Slagoffers van plaasmoorde en -aanvalle vra vir doodstraf

Verskeie slagoffers het in Pretoria die trauma van moorde en aanvalle herleef en emosioneel vertel hoe dit hul lewens uitmekaar geruk het. Foto: Reint Dykema.

Talle naasbestaandes van mense wat wreed en brutaal in plaasaanvalle vermoor of beseer is, glo die doodstraf moet teruggebring word omdat tronkstraf die moordenaars klaarblyklik nie afskrik nie.

Verskeie slagoffers het in Pretoria die trauma van moorde en aanvalle herleef en emosioneel vertel hoe dit hul lewens uitmekaar geruk het.

Claudine van Wyk van Pretoria se pa, Sarel Janse van Rensburg, is in 2014 op sy plaas naby Tondeldoos vermoor. In 2012 is haar oom Johan en sy vrou, Gloudien, ook wreedaardig op hul plaas in die Baltimore-omgewing aangeval.

Dalene Muller het vertel van die angsnag in September verlede jaar toe haar man, Johnny, ’n melkboer van Frankfort, in die kop geskiet is.

Willem Stafleu se vrou, Vanessa, is ses jaar gelede op hul plaas in die Randfontein-omgewing doodgeskiet.

Claudine van Wyk . Foto: Reint Dykema.

Van Wyk sê mense wat deur plaasmoorde en -aanvalle geraak word, het blywende emosionele, fisieke en finansiële skade. “’n Mens kom nooit daaroor nie. My lewe het uitmekaargeval. Die beelde van jou geliefdes se bloed kry jy nie uit jou kop nie.”

En dit maak haar en ander slagoffers blind van woede as pres. Cyril Ramaphosa oorsee uitlatings maak en voorgee die probleem is nie so erg nie.

Dit laat haar en baie ander mense glo dat hy nie regtig vir alle landsburgers omgee nie.

Van Wyk raak ook emosioneel as sy dink aan die wreedheid waarmee die aanvalle en moorde gepaard gaan. Haar oom en tannie is in hul beddens geskiet. Sy is drie keer geskiet en het 15 dae later aan haar wonde beswyk. Haar pa se gesig was vermink.

Stafleu het vertel dat hy destyds ná agt van die melkstalle op pad terug huis toe was toe hy gesien het dat sy kinders van drie en vyf alleen in die donker loop. Ander mense het hulle na sy skoonouers geneem en by die huis het hy sy vrou dood aangetref. “’n Mens kan nie die skok vir ander beskryf nie. Ná ses en ’n half jaar kry my kinders steeds berading. Hulle skrik vir die geringste geluid en kan nie in hul eie kamers slaap nie.”

Dalene Muller. Foto: Reint Dykema.

Ook Muller het vertel dat hul kinders, Johnny en Marike, gesukkel het om ná die aanval te slaap.

Volgens haar is hulle behoud dat hulle daadwerklik besluit het om met hul lewens aan te gaan en op die plaas te bly. Johnny is doof in sy regteroor en het sy smaaksin verloor.

Hy is verlede jaar buite die opstal geskiet. Die aanvallers het tydens die aanval geld geëis en ook gedreig om Dalene te skiet. Hulle het gevlug nadat sy daarin kon slaag om die paniekknoppie te druk waarna die veiligheidsmaatskappy, polisie en ander boere opgedaag het om hulp te verleen.

Stafleu boer ook nog op die plaas hoewel hulle nie meer in dieselfde opstal bly nie. “Dis ons lewe. Dis wat ons doen en ons het nêrens anders om heen te gaan nie. Hierdie is ook ons land.”

Die slagoffers het na vore gekom om hul verhale te vertel as deel van AfriForum se plaaslike en internasionale bewusmakingsveldtog oor plaasmoorde. “Ek het besluit om die stem te wees vir my geliefdes wie se bloed gevloei het. Die wiel is besig om te draai en die res van die wêreld is besig om kennis te neem van wat hier aangaan,” sê Van Wyk.

Sy het ander slagoffers aangemoedig om ook te praat oor dít waardeur hulle gegaan het. Sy meen ook mense moet hulp vra en nie probeer om op hul eie sterk te wees nie.

Willem Stafleu. Foto: Reint Dykema.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die organisasie gaan voort met sy veldtogte om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar te kry. “Ons weet die res van die wêreld kan en gaan nie ons probleme kan oplos nie. Ons moet egter voortgaan om ons boodskap uit te dra sodat die wêreld druk op die ANC-regering kan plaas om die krisis te erken en dit daadwerklik aan te pak.”

