‘Slang-profeet het menseregte ondermyn’

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

Foto: End Times Disciples Ministries /Facebook

ʼn Pastoor wat sy gemeentelede glo beveel het om onder meer rotte, slange en hare te eet, het die handves van menseregte oortree volgens die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van godsdienstige en linguistiese gemeenskappe.

David Mosoma, ondervoorsitter van die kommissie, het gesê pastoor Penuel Mnguni het mense se reg tot menslike waardigheid misken deur sy volgelinge vreemde goed te laat eet tydens eredienste. “Geen godsdiens het die reg om mense te verkleineer en hul menslikheid te ondermyn nie,” het Mosoma gesê.

Mnguni het Woensdag voor die kommissie in Braampark verskyn. Die kommissie het klagtes ondersoek dat hy sy gemeentelede slange, sintetiese hare, rotte en miere laat eet en op hulle rûe gery het.

Die kommissie het Mnguni versoek om sy kerk se agtergrond te verduidelik, asook ʼn bewys van sy kwalifikasies en ʼn formele registrasiesertifikaat te wys.

“Ons is baie bekommerd wat hom daartoe gelei het om sy gemeente slange en rotte te voer. Sy antwoord was dat sy optrede deur die Heilige Gees goedgekeur is,” het Mosoma gesê.

Die kommissie sal na verwagting Vrydag ʼn burgerregteverhoor hou oor ʼn dieptestudie van die kommersialisering van godsdiens en die misbruik van mense se geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

mm ·

Die pastoor het seker vir hulle gese indien hulle dit eet sal al die wittes verdwyn en kan hulle alles kry.

e.du plooy ·

Nou hoe kry hulle menseregte ek wat op straat gegooi is saammet ma van 83 het geen regte nie

e.du plooy ·

Nou hoe kry hulle menseregte ek wat op straat gegooi is saammet ma van 83 het geen regte nie

alida ·

Wat se gesukkel is dit tog. Verban sulke wanpraktyke totaal en al.

Loon ·

En as hy gesê het spring in die vuur?
Kan mense nie vir hulself dink nie?

Berhalet Beukes ·

Dis in hulle kultuur om altyd blaam na ander te verskuif

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, hulle hang al wat ‘n mal pastoor is aan en dan is daar ‘n herrie daaroor? Dis nie in die eerste plek nie ‘n geloof nie, dis ‘n verwronge uitbeelding van iets, volgens my satanisme onder ‘n dekmantel. Sangomas en toordokters is dan deel van hulle kultuur, so wat is die storie dan nou?

Oom Boer ·

Geloofs en Kulturele uitlewing. Nee dankie ek kan en sal my nooit tot so ‘n kerk kan verbind en eerbiedig nie, maar respekteer elkeen se geloof wat hul wil dien en uitleef, maar is nie vir my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.