Slang pik agtjarige

(Argieffoto) Causus rhombeatus" deur Paul Venter via Wikimedia Commons

(Argieffoto) Causus rhombeatus” deur Paul Venter via Wikimedia Commons

ʼn Agtjarige meisie is Saterdag in Northdale, Pietermaritzburg, vermoedelik deur ʼn nagadder gepik.

“Paramedici is die middag na die toneel ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Volgens berigte op die toneel het sy in die oprit gestap toe die slang haar aan die voet pik.

“Haar voet was geswel en sy het baie pyn gehad,” het Botha bygevoeg.

ʼn Buurman het die slang glo onder ʼn paar klippe ontdek en dit van kant gemaak. Paramedici het dit as ʼn nagadder uitgeken.

“Sy is op die toneel behandel voordat sy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

E.K. ·

Nou buurman hoekom maak jy dit van kant? Ai tog man! Moenie kla as julle rotte en muise het wat oorvat nie, dis maar een van die negatiewe dinge wat gebeur as jy slange net van kant maak. Ek weet in KZN is ‘n paartjie wat verniet slange van enige aard kom wegneem, daar was ‘n hele storie oor hulle op National Geographics. Regtigwaar, mens roei nie alles voor die voet uit nie.

SNEL ·

Daai buurman het korrek opgetree, vermorsel sy kop en gooi gif vir rotte, maar daai gevaarlike ding moet weg.

Dee ·

Netjies gesê E.K., (en skielik dink ek minder van jòu SNEL). As meer mense so houding het soos E.K. sal daar minder dierespesies uitgeroei word. SNEL, ek hoop jy kan vertrou word naby renosters.

Shawn Hefer ·

Hoewel Nagadders as Matig Giftig beskou word, moet hul gif nie onderskat word nie. Ons sien baie gevalle waar Nagadders noodlottige byte aan troeteldiere toedien.

Anders as wat die naam voorstel, beweeg Nagadders hoofsaaklik in die dag rond & eet hoofsaaklik paddas. Die slang se gif is grotendeels Sitotoksies & hoewel nie lewens gevaarlik vir die gemiddelde mens nie, veroorsaak hierdie slang se byt swelling, ontsettende pyn & lokale nekrose. Daar is geen teengif vir hierdie slang se byt nie & medici behandel die simptome & nie die gif nie.

Hierdie slange val ook nie mense aan nie & ek vermoed sterk dat die dogtertjie op hom getrap het. Dus ‘n byt in selfverdediging eerder as booswil.

Vir meer informasie & gratis aflaaibare plakkate, op die slange van Suider Afrika, besoek gerus ons webblad http://www.africansnakebiteinstitute.com of ons Facebook blad African Snakebite Institute.

Groete
Shawn.

SNEL ·

Dee, jammer dat hoe ek oor slange voel jou nou so van my laat dink, maar ek ril tot in my tone, en is vreeslik bang vir n slang, enige ding, van gogga tot en met wat kan maar lewe en asem haal en vir renosters sal ek self opstaan en veg vir hulle voortbestaan en is altyd bitter dankbaar oor enige stroper wat gevang word, maar slang se kind….ek is jammer, ek kan net nie anders voel nie. Ek het seker maar n phobia as dit by hulle hom, so om jou gerus te stel, ek sal hol, nie nog stok gryp en nader gaan nie, want ek is eenvoudig te bang, so iemand anders sal hom maar moet vang en in die natuur loslaat of sy kop vermorsel, maar ek sal ver weg wees.

Miemie ·

Shamepies…. tog net nie die slangetjies uitmoor nie…. ook nie spinnekoppe nie… as jou kind seerkry of buurman se kind vermorsel die satan gedaante!!!!!!!!

E.K. ·

Ai dat mense nou weer sommer persoonlik begin raak en kinderagtige onvanpaste uitlatings hier maak. Ek voel jammer as iemand hul lewe verloor agv van slangbyt, net so voel ek jammer as iemand sy lewe verloor agv ‘n motorongeluk. Moet alle motors dus nou van die pad af? Nee! Baie dom opmerkings. Elke ding het ‘n plek in die natuur.

RITA ·

Elke mens reageer anders as hulle skrik. Ons kan nie oordeel nie want ons ken nie die buurman se karakter nie.

anon ·

ek stem vermorsel daai slange ek bly op n plaas my kind 3 jaar oud ek so versigtig binne en buite di huis haat slange!!!!!!!

E.K. ·

Baie dankie Shawn – dis ook wat ek van slange weet. Ons het een wat paar jaar al in ons tuin leef en het nog nooit skade aan onsself gedoen nie. Hier is ook pofadders en rinkhalse, mens leer om saam met die natuur te leef. Natuurlik is mens jammer om van iemand te lees wat gepik is, maar, soos jy sê dis gewoonlik nie ‘n aanval eerder uit vrees en selfverdediging. En glo my ek is banger as die bangste persoon vir ‘n slang tog sal ons nooit een net doodmaak tensy ons lewe werklik bedreig word nie.

Stuart ·

Rita wie oordeel nou die buurman se karakter? Genadig tog vrou. Hy het die slang gaan soek om dood te maak, hy het nie geskrik vir dit nie en niemand het enigsins iets oor sy kaarakter gesê nie. Ek was altyd vrekbang vir slange maar vandat ek buite die stad woon het ek begin nalees oor hulle. Satan gedaante? Glad nie, kyk mooi na die ingewikkelde patrone op ‘n slang se vel – die Skepper het mooi gedink om elke kolletjie, strepie en lyntjie presies reg te plaas.

Leana ·

Niks mooier as ‘n dooie slang nie! Jammer vir die slang maar dis of hy of my kind!

Brendan ·

Ek wonder of almal dieselfde sal voel as hulle kind in ICU le en weg vir sy lewe a.g.v n slang.
En ek het nerens gesien dat slange n bedreigde spesie is soos renosters nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.