’n Afvaardiging van AfriForum wat uit Ian Cameron, Nic Arnold en Barend Uys bestaan is tans in Australië waar hulle politici en ander meningsvormers ontmoet en oor die omvang van plaasmoorde en -aanvalle en onteiening sonder vergoeding inlig.

Stafleu het gesê misdaad is buite beheer in die land en die regering sal iets daaraan moet doen. Hy meen ook swaarder strawwe is nodig om wet en orde te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Kosie ·

Ja, dit is die mees algemeenste stelling “bring die doodstraf terug”, maar dink julle regtig dat die doodstraf reg toegepas sal word in hierdie “reverdige” land van ons??

MissDemeanor ·

Tronkstraf is nie veronderstel om ‘n afskrik middel te wees nie, dit is veronderstel om ‘n plek van rehabilitasie te wees. Die tronke faal daarin om mense te rehabiliteer, en nadat mense tyd in die tronk spandeer het is dit nog moeiliker as voorheen vir hulle om normaal in die samelewing te funksioneer. Nou wil sommige mense he dat die probleem “opgelos” moet word deur kriminele eerder dood te maak. Jul wil die simptoom behandel, nie die oorsaak nie. Die oorsaak is die omstandighede waarin kinders grootword. Verander die kind se onstandighede en die grootmens sal nie ‘n moordenaar wees nie….

Ait tog! ·

Julle poep teen wind want CR sê dan daar bestaan nie so iets soos plaasmoorde nie. Nog nooit van so eits gehoor nie.

Anoniem ·

So trots op julle almal!!!julle stemme te laat hoor hoe plaasaanvalle in die land is !!!!

Dream on ·

Die doodskis ouens sou die doodstraf gekry het en die makkers van wie se bakkie die stoutseun gespring het, en die plaasmoordenaars medaljes want PLAASMOORDE volgens die UWE PRESIDENT bestaan glad nie.

Nika ·

@Dream on…. as die doodstraf terug kom sal minder mense misdaad pleeg, mens moet inelkgeval nie mense in n doodskis sit nie, nie self misdadigers polisie stasie toe vat nie maak nie saak watse kleur jou vel is nie, jy kan nie omdat wit mense misdaad pleeg sê hulle verdien nie die doodstraf nie.

Estelle ·

Nika, kom ek bars jou bubble oor hoe slinks die nagsluipers is. Ñ vriend trek 3 vas in die nag op sy plaas. Hy sê hulle aan om op die grond te sit en wag terwyl die polisie uitgeroep word. Polisie kom daar aan, wil arrestasies doen vir onwettige betreding. Nee sê die slinkses, die boer het dan gesê hulle moet daar sit, by implikasie is hulle dan uitgenooi om langer te vertoef, hoe kan dit dan onwettige betreding wees. En daar gaat die polisie weer… nou vra ek jou. Wat de hel moet mens doen?

Ignatius Scholtz ·

Probleem is met ons patetiese onregstelsel sal slegs blankes vervolg en gestraf word. Indien my inligting korrek is word slegs 3% moordenaars uiteindelik gevonnis. Ek glo ons moet vroeè waarskuwingsstelsels begin ontwikkel om ons mensa te waarsku.

Stormrider ·

Kan slegs teruggebring word as dit met regverdigheid toegepas word. Glo nie so iets is moontlik in hierdie korrupte politieke bestel nie

MissDemeanor ·

Waarom het mens die doodstraf nodig as God ‘n finale beslissing gee oor wie die ewige lewe kry en wie hel toe gaan?

Kosie ·

Dis presies my redenasie ook. Die doodstraf sal GLAD NIE werk in ons land nie.

SAnik(s) ·

Daar is net een ding wat Ramaphosa se leuens sal neutraliseer, dit is kommunikeer, kommunikeer en kommunikeer met die wereld. Stel jouself voor watter opslae dit sal maak as daar 60 moorde in n jaar gebeur in n dorpie met net 20000 inwoners? Teken prentjies vir die wêreld. Om te vergelyk: Texarkana, Arkansas VSA. Bevolking 26448: 2014 – 2 moorde, 2015 – 4 moorde, 2016 – 5 moorde (nie dat selfs dit aanvaarbaar is nie!). Saratoga California: bevolking 29843, moorde in 2014 – 0, 2015 -1, 2016 – 0. Die moordsyfer by boere is meer as 12 tot 60 keer hoêr. Siek land, siek regering, siek leier, siek denkwyse. Maak n einde daaraan.

