Slagoffers van plaasaanvalle herdenk

Afriforum-personeel, lede van TLU-SA en gemeenskapslede by die kranslegging. Foto: AfriForum

Afriforum-personeel, lede van TLU-SA en gemeenskapslede by die kranslegging. Foto: AfriForum

AfriForum het Donderdag ’n kranslegging in Middelburg, Mpumalanga, gehou ter herdenking aan die talle slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde die afgelope twee maande.

Die kranslegging is voor die Life Midmed-hospitaal gehou, waar Sue Howarth Dinsdag oorlede is. Howarth is die vyftiende slagoffer wat vandeesmaand ná ʼn plaasaanval gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig Howarth en haar man, Robert Lynn, is Sondagoggend omstreeks 02:00 op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom, oorval. Die egpaar is oorspronklik van die Verenigde Koninkryk, maar woon al ongeveer 30 jaar lank in Suid-Afrika.

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Die aanvallers het die egpaar erg aangerand en ure lank gemartel. Hulle is talle kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en ook met ʼn blaasvlam gebrand. Plastieksakke is om hul koppe gebind en hulle is glo ook geskiet. Die aanvallers het hulle later langs ʼn pad afgelaai, waar ʼn motoris hulle gevind het.

Howarth het nooit weer haar bewussyn na die aanval herwin nie.

AfriForum-personeel, lede van TLU-SA en talle gemeenskapslede het die kranslegging bygewoon. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê AfriForum kon die SAPD sover kry om plaasmoorde as prioriteitsmisdaad te erken, maar dit kry steeds nie die nodige aandag van die regering nie. “Mense word gemartel en vermoor en ons wil weet wanneer die staat hierdie geweldsmisdade gaan prioritiseer,” het hy gesê.

Intussen berig Middelburg Observer Lynn is Woensdag uit die hospitaal ontslaan en het teruggekeer na die plaas toe. Volgens die berig sal Howarth se as na Engeland geneem word, waar dit by haar ouers begrawe sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

ada ·

My hart gaan uit na elkeen wat gesterf of seerkekry het en almal se families betrokke. Ons gaan nog met hulp van die Here oorwin. Glo net vas daaraan.Ek glo ook dat God vertroosting sal bring .

Lindie ·

So jammer vir die mense. Die trauma moet iets afgrysliks wees, wat jou nooit in vrede sal laat nie. My hart krimp as ek moet dink aan die vrees wat hierdie mense moes beleef het. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek hoop van harte dat daar trauma bystand aan die gesin voorsien sal word. Meesal bid ek dat julle sal vrede vind, genesing vir jul stukkende harte.

Johan. H. ·

Moennie verwag dat zumpie julle gaan besoek soos hy maak nie. Jaag hom weg.Ons geloof is die enigste uitweg en natuurlik paraatheid en saamstaan!!!

Renier ·

Afriforum ons weet julle probeer deur die regte kanale die dinge doen, maar van die dinge gaan niks kom nie ons weet dit almal want dis deel van hulle plan wat van hulle leiers kom

Celia ·

Mnr Camaron, dit sal gebeur wanneer julle n landswye opstand teen plaasmoorde reel en n ontsettende bohaai landswyd opskop. kry die 35,000 boere wat nog oor is in SA op een dag bymekaar en laat hulle met bakkies en trekkers opruk in elke provinsie.Plakate met statistieke name en foto s is nodig. Waarom so apaties waarom sit en wag dat die regering en saps iets doen?Dit gaan nie gebeur nie. Julle gaan nie sukkel om die boere te kry om saam te werk nie! hulls sal kom! Enigeen van hulle is die volgende slagoffer. As jy ernstig is mnr. Camaron,DOEN DIT. Ons staan alml agter jou.

ZJ ·

Ek stem saam Celia. Van die regering kan ons niks verwag nie. As daar geld betrokke was sou hulle lankal iets gedoen het. Patetiese spul mense. As hulle net wil besef dit is ons boere wat kos op die tafel sit. Ons gebede gaan uit na ons land se boere toe.

Johannes van Staden ·

So belangrik om eie beveiliging te doen en om asb nie te dink dit gebeur net met iemand anders. Die polisie en regering gaan niks doen nie …hulle is pateties was nog altyd en sal vir altyd wees.

nhk ·

Ons kan elkeen opstaan teen hierdie geweld …deur op ons kniee te gaan vir Redding…Genade…Vader

Sarie ·

Niks op die Engelse nuus oor hierdie wreedheid. Waarom nie? Hoop die Britte se familie verkondig dit in Groot Brittanje. Wat doe die De Klerk stig ting vir hierdie mense?

Johann ·

Ons bid ons hemelse Vader vir vertroosting, krag en leiding vir al ons geweldadige verliese die afgelope tyd, dat Hy ook nie net vertroosting sal bring nie, maar ook ‘n einde sal bewerkstellig aan die onsinnige moorde in ons land

johan ·

MENSE ONS MOET NOU ONS LEIERS VRA OM NOU TE LEI ONS KAN NIE SO AANGAAN NIE. ASB HOEVEEL MOET NOG STERF VOOR ONS MENSE IETS GAAN DOEN. EK DINK DIT IS TYD EK IS SO MOEG VIR DIE PLAASAANVALLE EN PLAASMOORDE EN NIKS WORD GEDOEN NIE. MENSE ASB DIE MENSE IS JOU MENSE DIE MENSE WAT DIE TAAL EN LAND MET JULLE DEEL.

ore ·

ek hoop die Boers van die omgeweing gaan ook in hulle getalle opruk na die landdroshof wanneer Theo martins en Willem Oostehuizen weer voorkom. hulle het die vent inn mis gedruk maar hom lewendig laat gaan. as due skoen aan due ander voet was sou die orentjie anders gelyk het.

Peet J ·

Die regering besef natuurlik dat al word geweldmisdaad as ‘n voorrang geklasifiseer dit geen werklike doel sal dien nie want dit spreek nie die oorsaak aan wat met die moorde verbind word nie nl. die voorsiening van landbougrond wat aan die swart meerderheid toegeken moet word nie.
Die boere wat nie meer ‘n aktiewe boerdery kan hanteer nie moet dit ernstig oorweeg om hulle eiendomme van die hand te sit en te verhuis na dorpe of stede. Die kriminele situasie in hierdie land gaan eerder versleg as verbeter.

Mark ·

Hierdie walg misdade se fotos moet publiseer word sodat die mense se oe oop gedwing word. Tyd om.bybel te bere want klaarblyklik draai ons net wange en sing gesange. GOD HELP WIE HOMSELF HELP SO IS DIE WET IN DIE NATUUR OOK!

CS ·

Ons is nou wel nie boere nie, maar wel deel van die afkrikaner volk. Hoe meer boere vermoor word hoe banger raak ons mense in die dorpe, veral ek wat twee kleintjies het! Hulle het geen menslikheid vir vrouens, mans en selfs kinders nie. Nie almal van ons weet hoe om te skiet of besit selfs gewere nie! Waar gaan dit eindig? Wie gaan ons help? Ons bid en ek weet ons moet glo en dat God ons sal beskerm, maar wie het hierdie arme mense wat reeds vermoor is op die vreeslikste manier beskerm? Ek voel daar is nie meer hoop vir ons in hierdie land nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.