefma se suster was ook in ‘n erge ongeluk. Mense het al haar goed gesteel (juwele, handsak, etc) en haar vir dood daar agtergelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.