Gollie ·

SR sien nie die verkeerde dinge raak nie,hy is meer gepla van grondhervorming sodat daar meer sinkhokke opgeslaan kan word en nie vir landboudoeleindes nie.

ANONIEM ·

SUID AFRIKANERS EN VERAL WIT MENSE IS NIE BEWUS VAN DIE SITUASIE NIE, EK KRY AFRIFORUM JAMMER

Albatros ·

Ek se weereens, jy kan nie hierdie regering met sulke verantwoordelikheid toe vertrou nie! Ons het alreeds twee stelle wette in die land. Hoe kortsigtig kan n mens dan nou wees?

Rina Kotze ·

Albatros, daar slaan jy nou die spyker op die kop! Dit sal glad nie reg toegepas word nie!

Wat ons nou nodig het, is ‘n heel nuwe regering!! Met ‘n heel ander president ook!!!

Rina Kotze ·

Albatros, daar slaan jy nou die spyker op die kop! Dit sal glad nie reg toegepas word nie!

Wat ons nou nodig het, is ‘n heel nuwe regering!! Met ‘n heel ander president ook!!!

Adri van Niekerk ·

Word gereel deur dia ANC EN EFF. Beplande optrede deur regering se inteligensie en koverte magte

manie ·

mense as julle nie self deur so n aanval is nie, bly liewer stil.jul besef nie hoe word die agtergeblewenis van so n aanvaal gekasty

Gemaskerde Sopbeen ·

Die doodstraf is nie ‘n afskrikmiddel nie. Selfs in lande waar dit in die openbaar voltrek word, is daar nog steeds moorde. Die doodstraf is maar net ‘n manier om die populasie te purgeer van individue wie se optrede teenoor hulle medemens so onaanvaarbaar is dat ons nie weet wat om met hulle te doen nie. Lewenslank in ‘n trunk is ook nie ‘n afskrikmiddel nie, dit kos die belastingbetaler net ongeveer R1,8 miljoen om ‘n “lewenslange” gevangene te versorg. Dit maak geen sin nie.

Eish ·

Baie meer byt is nodig op die buitelandse aksies.
Dit neem hopeloos te lank om die buiteland tot optrede te dwing.
Aktivisme moet n angel hê ten einde die boodskap oor te dra.
Alle sukses!

honourable member ·

Doodstraf gaan net op wittes toegepas word. More skiet jy iemand dood vir selfverdediging en oormore is jou vonnis doodstraf. So pasop waarvoor julle hoop.

DA BO ·

Meeste van die plaasmoorde en ander moorde word gepleeg met wapens wat by vorige plaasaanvalle gebuit is. Die boere het wapens en dan verdedig hulle nie hulself daarmee nie en dit val in die moordbendes se hande om ander mee dood te maak.

Griet ·

My hart gaan werklik uit na al hierdie lyding. Maar doodstraf terugbring- aikona. Die wereld versoek dan juis nou dat die doodstraf wereldwyd afgeskaf moet word.

JAN ·

Verseker sal doodstraf die enigste oplossing word. – Vir alle rasse.
Deur die regstelsel en nie politiek nie.

Soekie Vind ·

Diegene wat dit soek sal dalk die slagoffers daarvan word in die helhool.

Mien ·

Manie, dit wat jy sê is so waar. Dankie aan almal wat kans gesien het om ons saak te gaan stel.

Johanna Botha ·

Net te veel onskuldige mense sterf in SA en dit was nooit so gewees toe die doodstraf inplek was en die slap polisie hulle werk geken en gedoen het ….nou is dit maar net n ”job” Die lande wat die doodstraf het het nie 57 moorde n dag soos in SA nie !

Se maar net 1 ·

Ja toe die doodstraf bog in plek was met ‘n ander regering. Hoe kortsigtig is sommige lesers.
Die probleem is die aanhitsers. Die mense wat die aanvalle beplan.

Gerhard ·

Daar was baie goed “anders” as net die doodstraf. Een daarvan was ‘n bevoegde polisiediens. Nog een was ‘n onpartydige hof. In die afwesigheid van bg. is die doodstraf ‘n baie ongewenste instelling wat amper verseker misbruik sal word. Dit daar gelaat, jy kan maar vergeet dat die doodstraf terug gebring sal word. Die Kaders sal dit nooit toelaat nie. Daar is letterlik geen sprake daarvan nie.

