David Mosoma, ondervoorsitter van die kommissie, het gesê pastoor Penuel Mnguni het mense se reg tot menslike waardigheid misken deur sy volgelinge vreemde goed te laat eet tydens eredienste. “Geen godsdiens het die reg om mense te verkleineer en hul menslikheid te ondermyn nie,” het Mosoma gesê.
Mnguni het Woensdag voor die kommissie in Braampark verskyn. Die kommissie het klagtes ondersoek dat hy sy gemeentelede slange, sintetiese hare, rotte en miere laat eet en op hulle rûe gery het.
Die kommissie het Mnguni versoek om sy kerk se agtergrond te verduidelik, asook ʼn bewys van sy kwalifikasies en ʼn formele registrasiesertifikaat te wys.
“Ons is baie bekommerd wat hom daartoe gelei het om sy gemeente slange en rotte te voer. Sy antwoord was dat sy optrede deur die Heilige Gees goedgekeur is,” het Mosoma gesê.
Die kommissie sal na verwagting Vrydag ʼn burgerregteverhoor hou oor ʼn dieptestudie van die kommersialisering van godsdiens en die misbruik van mense se geloof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Die pastoor het seker vir hulle gese indien hulle dit eet sal al die wittes verdwyn en kan hulle alles kry.
Nou hoe kry hulle menseregte ek wat op straat gegooi is saammet ma van 83 het geen regte nie
Nou hoe kry hulle menseregte ek wat op straat gegooi is saammet ma van 83 het geen regte nie
Wat se gesukkel is dit tog. Verban sulke wanpraktyke totaal en al.
En as hy gesê het spring in die vuur?
Kan mense nie vir hulself dink nie?