Slakkepasbetoging teen e-tol; dié paaie word geraak

Foto: @MsSimoneSamuels op Twitter.

Foto: @MsSimoneSamuels op Twitter.

Lede van Cosatu hou Saterdag ʼn slakkepasbetoging van Johannesburg na die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se kantore in Pretoria in protes teen die e-tolstelsel.

Nagenoeg 50 voertuie, insluitend motorfietse en taxi’s, het hul weg deur strate van Johannesburg gemaak voor hulle op die M1-hoofweg aangesluit het onderweg na Pretoria. Die metropolisie het verkeer op die konvooi se roete herlei. ʼn Bakkie ry voor in die konvooi met ʼn houtkis agterop en die woorde “RIV e-tol”.

Cosatu het Donderdag aangekondig dat hy die slakkepasbetoging na Sanral se kantore gaan hou. “Ons gaan ʼn memorandum oorhandig by Sanral se kantore en e-tolskyfies en –rekeninge aan die brand steek,” het Dumisani Dakile, Cosatu se sekretaris in Gauteng, gesê.

Cosatu het weer ʼn beroep op Gautengse motoriste gedoen om nie e-tolskyfies te koop of hul rekeninge te betaal nie. Dakile het gesê motoriste moet nie geboelie word deur “onwettige Sanral-padblokkades” op snelweë nie.

Die konvooi het van Cosatu se hoofkantoor in Jorissenstraat vertrek en aangesluit by die M1 na Pretoria. Hulle sal op die N1 in die rigting van Polokwane ry en hierna by die N4 aansluit en die Watermeyer/Lynburn-afrit vat na Sanral se kantore.

Klik hier vir vorige berigte oor die e-tolstelsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.