Wat is die plan ·

Wat vra hul hele eerste? WAPENS. Wat as hierdie moorde skielik op groot skaal in die dorpe en stede oorvat? Mense word alklaar in kamptereine vermoor. Wanneer gaan iets gedoen word? Die regering ontken dit dan?!

Marietjie Potgieter ·

Ek stem volkome saam dat die doodstraf terug gebring word. Ons het nooit al die moord en dood gehad toe die doodstraf wettig was nie. Ek dink ook dat hier minder misdaad in ons mooi land was. Ons moet net begin saam staan.

Santie ·

Sinneloos om iets van ons regering te verwag. Gaan kyk ‘n ou Cowboy-fliek en dink selfbeskerming. Genl-maj Roland de Vries werk saam met verskeie AfriForum-takke om netwerke van selfbeskerming daar te stel. Raak betrokke. In meeste van die gevalle van plaasaanvalle was daar geen veiligheidsmaatreëls in plek nie. As ons dan weer met rewolwers op die heup moet rondloop, dan doen ons dit. Maak die buiteland bewus sodat daar druk toegepas word, ja, maar maak vrede met die realiteit en sorg vir beskerming wat nie van die regering en die polisie af kom nie want dit gebeur nie.

Juan ·

Is daar nie n roete of proses om te volg om die konstitisionele hof te betrek met die probleem nie

Dienkie ·

Was daar soveel moorde voor 1994 toe die doodstraf toegepas was? Indien die blanke nie ‘n wet oortree of moord pleeg kan ek nie sien hoe hulle die doodstraf opgele kan word.

Gerhard ·

‘n Blanke in SA is deesdae amper skuldig totdat jy onskuldig bevind word. Lees maar net die artikels in die media. ‘n Onderonsie tussen blank en swart en die blankes word vinnig gearresteer. Daarteenoor kan sekeres in die ander groep ongehinderd voortgaan sonder enige nagevolge.

elizenaude ·

mens kan nie kwaad met kwaad vergeld nie… alleen God het die reg om te oordeel…

Nakkie ·

Die hartseer ding is, van iemand in die buiteland hier, die media hier word oorval deur stories van swaarkry van regoor die wêreld. Van kinders in vlugteling kampe, brande en orkane in Amerika, aardbewing in Asië. So hoe maak mens die stem van die Afrikaner die hardste, bo al die ander uit? En hoe maak jy die waarheid duidelik as dit so ver verwyder is van mense hier sê alledaagse bestaan?

AW ·

“Capital punishment in South Africa was abolished on 6 June 1995 by the ruling of the Constitutional Court in the case of S v Makwanyane, following a five-year and four-month moratorium since February 1990.”

Gerhard ·

Dit is die ding, mense verstaan nie dat die doodstraf glad nie op die tafel is vir bespreking nie. Jy moet maar ander plan maak.

Dink mense ·

Dink mense regtig nog die doodstraf is die antwoord. Wil julle nou wragtig volle mag in hulle hande sit om ons uit te moor. Ons regstelsel is vrot tot op die been, net soos 99% van ons hoog geplaastes, en hulle haat ons reeds. Al wat sal gebeur is dat hulle volle mag in hulle hande sal he…en dit dan wettiglik ook nog.

Die wit wolf ·

Jammer vir die engels maar jeff cooper som dit perfek op:
If violent crime is to be curbed, it is only the intended victim who can do it. The felon does not fear the police, and he fears neither judge nor jury. Therefore what he must be taught to fear is his victim.
Jeff Cooper (1920–2006)
6. Ruthlessness, “Principles of Personal Defense”, 1989

En nou? ·

Japan se bevolking is meer as dubbel teenoor Suid Afrika. In 2008 was Japan se moordsyfer 11 mense vir die jaar. Waaraan skryf ons dit toe?
Ek praat onder korreksie, maar ek dink Japan se moordsyfer vir 2017 was onder 400 vir die jaar. Laat mens wonder…

emiel ·

Om te betoog vir die doodstraf beteken dat jy baie vertroue het in die partydighed en bekwaamheid van die owerhede.

MS ·

Daar word slegs ammok gemaak wanneer ‘n wit persoon onreg aan ‘n swart persoon gedoen het. Daar word absoluut niks gese of gedoen wanneer swart vir swart dood maak of verkrag nie, en so ook wanneer wit vir wit dood maak of verkrag nie. Hulle sal doodstraf slegs toe pas op “rasgedrewe” misdade, en soos CR dit baie duidelik gemaak het – ons wittes word nie geteiken of vermoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.